Handgewignewel
Handgewignewel | ||||
(Bron: ESO) | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Vos | |||
Messier-naam | Messier 27 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 59m 36s | |||
Deklinasie | +22º 43' 16" | |||
Skynmagnitude (m) | 7,4 | |||
Absolute magnitude (M) | -0,6+0,4−0,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 400 | |||
Skynbare grootte | 8' x 6' | |||
Besonderse kenmerke | Die sentrale ster het die grootste bekende radius van alle witdwerge. | |||
Ander name | ||||
NGC 6853 | ||||
|
Die Handgewignewel (ook bekend as Messier 27 en NGC 6853) is ’n newel in die sterrebeeld Vos. Dit is die eerste planetêre newel wat ontdek is, in 1764 deur Charles Messier. Hy het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M27 is sowat 1 360 ligjare van die Aarde af. Dit het ’n sigbare magnitude van 7,5 en ’n deursnee van sowat 8 boogminute. Dit kan met ’n verkyker gesien word en is gewild onder amateur-sterrekundiges.
Die Handgewignewel lyk soos ’n verlengde, afgeplatte bol en is een van die helderste planetêre newels. Aangesien dit uitdy teen ’n snelheid van 6,8 boogsekondes per eeu, word die ouderdom op 3 000 tot 4 000 jaar geraam. Sommige sterrekundiges trek dié ouderdom in twyfel. So het Burman bereken die newel dy uit teen 1 boogsekonde per eeu, wat beteken dit is sowat 48 000 jaar oud.
M27 se sentrale ster is redelik helder met ’n magnitude van 13,5. K.M. Cudworth van die Yerkes-sterrewag het ook ’n dowwe, geel metgesel by die ster gevind met ’n magnitude van 17.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- M27 by astro-pics.com
- M27, SEDS
- Handgewignewel op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Handgewignewel.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia