Hotagterklip

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hotagterklip
Ligging van Hotagterklip op 'n kaart (Wes-Kaap)
Hotagterklip
Hotagterklip
Koördinate: 34°47′S 20°2′O Koördinate: 34°47′S 20°2′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Overberg
Plaaslike Munisipaliteit Kaap Agulhas
Tydsone SAST (UTC+2)

Hotagterklip was ‘n klein vissersdorpie in die Overberg. Dit lê aan die R319 tussen Bredasdorp en L'Agulhas en val binne die plaaslike munisipaliteit van Kaap Agulhas. Die oorspronklike vissershuisies is van kutuurhistoriese en argitektoniese belang. Dit is gebou van klip en wit gekalk. Meesal het hulle bestaan uit twee kamers, ‘n groot opvallende skoorsteen, ‘n bo- en ‘n onderdeur en ‘n riet dak. Weens die Groepsgebiedewet het die oorspronklike bewoners die huisies verlaat. Sedertdien is ‘n aantal herstel en word as vakansiehuise gebruik. Ongelukkig sny die moderne hoofpad na Struisbaai dwarsdeur die dorpie.

Sien ook[wysig]