Maja

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Maya)
Spring na: navigasie, soek
Maja
Tunkan Maia Yucatan.jpg
Totale bevolking: Sowat 7 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Dele van die huidige lande Belize, El Salvador, Guatemala, Honduras en Meksiko
Taal: Majatale, Spaans, Engels en Kriol
Geloofsoortuiging: Christendom (Katolisisme en Protestantisme), Majageloof, Islam
Verwante etniese groepe:

Die Maja is 'n etniese groep en Meso-Amerikaanse beskawing wat in die huidige lande Belize, El Salvador, Guatemala, Honduras en Meksiko op die Yucatán-skiereiland woon. Die historiese middelpunt van die beskawing was in die huidige Meksikaanse deelstate Yucatán, Campeche en Quintana Roo.

Gebied van die Maja op die Yucatán-skiereiland
Verspreiding van Majatale in Meksiko
Die Kukulkanpiramide in Chichén Itzá

Die Maja is veral bekend vir hul kuns, argitektuur, wiskundige en sterrekundige stelsel, vir die kalender wat deur die Asteke oorgeneem en aangepas is en die hoog ontwikkelde skryfstelsel, wat ook vir getalle gebruik is. Die Majaskryfstelsel is die enigste wat vandag uit die pre-Colombiaanse Amerika bekend is.

Die klassieke tydperk van die Majabeskawing het geduur van 250 tot 900. Die Maja het nie 'n verenigde land gestig nie en het in onafhanklike stadstate gewoon. Die state het op hul hoogtepunt rofweg die huidige lande Meksiko, Guatemala en die noorde van Belize beslaan. Bekende ruïnestede is Calakmul, Chichén Itzá, Copán, El Mirador, Palenque, Tikal en Uxmal.

Die Majastate is vernietig deur die Spaanse Conquistadors onder leiding van Francisco de Montejo, wat Yucatán verower het, en Pedro de Alvarado, wat Guatemala verower het. Tydens die Kasteoorlog tussen 1847 en 1901 het die Majas in die Meksikaanse gebied gerebelleer teen die bewind van die Republiek van Yucatán en later teen die Meksikaanse staat.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Vlag van Meksiko Geskiedenis van Meksiko Wapen van Meksiko
Meso-Amerika OlmekeMixtekeToltekeTeotihuacáneZapotekeMayaTlaxcaltekeAsteke
Kolonisasie Spaanse verowering van die Asteekse Ryk (1519–1521) • Spaanse verowering van Yucatan (1527–1697) • Nieu-Spanje (1535–1821) • Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821)
1821–1864 Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) • Texaanse Onafhanklikheidsoorlog (1835–1836) • Koekoorlog (1838) • Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) • Kasteoorlog (1847–1901) • Hervormingsoorlog (1857–1861) • Franse intervensie in Meksiko (1861–1867)
1864–1929 Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) • Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) • Cristero-oorlog (1926–1929)
Moderne geskiedenis Chiapas-konflik (1994) • Dwelmoorlog in Meksiko (2006–hede)