Ramallah

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ramallah
رام الله‎
רמאללה
2010-08 Ramallah 43.jpg
Ligging van Ramallah op 'n kaart (Palestynse Grondgebiede)
Ramallah
Ramallah
Koördinate: 31°54′N 35°12′O / 31.900°N 35.200°O / 31.900; 35.200Koördinate: 31°54′N 35°12′O / 31.900°N 35.200°O / 31.900; 35.200
Land Vlag van Staat Palestina Palestynse Owerheid
Gebied Wesoewer
Regering Ramallah en al-Bireh
Gestig in 16de eeu
Regering
 - Burgemeester Janet Mikhail
Oppervlak
 - Dorp 16,3 km²  (6,3 vk m)
Hoogte 900 m (2 953 vt)
Bevolking (2007)
 - Dorp 27 460
Tydsone +2 (UTC)
Webwerf: www.ramallah.ps

Ramallah (Arabies: رام الله‎ / Rāmallāh; Hoogte van God) is die de facto hoofstad en die grootste stad in die Wesoewer van die Staat van Palestina. Die stad lê noord van die Israeliese stad Jerusalem en is in die 16de eeu gestig. Ramallah het 'n bevolking van 27 460 in 2007 gehad en het 'n oppervlakte van 16,3 km².

Dit is ongeveer 15 kilometer noordwes van Jerusalem in die Ramallah en al-Bireh-regingstreek geleë.

Volgens die Oslo-ooreenkomste tussen Israel en die PLO in 1993 bekom die stad 'n A-gebied status wat deur die Palestynse Owerheid beheer word. Aan die einde van 1995 is Israel se administrasie van die stad aan die Palestynse Owerheid oorgedra. Dit het sy hoofkwartier in Ramallah, met die presidensiële terrein (die Mukataa) en die Palestynse Wetgewende Raad, die Palestynse parlement. Op die Mukata is die graf van Yasser Arafat. Benewens 'n administratiewe sentrum in Ramallah, het die Palestynse owerheid ook 'n regeringsentrum in Gaza-stad.

Die ekonomie en die bevolking van Ramallah het tradisioneel sterk bande met Jerusalem gehad. Sedert die militêre besetting deur Israel in 1967 en die oprigting van die Israeliese Wesoewer-versperring in 2002, was hierdie verbindings moeilik. Die voortgesette oprigting van hierdie muur en Israeliese nedersettings met uitbreidings daar rondom Jerusalem het ook verbinding met die suidelike regeringsareas van Betlehem en Hebron bemoeilik, indien nie byna onmoontlik nie. Die meerderheid inwoners is Moslems, maar daar is ook 'n groot groep Christene in Ramallah. Die burgemeester van Ramallah, Janet Mikhail, is Grieks-Ortodoks.

Skending van die Oslo-ooreenkomste[wysig | wysig bron]

Israeliese veiligheidsmagte gaan Sone A (Oslo-akkoorde) van die Wesoewer gereeld binne vir arrestasies. Op 10 Desember 2018 het Israeliese soldate die Wafa-nuusagentskap van die Palestynse Owerheid in Ramallah binnegedring. Hulle het die ID-kaarte van die personeel ondersoek, op video's en kameras beslag gelê, traangasgranate na hulle gegooi en verhoed dat hulle na buite gegaan het. Buite het onluste uitgebreek en geweervuur het gevolg. Volgens die Israeliese leër het dit te make met 'n aanval op die Israeliese Ofra-nedersetting. Mahmoud Abbas het die Arabiese en internasionale amptenare gevra om verantwoordelikheid te neem vir die gevaarlike Israeliese eskalasie deur voortdurende indringing in Palestynse stede.[1]

Susterstede[wysig | wysig bron]

Ramallah is susterstede met:

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Abbas urges international action against Israel over daytime raid in Ramallah, The Times of Israel, 11 Desember 2018
  2. "Bordeaux – Rayonnement européen et mondial". Mairie de Bordeaux (in French). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2013-02-07. Besoek op 2013-07-29.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)
  3. "Bordeaux-Atlas français de la coopération décentralisée et des autres actions extérieures". Délégation pour l'Action Extérieure des Collectivités Territoriales (Ministère des Affaires étrangères) (in French). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2013-02-07. Besoek op 2013-07-29.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)
  4. LegisWeb. "Lei Nº 5919 DE 17/07/2015 – Municipal – Rio de Janeiro – LegisWeb". www.legisweb.com.br. Besoek op 2016-05-29.
  5. "Firman Memorándum de Entendimiento Toluca-Ramallah y Al-Bireh". Radiofórmula (in Spanish). Geargiveer vanaf die oorspronklike op May 28, 2014. Besoek op 2014-05-27.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)
  6. "Trondheims offisielle nettsted – Vennskapsbyer" (in Noors). Trondheim.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2011. Besoek op 13 November 2011.
  7. "International Connections & Sister Cities | Visit Muscatine - Official Website". www.visitmuscatine.com (in Engels). City of Muscatine. Besoek op 4 Oktober 2018.
  8. "Firma Acuerdo Hermandad entre las ciudades de Ramala (Palestina) y Bogotá – Palabras Gustavo Petro". 1 Oktober 2015. Besoek op 2015-11-19.