Bryan Habana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bryan Habana Sportportaal
Bryan Habana.jpg
Habana in ligte luim tydens 'n toer
Volle naam Bryan Gary Habana
Geboortedatum 12 Junie 1983 (1983-06-12) (30 jaar oud)
Geboorteplek Benoni, Suid-Afrika
Lengte 1,80 m
Gewig 94 kg
Bynaam Mister Kardinaal, Habernero[1], Dash[2]
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Linkervleuel
Buitesenter
Professionele klubs Wedst (pte)
2013- Toulon 2 (0)
korrek op 30 November 2013.
Provinsiale/Staatspanne    
2003-2004
2005-2009
2010-huidig
Goue Leeus
Blou Bulle
Westelike Provinsie
21
14
8
(15)
(15)
(10)
korrek op 30 November 2013.
Super Rugby    
2005-2009
2010-huidig
Bulls
Stormers
61
57
(185)
(95)
korrek op 13 Julie 2013.
Nasionale span(ne)    
2004-huidig Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 95 (265)
korrek op 30 November 2013.
Ander Inligting
Beroep Professionele Rugbyspeler
Skool King Edward VII Skool
Universiteit Randse Afrikaanse Universiteit

Bryan Gary Habana (gebore 12 Junie 1983[1] in Benoni) is 'n Springbok rugbyspeler wat tot in 2013 vleuel vir die Westelike Provinsie en Stormers gespeel het. Hy het vroeër ook vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Super 14 gespeel asook buitesenter en skrumskakel in provinsiale rugby. Hy is reeds voor hy Superrugby begin speel het as Springbok gekies en het die eerste keer toe hy aan die bal geraak het 'n drie gedruk in 'n toets teen Engeland op Twickenham-stadion in 2004.

Habana se spoed is legendaries. Toetse bevestig dat hy die vinnigste vleuel in Suid-Afrikaanse rugby is en dit is al talle kere in wedstryde ten toon gestel. Habana het ook aansienlike boliggaam sterkte vir 'n vleuel en kan 160 kg opstoot op 'n bankdruk. Verder is hy 'n effektiewe verdediger waar hy spelers in die oopveld agterna sit.

Habana het internasionale erkenning gekry vir sy kampioenskapwendrie in die 2007 Super 14 eindstryd.[3] Hy hou tans die rekord vir meeste drieë gedruk deur 'n Springbok: 53 (korrek op 22 Desember 2013).

Loopbaan[wysig]

Habana lê oop na die doellyn in die wedstryd teen Samoa tydens die 2007 Wêreldbekertoernooi

Habana het sy rugbyloopbaan begin tydens sy hoërskoolopleiding by King Edward VII School, wat gevolg is deur die Rand Afrikaanse Universiteit en provinsiale rugby vir die Goue Leeus. Hy het vir die eerste keer internasionaal gespeel in die sewes-vorm van die spel toe hy vir die Springboksewesspan gekies is in die 2003-04 Wêreldsewesreeks. Hy het sy Curriebekerdebuut vir die Leeus gemaak in 2004. Hy is op grond van sy vertoning vir die Leeus gekies as die mees belowende speler in daardie jaar. In November het hy sy toetsdebuut gemaak teen Engeland op Twickenham op 21-jarige ouderdom. Hoewel die Springbokke die wedstryd 32-16 verloor het, het Habana wat as plaasvervanger op die veld gedraf het, 'n drie gedruk toe die bal die eerste keer na hom aangegee is. Die volgende week is Habana na die beginspan geskuif waar hy twee drieë gedruk het om die 45-10 oorwinning oor Skotland by Murrayfield te help beklink. Die week daarna het hy weer in dieselfde posisie gespeel, op linkervleuel, in daardie jaar se finale toets teen Argentinië in Buenos Aires. Alhoewel hy geen drie in die wedstryd gedruk het nie, was sy rekord nou drie drieë in drie toetse.

2005[wysig]

In 2005 het Habana na die Blou Bulle en Bulls geskuif. Na die 2005 Super 12-seisoen is Habana soos verwag in die 2005 Springbokspan ingesluit. Hy het linkervleuel gespeel in Suid-Afrika se openingswedstryd in 2005 teen Uruguay, wat die Springbokke maklik gewen het met 134 punte teen drie, danksy twee drieë deur Habana. Suid-Afrika was daarna gasheer vir Frankryk in 'n mini-toetsreeks van twee kragmetings. Die eerste wedstryd het gelykop geëindig, 30-elk, en die tweede een het die Springbokke 27-13 gewen. Habana het in albei wedstryde twee drieë gedruk. In die aanloop tot die 2005 Drienasies het Habana in twee toetse teen Australië, die eerste, 'n nederlaag op die Telstra Stadion, en die tweede 'n 33-20 oorwinning op Ellispark, gespeel. Habana het 'n drie gedruk in die tweede toets.

Habana het sy Drienasiesdebuut op 30 Julie teen die Wallabies gemaak op die Bulls se tuisveld, Loftus Versfeld in Pretoria. Suid-Afrika het die wedstryd 22-16 gewen. Die wedstryd daarna teen die All Blacks op Nuweland is ook deur Suid-Afrika gewen. In die tweede toets teen Australië in Perth het Habana twee drieë gedruk in die Springbokke se 22-19 oorwinning. Die All Blacks het die laaste wedstryd van die reeks ook gewen, 31-27 in Carisbrook. Hoewel Suid-Afrika nie die reeks gewen het nie, het Habana uitgeblink as 'n krag in die internasionale rugbyarea. Hy het die reeks voltooi met die prestasie dat hy saam met Doug Howlett en Joe Rokocoko die meeste drieë gedruk het. In die Curriebeker het die Blou Bulle die eindstryd gehaal wat tuis op Loftus Versfeld teen die Vrystaat Cheetahs gespeel is. Die Cheetahs het die eindstryd gewen. In November 2005 het Habana vir die Springbokke teen Argentinië, Wallis en Frankryk gespeel en twee drieë teen Wallis gedruk.

2007[wysig]

In April 2007 het Habana teen 'n jagluiperd gehardloop in 'n 100 meter-resies om bewustheid te wek oor die dringende gevaar waaronder die jagluipend verkeer om as bedreigde spesie geklassifiseer te word. [4]

Habana se mees dramatiese aksie in die 2007 Super 14-seisoen was sy laaste-minuut-drie in die eindstryd wat dit vir Derick Hougaard moontlik gemaak het om 'n maklike doelskop waar te neem om die Bulls 'n dramatiese 20-19 oorwinning oor die Sharks te besorg.

Habana is gekies as vleuel vir die Springbokke se 2007 Rugby Wêreldbekerspan. In die Springbokke se eerste wedstryd teen Samoa het hy vier drieë aangeteken in die 59-7 oorwinning in Parys. Met 'n totaal van agt drieë na die halfeindstryd oorwinning oor Argentinië was Habana toe die voorste driedrukker van die 2007 Rugbywêreldbeker.

2010[wysig]

Sedert 2010 speel Habana vir die Stormers en Westelike Provinsie.

2011 Rugby Wêreldbeker[wysig]

Habana speel op linkervleuel in die Springbokke se Rugbywêreldbeker 2011-span in Nieu-Seeland. Die Springbokke wen hul eerste wedstryd teen Wallis 17-16 met drieë deur Steyn en Hougaard. Hulle oorrompel Fiji en Namibië; maar wen net-net 13-5 teen Samoa met Habana wat 'n drie behaal in die negende minuut. Suid-Afrika word ongelukkig daarna in die kwarteind uitgeskakel deur Australië met 11-9.

2012[wysig]

Habana speel internasionaal in twee toetse teen Engeland in Junie 2012 en ses toetse (tot op 6 Oktober 2012) in die Rugbykampioenskap teen Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Hy behaal 'n driekuns drieë teen Australië op Loftus Versfeld op 29 September 2012.

2013[wysig]

Habana speel in al drie die Springbokke se wentoetse teen Italië, Skotland en Samoa in Junie 2013, die Rugbykampioenskaptoetse teen Argentinië, Australië en Nieu-Seeland, asook die jaareindtoetse teen Engeland, Wallis en Frankryk.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 bryanhabana.com: About”. URL besoek op 2006-12-06.
  2. Bryan Habana: SA Rugby Profile”. SA Rugby. URL besoek op 2007-04-18.
  3. Guinness, Rupert: "Bulls say better team lost." Sydney Morning Herald/Rugby Heaven (Maandag, 21 Mei, 2007).
  4. Man Races World's Fastest Cat. CNN.com, 16 April 2007.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Bryan Habana (kategorie)