27 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
27 Mei is die 147ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (148ste in skrikkeljare). Daar volg nog 218 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1236 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Elisabeth van Hongarye (of Thuringe) heilig.
- 1328 – Philip VI word as Koning van Frankryk gekroon.
- 1541 – Die Roomse Kurie verwerp die Regensburgverklaring. Dit lei tot die finale breuk met die Protestantisme.
- 1675 – Pous Clemens X stel ses nuwe kardinale aan, waaronder Fabrizio Spada.
- 1883 – Aleksander III word gekroon as tsaar van Rusland ná die sluipmoord op sy pa, Aleksander II van Rusland.
- 1905 – Die Slag van Tsushima begin in die See van Japan.
- 1931 – Die vlug van die Switserse professor August Piccard in die stratosfeer op 'n hoogte van 15 781 m bo seevlak breek die wêreldrekord.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: die Duitse slagskip Bismarck word deur die Britse Vloot gekelder.
- 2011 – Die Internasionale Ruimtestasie word voltooi.
- 2017 – Die 23ste Suid-Afrikaanse Musiekpryse word by Sun City aangebied.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1783 – William Sturgeon, Britse natuurkundige en uitvinder († 1850).
- 1814 – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog († 1898).
- 1824 – Dietlof Maré, ’n sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) († 1890).
- 1884 – Max Brod, Oostenrykse skrywer, vertaler en komponis († 1968).
- 1897 – PK Albertyn, Suid-Afrika se vyftiende Springbokkaptein († 1973)
- 1906 – Dr. Abel Coetzee, Afrikaanse lektor, skrywer, digter en eindredakteur († 1975)
- 1907 – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog († 1964).
- 1918 – Yasuhiro Nakasone, voormalige Japannese premier († 2019).
- 1922 – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer († 2015).
- 1923 – Henry Kissinger, Amerikaanse politieke wetenskaplike en diplomaat († 2023).
- 1928 – Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1994).
- 1939 – Don Williams, Amerikaanse countrysanger († 2017).
- 1958 – Cheryl Carolus, Suid-Afrikaanse oud-politikus en aktivis, destyds voorsitter van SANParke en die SAL.
- 1962 – David Mundell, Britse dienede politikus.
- 1972 – Ivete Sangalo, Brasiliaanse popsangeres.
- 1991 – Beauden Barrett, Nieu-Seelandse internasionale rugbyspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1508 – Ludovico Sforza, die Hertog van Milaan (* 1452)
- 1564 – Johannes Calvyn, Franse teoloog en predikant (* 1509)
- 1676 – Paul Gerhardt, Duitse teoloog en komponis van kerkliedere (* 1607)
- 1902 – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer (* 1835).
- 1910 – Robert Koch, bakterioloog en Nobelpryswenner in 1905 (* 1843).
- 1941 – Günther Lütjens, Duitse admiraal (* 1889).
- 1946 – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies (* 1907).
- 1964 – Jawaharlal Nehru, Indiese politikus, eerste staatshoof (* 1889).
- 1967 – Paul Henckels, Duitse akteur (* 1885).
- 1988 – Ernst Ruska, Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het.(* 1906).
- 1999 – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Herdenkingsdag van Johannes Calvyn in die Lutheraanse Kerk.
Gepubliseer
[wysig | wysig bron]Teologie
[wysig | wysig bron]- 1832 – Summo Iugiter Studio, oor gemengde huwelike, deur Pous Gregorius XVI.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 May. |