Zimbabwiese nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Zimbabwe
Zimbabwe rugby team logo.PNG
Unie Zimbabwe Rugby Union
Bynaam(e) Sables (Die Swartwitpense)
Afrigter(s) Vlag van Zimbabwe Brendan Dawson
Kaptein(s) Vlag van Zimbabwe Costa Dinha
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Verenigde Koninkryk Britse en Ierse Leeus 24 - 11 Vlag van Zimbabwe Suid-Rhodesië
(30 Julie 1910)
Grootste oorwinning
Vlag van Botswana Botswana 10 - 130 Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
(9 September 1996)
Grootste nederlaag
Vlag van Namibië Namibië 68 - 8 Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
(25 September 2004)
Wêreldbeker
Verskynings 2 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Laaste in poel 1987 en 1991
Unie webwerf
www.zimbabwerugby.com

Die Zimbabwiese nasionale rugbyspan (ook bekend as die Sables (die Swartwitpense)) verteenwoordig Zimbabwe in rugby. Zimbabwe het al in twee Rugby Wêreldbekertoenooie meegeding, met hulle eerste verskyning in 1987 en die laaste in 1991.

Zimbabwe, destyds Suid-Rhodesië en later Rhodesië, speel sedert die laat negentiende eeu rugby en het sy eerste internasionale wedstryd in 1910 teen die Britse en Ierse Leeus gespeel. Die Swartwitpense het ook een keer die span van Nieu-Seeland in 1949 met 10-8 geklop. Die span ding gereeld mee om die Afrikabeker.

Geskiedenis[wysig]

Vroeë geskiedenis[wysig]

Toe die Pionierskolom in 1890 van die Kaapkolonie in Rhodesië aangekom het, het hulle die land se eerste rugbyspelers saamgebring. Die oudste rugbyklubs in die land, Queens en die Bulaway Atletiekklub, is in 1898 in Bulawayo gestig en die Rhodesiese Rugby Voetbal Unie is 'n jaar later in 1895 gestig.[1]

Die eerste toer van 'n Rhodesiese span na Suid-Afrika het in 1898 plaasgevind. Die span het bestaan uit spelers van die vyf grootste klubs in die twee groot nedersettings in Rhodesië (Bulawayo en Salisbury).

Rhodesië[wysig]

'n Span van Brittanje het op 30 Julie 1910 teen 'n span genaamd Suid-Rhodesië in Bulawayo gespeel tydens 'n toer na Suid-Afrika (van die Britte). Die Britte het die wedstryd met 24 - 11 gewen. Op 24 Julie 1924 het 'n toerspan van Brittanje weer teen Rhodesië gespeel, hierdie keer in Salisbury. Die Britte het met 16 - 3 gewen. Op 14 Julie 1928 het Rhodesië teen Nieu-Seeland gespeel en met 44 - 8 verloor.

Gedurende die 1938 toer na Suid-Afrika het die Britse en Ierse Leeus twee wedstryde teen Rhodesië gespeel. Die eerste was op 20 Julie en die Britte het met 25 - 11 gewen. Drie dae later het die Britte weer gewen, hierdie keer met 45 - 11. Hierdie wedstryde is in Bulawayo en Salisbury gespeel. Laat in Julie 1949 het Rhodesië weer teen Nieu-Seeland gespeel. Rhodesië het die eerste wedstryd met 10 - 8 gewen en die tweede wedstryd wat 'n gelykop uitslag met 3 elk.

In 1955 het die Britse en Ierse Leeus weer na Suid-Afrika getoer en weer twee wedstryde teen Rhodesië gespeel. Die eerste wedstryd in Kitwe op 27 Julie is gewen deur die Leeus met 27 - 14 en die tweede wedstryd in Salisbury is ook deur die Leeus gewen met 16 - 12.

In 1960 het Nieu-Seeland weer na Rhodesië gereis en op 2 Julie het Rhodesië verloor met 29 - 14. Die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika in 1962 het afgeskop met 'n wedstryd teen Rhodesië. Die Leeus het op 26 Mei in Bulawayo gewen met 38 - 9. Die volgende toer van die Leeus in 1964 het weer 'n wedstryd in Salisbury ingesluit wat die Leeus met 32 - 6 gewen het. Op 27 Julie 1970 het Rhodesië weer teen Nieu-Seeland gespeel en met 27 - 14 verloor. In 1973 het Rhodesië 'n wedstryd teen Italië gespeel en met 42 - 4 gewen. Die Britse en Ierse Leeus het in 1974 weer na Salisbury gereis en gewen met 42 - 6. Heelwat van die Rhodesiese spelers is opgeneem in die Springbokspanne van die 1960's en 1970's.[1] Die toppunt van rugby in Rhodesië was in die vroeë na middel 1970's toe daar 49 klubs was met 102 spanne.[1]

Zimbabwe[wysig]

In 1980 is die Rhodesiese Rugby Voetbal Unie herdoop na die Zimbabwiese Rugbyunie. Die eerste wedstryd wat die span van Zimbabwe gespeel het was op 7 Julie 1981 teen die nasionale span van Kenia en hulle het met 34 - 24 gewen. In 1987 is hulle genooi om deel te neem aan die Rugbywêreldbeker 1987. Zimbabwe het al drie sy poelwedstryde verloor.

Gedurende die 1990's het die Zimbabwiese span gereeld teen Namibië gespeel en met verskeie geleenthede teen die spanne van die Ivoorkus en Marokko. In 1991 het Zimbabwe weer meegeding om die wêreldbeker. Hulle was in 'n poel saam met die spanne van Ierland, Skotland en Japan maar hulle kon weer geen wedstryde wen nie.

In Junie 2005 het Zimbabwe teen die Senegalese span met 21 - 15 gewen in 'n poging om te kwalifiseer vir die Rugbywêreldbeker 2007. Zimbaabwe het boonop ook teleurstellend gevaar in die 2006 Afrikabeker-toernooi waar hulle derde in hul groep van drie geëindig het onder Madagaskar en Zambië.

Uittog[wysig]

Suid-Rhodesië/Rhodesië/Zimbabwe het verskeie spelers van wêreldgehalte opgelewer. Ten spyte van beperkte fasiliteite en afrigting is die land tot op hoërskoolvlak kompeterend. Daar is egter min of geen vergoeding vir spelers na skoolvlak nie met die gevolg dat klubrugby baie afgewater is. Daar is min om van te kies op nasionale vlak en dit is waarskynlik Zimbabwe se grootste ondergang.

Soos met baie ander sportsoorte het talle jong Zimbabwiërs hul rugbytalente elders gaan slyp, hoofsaaklik in Suid-Afrika, maar ook in Australië, Skotland en ander Europese lande. Hierdie neiging het voortgeduur met spelers wat gelok word met beter speelomstandighede en afrigtingsfasiliteite asook die haglike toestand van dei Zimbabwiese ekonomie.

Sommige groot name in rugby maak deel uit van die uittog uit Zimbabwiese rugby, waaronder, Ray Mordt, Gary Teichmann, Adrian Garvey, Tendai Mtawarira, Brian Mujati, Bobby Skinstad, Tonderai Chavhanga en Kennedy Tsimba (almal na Suid-Afrika), David Pocock (na Australië), Scott Gray en Paul Johnstone (na Skotland), Andy Marinos (na Wallis), Takudza Ngwenya (na Amerika) en Edmoore Takaendesa (na Duitsland) om slegs 'n paar te noem. Baie ander speers speel op hoë vlakke in Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Wallis, Engeland, Skotland, Ierland en regoor Europa.

Rekord[wysig]

Zimbabwe se toetsrekord teen al hulle opponente soos op 19 April 2010[2]

Nasie Wedstryde Gewen Verloor Gelyk Persentasie gewen
 Arabiese Golf 1 1 0 0 100%
 Barbarians 1 1 0 0 100%
Vlag van Botswana Botswana 2 2 0 0 100%
Vlag van Frankryk Frankryk 1 0 1 0 0%
Vlag van Georgië (land) Georgië 3 1 2 0 33.3%
Flag of Ireland Ierland 1 0 1 0 0%
Vlag van Italië Italië 3 0 3 0 0%
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 4 2 2 0 50%
Vlag van Japan Japan 1 0 1 0 0%
Vlag van Kenia Kenia 9 7 2 0 77.8%
Vlag van Madagaskar Madagaskar 6 3 2 1 40%
Vlag van Marokko Marokko 3 2 1 0 66.7%
Vlag van Mauritius Mauritius 1 1 0 0 100%
Vlag van Namibië Namibië 23 3 20 0 13.6%
Vlag van Niger Niger 1 1 0 0 100%
Vlag van Portugal Portugal 3 2 1 0 33.3%
Vlag van Roemenië Roemenië 4 0 4 0 0%
Vlag van Skotland Skotland 2 0 2 0 0%
Vlag van Senegal Senegal 1 1 0 0 100%
Vlag van Spanje Spanje 6 2 4 0 33.3%
Vlag van Tonga Tonga 1 0 1 0 0%
Vlag van Tunisië Tunisië 2 2 0 0 100%
Vlag van Uganda Uganda 6 4 2 0 66.7%
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 4 2 2 0 50%
Vlag van Wallis Wallis 3 0 3 0 0%
Vlag van Zambië Zambië 4 2 2 0 33.3%
Totaal 97 40 56 1 41.2%

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 The History of Zimbabwe Rugby”. (html) zimbabwerugby.com. URL besoek op 18 April 2010.
  2. Rugbydata.com International Rugby Union Statistics - Statistics for Zimbabwe - Teams Played”. (html) RugbyData.com. URL besoek op 19 April 2010.

Eksterne skakels[wysig]