Gaan na inhoud

Women Forward

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Women Forward
WF
Leier Nana Ngobese
Gestig 25 Junie 2008
Ideologie Feminisme
Webblad wf.org.za

Women Forward (WF) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Junie 2008 gestig is.

Die party het as 'n aktivisbeweging begin en is in 2007 gestig deur Nana Ngobese (kleindogter van Albert Luthuli) om die 2009-verkiesing te betwis. Die party het slegs 5 087 stemme in die verkiesing gekry.

Die party fokus op geslagsgelykheid en beklemtoon die feit dat daar nog nooit 'n vroulike minister van finansies of ouditeur-generaal was nie.[1]

Ngobese doen ook 'n oproep op die kastrasie van verkragters. Die meeste van die party se lidmaatskap kom van Limpopo.[2]

Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, maar kon geen provinsiale of nasionale setels in die verkiesing gewen nie.[3]

Ngobese het gesê dat "fondse en die politieke omgewing nie so bevorderlik was om die party na vore te bring nie."[4]

Verkiesingsresultate

[wysig | wysig bron]

Nasionale verkiesings

[wysig | wysig bron]
Verkiesing Stemme % Setels
2019[5] 6 108 0,04 0
2009 5 087 0,03 0

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ANA. "Women Forward party calls for castration of rapists". The Citizen (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2019. Besoek op 7 April 2019.
  2. "New political party putting "Women Forward". Gender Links (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2019. Besoek op 7 April 2019.
  3. "National Assembly Results".
  4. "Women Forward hopes to change things for SA women". eNCA (in Engels). Besoek op 12 Mei 2020.
  5. "NPEDashboard" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 11 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.