Peter de Villiers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Peter de Villiers Sportportaal
Peter de Villiers.jpg
Foto van Peter de Villiers in 2011
Geboortedatum 3 Junie 1957 (1957-06-03) (57 jaar oud)
Geboorteplek Paarl, Suid-Afrika
Lengte 1.65 m
Gewig 70 kg
Skool Klapmuts Laerskool
Universiteit Perserverance College, Hewitt College
Beroep Rugbyafrigter
Rugbyloopbaan
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
2008-2011 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Rugbyloopbaan

Peter de Villiers (gebore 3 Junie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyafrigter. Hy was 'n skrumskakel in sy beginjare en was die eerste gekleurde afrigter van die Springbokspan.[1]

Na sy sukses met Suid-Afrika se o.19- en o.21-spanne is hy in Januarie 2008 tot nasionale afrigter verkies. Hy volg Jake White, die vorige nasionale afrigter, in die posisie op. In Januarie 2012 word hy deur Heyneke Meyer, voormalige afrigter van die Blou Bulle vervang.

De Villiers het verskeie suksesse behaal, onder andere: 'n oorwinning oor die Nieu-Seelandse All Blacks in Dunedin, 'n rekord-oorwinning oor die Australiese Wallabies in dieselfde jaar, hy wen 'n reeks teen die Britse en Ierse Leeus en wen die 2009-Drienasiesreeks.

Na 'n 11-9 nederlaag teen Australië in die Wêreldbeker-kwarteindstryd, het De Villiers aangekondig dat hy die res van sy kontrak (wat in Desember 2011 tot 'n einde gekom het) sal voltooi.

Verwysings[wysig]

Voorafgegaan deur:
Jake White
Springbokafrigters
2008 - 2011
Opgevolg deur:
Heyneke Meyer