Messier 91
Voorkoms
Messier 91 | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Berenike se Hare | |||
Tipe | SBb(rs) | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 35m 26,4s | |||
Deklinasie | +14º 29' 47" | |||
Skynmagnitude | 11 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 63 miljoen | |||
Skynbare grootte | 5,4 × 4,3 boogminute | |||
Ander name | M91, NGC 4548, UGC 7753, PGC 41934 | |||
|
Messier 91 of M91 (ook bekend as NGC 4548) is ’n staafspiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is sowat 63 miljoen ligjare van die Aarde af en is deel van die Virgo-sterrestelselswerm.
M91 is die laaste van ’n groep van agt newels wat Charles Messier in 1781 ontdek het. Oorspronklik was M91 nie in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe nie weens ’n fout deur Messier, en dit was eers in 1969 dat die amateur-sterrekundige William C. Williams[1] besef het M91 is NGC 4548,[2] wat in 1784 deur William Herschel gedokumenteer is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ William C. Williams Letter Geargiveer 21 Augustus 2011 op Wayback Machine, Sky and Telescope, Desember 1969, bl. 376. URL besoek op 13 April 2011
- ↑ Students for the Exploration and Development of Space Messier 91 Geargiveer 21 Desember 1996 op Wayback Machine, URL besoek op 14 April 2011
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- M91, SEDS
- Messier 91 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 91.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia