Altais

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Altais
Taal Altais
Familie Turks
Gepraat in Republiek van Altai
Altai-krai
Plaaslike naam Алтай тили, Altai tili
Aantal sprekers 67 900 (2002)
Amptelik in Altai

Altais is ’n taal van die Turkse taalfamilie. Dit is naas Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai en is voor 1948 Oirot genoem. In 2002 het sowat 67 900 mense dit gepraat.

Klassifikasie[wysig]

Vanweë sy afgesonderde posisie in die Altaiberge en kontak met omringende tale, word die klassifikasie van Altais binne die Turkse taalfamilie dikwels betwis. Weens sy geografiese nabyheid aan die tale Sjor en Chakas word dit soms in die Noord-Turkse subgroep geplaas.[1].

Vanweë ooreenkomste met Kirgisies word dit soms ook saam met die Kiptsjak-tale geklassifiseer.

Verspreiding[wysig]

Altais word hoofsaaklik gepraat in die Republiek van Altai (Suid-Altai) en die Altai-krai (Noord-Altai). Dit is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai. Die amptelike taal is geskoei op die suidelike dialek, maar dit het in onlangse jare ook na die noordelike dele versprei.

Dit is tussen 1928 en 1938 met die Latynse alfabet geskryf. Sedert 1938 word die Cyrilliese alfabet gebruik.

Verwysings[wysig]

  1. Etnologieverslag vir Noord-Turks”. SIL International: 2005. URL besoek op 2007-09-14.

Eksterne skakels[wysig]


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Amptelike tale in die Russiese Federasie
AbazynsAdigiesAltaisAwaarsBasjkiriesBoerjatiesChakasiesChantiErzjaIngoesjetiesJakoetiesKabardiesKalmikiesKaratsjai-BalkariesKomi-SirjeensMansiMariMoksjaNenetsNogaiOedmoertsOssetiesRussiesTartaarsTiwaansTsjetsjniesTsjoektsjiesTsjoewasjies