Kanada nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Kanada nasionale krieketspan is die nasionale krieketspan wat Kanada in internasionale krieketkompetisies vir mans verteenwoordig. Die span word bestuur deur Krieket Kanada.

Alhoewel Kanada nie gemagtig is om toetswedstryde te speel nie, neem die span wel deel aan Internasionale eendagwedstryde en ook aan eersterangse wedstryde (in die IKR Interkontinentale Beker) teen ander nie-toetsspelende lande. Die wedywering teen die Verenigde State van Amerika se krieketspan is so sterk in krieket as wat dit in enige ander spansport is. Die wedstryd tussen die twee lande is in der waarheid die oudste internasionale wedstryd in krieket, wat reeds in 1844 gespeel is.

Kanadese krieket is geneig om 'n laer profiel as die meeste ander sportsoorte in te neem, en die span word meestal saamgestel uit uitgewekenes van meer suksesvolle krieketlande. Sulke spelers probeer 'n vlak van internasionale ervaring bereik deur vir Kanada te speel wanneer hulle te oud geag word om vir hul onderskeie nasionale spanne te presteer. Die Kanadese 2003 Wêreldbeker-groep het byvoorbeeld verskeie spelers ingesluit wat in Sri Lanka, Indië, Pakistan en Wes-Indië gebore is.

Statistiek en rekords[wysig]

Opsomming van Kanada se internasionale wedstryde[1]

Soos op 27 November 2013.
Uitslag van wedstryde
Formaat Speel Wen Verloor Deel Onb. Debuutwedstryd
Internasionale eendagwedstryde 75 17 56 0 2 9 Junie 1979
Twintig20 Internasionale 19 4 14 1 0 2 Augustus 2008

EDI Krieket[wysig]

  • Hoogste spantotaal: 312/4 aangeteken teen Ierland, 4 Februarie 2007 te Nairobi, Kenia
  • Hoogste kolftelling: 137*, Ashish Bagai teen Skotland, 31 Januarie 2007 te Nairobi, Kenia
  • Beste boulsyfer: 5/27, Austin Codrington teen Bangladesj, 11 Februarie 2003 te Sahara-stadion Kingsmead, Durban, Suid-Afrika.

Meeste EDI lopies vir Kanada[2]

Speler Lopies Gemiddeld
Ashish Bagai 1964 37.76
Sunil Dhaniram 915 24.72
John Davison 799 26.63
Abdool Samad 740 29.60
Rizwan Cheema 707 24.37
Ian Billcliff 529 27.84
Ashif Mulla 482 20.08

Meeste EDI paaltjies vir Kanada[3]

Speler Paaltjies Gemiddeld
Henry Osinde 45 30.86
Harvir Baidwan 43 29.55
Sunil Dhaniram 41 30.24
John Davison 36 29.63
Umar Bhatti 33 34.81
Rizwan Cheema 32 32.15
Khurram Chohan 31 29.90

Eendagrekord teen ander lande[4]

Wedstryde tot ODI#3464, soos op 23 Maart 2014.
Teen toetslande
Teenstander Speel Wen Verloor Deel Onb.
v Pakistan 2 0 2 0 0
v Engeland 2 0 2 0 0
v Australië 2 0 2 0 0
v Bangladesj 2 1 1 0 0
v Sri Lanka 2 0 2 0 0
v Wes-Indië 4 0 4 0 0
v Suid-Afrika 1 0 1 0 0
v Nieu-Seeland 3 0 3 0 0
v Zimbabwe 2 0 2 0 0
v Geassosieerde lede 57 16 39 0 2

T20I Krieket[wysig]

Meeste T20I lopies vir Kanada[5]

Speler Lopies Gemiddeld
Ashish Bagai 284 40.57
Rizwan Cheema 238 15.86
Hiral Patel 220 22.00
Ruvindu Gunasekera 202 25.25

Meeste T20I paaltjies vir Kanada[6]

Speler Paaltjies Gemiddeld
Harvir Baidwan 27 15.22
Henry Osinde 10 25.00
Rizwan Cheema 9 22.24

T20I rekord teen ander lande[7]

Wedstryde tot T20I#346, soos op 23 Maart 2014.
teen Toetslande
Teenstander Speel Wen Verloor Deel Onb.
v Pakistan 1 0 1 0 0
v Zimbabwe 2 0 1 1 0
v Sri Lanka 1 0 1 0 0
v Geassosieerde lede 15 4 11 0 0

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.