Neville Chamberlain

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Neville Chamberlain
Neville Chamberlain

Neville Chamberlain in 1921


Ampstermyn
28 Mei 1937 – 10 Mei 1940
Monarg George VI
Voorafgegaan deur Stanley Baldwin
Opgevolg deur Winston Churchill

Leier van die Konserwatiewe Party
Ampstermyn
27 Mei 1937 – 9 Oktober 1940
Voorafgegaan deur Stanley Baldwin
Opgevolg deur Winston Churchill

Voorsitter van die Raad
Ampstermyn
10 Mei 1940 – 3 Oktober 1940
Eerste minister Winston Churchill
Voorafgegaan deur James Stanhope
Opgevolg deur John Anderson

Kanselier van die Skatkis
Ampstermyn
5 November 1931 – 28 Mei 1937
Eerste minister Ramsay MacDonald
Stanley Baldwin
Voorafgegaan deur Philip Snowden
Opgevolg deur John Simon
Ampstermyn
27 Augustus 1923 – 22 Januarie 1924
Eerste minister Stanley Baldwin
Voorafgegaan deur Stanley Baldwin
Opgevolg deur Philip Snowden

Minister van Gesondheid
Ampstermyn
25 Augustus 1931 – 5 November 1931
Eerste minister Ramsay MacDonald
Voorafgegaan deur Arthur Greenwood
Opgevolg deur Edward Hilton Young
Ampstermyn
6 November 1924 – 4 Junie 1929
Eerste minister Stanley Baldwin
Voorafgegaan deur John Wheatley
Opgevolg deur Arthur Greenwood
Ampstermyn
7 Maart 1923 – 27 Augustus 1923
Eerste minister Bonar Law
Stanley Baldwin
Voorafgegaan deur Arthur Griffith-Boscawen
Opgevolg deur William Joynson-Hicks

Betaalmeester-generaal
Ampstermyn
5 Februarie 1923 – 7 Maart 1923
Eerste minister Bonar Law
Voorafgegaan deur Tudor Walters
Opgevolg deur William Joynson-Hicks

Posmeester-generaal
Ampstermyn
31 Oktober 1922 – 5 Februarie 1923
Eerste minister Bonar Law
Voorafgegaan deur Frederick Kellaway
Opgevolg deur William Joynson-Hicks

Lid van die Parlement
vir Birmingham, Edgbaston
Ampstermyn
30 Mei 1929 – 9 November 1940
Voorafgegaan deur Francis Lowe
Opgevolg deur Peter Bennett

Persoonlike besonderhede
Geboorte Arthur Neville Chamberlain
(1869-03-18)18 Maart 1869
Edgbaston, Birmingham, Engeland, Verenigde Koninkryk
Sterfte 9 November 1940 (op 71)
Heckfield, Hampshire, Engeland, Verenigde Koninkryk
Politieke party Konserwatiewe Party
Eggenoot/eggenote Anne de Vere Cole (1911–1940; sy dood)
Kind(ers) 2
Alma mater Mason College (nou die Universiteit van Birmingham)
Religie Unitarianisme[1]
Handtekening Neville Chamberlain Signature 2.svg

Arthur Neville Chamberlain (1869–1940) was ’n Britse politikus van die Konserwatiewe Party wat in 1937 tot Eerste minister van die Verenigde Koninkryk verkies is. Hy is gekritiseer oor sy paaibeleid jeens Adolf Hitler en die Britse militêre mislukkings aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog. In 1940 het Winston Churchill hom as premier vervang.[2]

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Neville Chamberlain in 1929

Arthur Neville Chamberlain is op 18 Maart 1869 gebore. Sy pa, Joseph Chamberlain, was die burgemeester van Birmingham. Sy ma, Florence Kenrick, sterf in die kraambed toe hy 6 was. Hy het drie susters, asook 'n halfsuster en halfbroer uit sy pa se vorige huwelik gehad. Sy halfbroer Joseph Austen het hom in die politiek vooruitgegaan, en het die minister van finansies geword.

In 1910 trou hy met Anne Cole. Twee kinders is uit die huwelik gebore, Francis en Dorothy Chamberlain.

Neville het as 'n fynsinnig man grootgeword, met 'n sterk belangstelling in musiek, literatuur, plantkunde en ornitologie. Hy verwerf 'n ingenieursdiploma en spesialiseer in metallurgie. In 'n poging om die familiefortuin te red, stuur sy pa sy jongste seun om op Andros (in die Bahamas) in 'n garingboom-plantasie te gaan werk. Neville bly vir ses jaar daar, maar die plantasie misluk en sy pa lei 'n verlies van £50 000.

Met sy terugkeer na Groot-Brittanje begin Neville vir Hoskins&Company te werk. Die besigheid het floreer en Neville begin hom later op maatskaplike en kulturele aktiwiteite toespits, soos die oprigting van 'n simfonie orkes in 1920.

Hy betree die politiek op 42-jarige ouderdom en is in 1911 tot sy tuisdorp se stadsraad verkies. Sewe jaar later, in 1918, is hy tot die House of Commons (Britse laerhuis) verkies (hy was 'n lid daarvan tot sy dood in 1940 gewees). Sy politieke loopbaan was nou op dreef en in 1923 word hy vir die eerste keer 'n minister. Hy hervorm die ministerie van gesondheid en verseker bekostigbare behuising vir minder bevoorregte mense.

Met 'n onderbreking van 'n paar maande in 1924 beklee hy hierdie pos tot 1929. Vervolgens was hy in 1931 vir enkele maande die minister van gesondheid en daarna van 1931 tot 1937 die minister van finansies. In die tyd het hy hom vir die aftakeling van oorlogskuld en die hernuwing van fabrieke en myne beywer. As gevolg hiervan kon die Verenigde Koninkryk die Tweede Wêreldoorlog met moderne tegnologie en middele betree.

Op 28 Mei 1937 word hy die eerste minister. Kort daarna word hy met Nazi-Duitsland se oorlogsug gekonfronteer, wat toe reeds Oostenryk geannekseer het. Vanweë die Verenigde Koninkryk en Frankryk se oorlogsmoegheid probeer hy in September 1938 om Hitler tydens die Konferensie van München met 'n groot toegewing te paai. Hitler mag Sudetenland ('n deel van Tsjeggo-Slowakye waar baie Duitsers gewoon het) inlyf. Vir Tsjeggo-Slowakye was dit 'n ramp, omdat talle van die land se industrieë (asook hul verdedigingslinies) hier gesetel was. Die Verdrag van München lui Chamberlain se politieke ondergang in toe Duitsland (ondanks uitdruklike waarskuwings) Pole op 1 September 1939 inval. Daarmee word die Tweede Wêreldoorlog onvermydelik en Chamberlain se posisie ondraaglik. Interne weerstand teen sy bewind groei verder toe die Britse Vloot tydens die Duitse aanval op Noorweë faal. Nazi-Duitsland val België, Nederland en Frankryk op 10 Mei 1940 in, waarna Chamberlain genoodsaak is om uit te tree en deur Winston Churchill opgevolg is.

Hy is op 9 November 1940 (drie maande na sy uittrede) in Reading aan maagkanker oorlede, terwyl Duitse bomwerpers oor Groot-Brittanje geswerm het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Unitarian Association, Midland. ""Neville (and his half-brother (Sir) Austen) were members of the Birmingham Unitarian New Meeting Church".". Midland Unitarian Association. Birmingham New Meeting Church. Besoek op 17 Junie 2017. 
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur
Stanley Baldwin
(Konserwatiewe Party)
Eerste minister van die Verenigde Koninkryk
(Konserwatiewe Party)

1937–1940
Opgevolg deur
Winston Churchill
(Konserwatiewe Party)