Gansu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gansu se ligging in die Volksrepubliek van Sjina

Gansu (Sjinees: 甘肃) is 'n provinsie van die Volksrepubliek van Sjina. In 2010 het die provinsie 'n bevolking van 25 575 254 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Lanzhou.

Gansu is tussen die Tibettanse en die Huangtu-platos geleë en grens aan Mongolië, Binne-Mongolië en Ningxia in die noorde, Xinjiang en Qinghai in die weste, Sichuan in die suide en Shaanxi in die ooste. Die Geelrivier vloei deur die suidelike deel van die provinsie.

Han-Sjinese vorm met 91% die grootste etniese groep, gevolg deur Hui-Sjinese met 5%, Dongxiang en Tibettane met 2%.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]