Morné Steyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Morné Steyn Sportportaal
Morné Steyn.jpg
Volle naam Morné Steyn
Geboortedatum 11 Julie 1984 (1984-07-11) (30 jaar oud)
Geboorteplek Bellville, Suid-Afrika
Lengte 1,83 m
Gewig 91 kg
Skool Hoërskool Sand du Plessis
Beroep Professionele Rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Losskakel
Springbokno. 803
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
UP-Tuks
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2013- Stade français Paris 19 (94)
korrek soos op 10 Augustus 2014.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2003-2013 Blou Bulle 95 (806)
korrek soos op 20 Oktober 2013.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
2005-2013 Bulls 124 (1467)
korrek soos op 20 Oktober 2013.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2009-huidig Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 59 (688)
korrek soos op 7 September 2014.

Morné Steyn (gebore in Bellville, 11 Julie 1984) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Blou Bulle as losskakel (no. 10) gespeel het in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby. Hy is in 2008 in die posisie gekies nadat Derick Hougaard besluit het om sy loopbaan in Leicester voort te sit[1].

Na afloop van die 2013 Superrugbyseisoen word Steyn deur die Franse span Stade français Paris gekontrakteer.

Rekords[wysig]

  • Wêreldrekord vir die meeste punte deur 'n speler wat al sy internasionale span se punte in een wedstryd aangeteken het (31).
  • Meeste punte teen Nieu-Seeland aangeteken in 'n enkele toets (31).
  • Meeste punte in 'n Drienasieswedstryd (31).
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste punte in 'n toets teen die All Blacks (31).
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste strafdoele in 'n toets aangeteken (8) – verbeter die rekord van Percy Montgomery vir 7 strafdoele.
    • Al die bogenoemde rekords is behaal met sy 31 punte in die Drienasiestoets teen die All Blacks op 1 Augustus 2009 in Durban [2]
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste punte in 'n toets teen Australië.
  • Vinnigste 100 punte deur enige Springbok (8 toetswedstryde, waarvan 3 as plaasvervanger)[3]
  • Vinnigste 200 punte deur enige Springbok (16 toetswedstryde)
  • Vinnigste 300 punte deur enige Springbok (24 toetswedstryde)
  • Vinnigste 400 punte deur enige Springbok (33 toetswedstryde)
  • Vinnigste 500 punte deur enige Springbok (43 toetswedstryde)
  • Vinnigste 600 punte deur enige Springbok (50 toetswedstryde)
  • Meeste skepdoele in een Superrugbywedstryd (4) (tydens die 2009 Super 14-halfeindstryd teen die Crusaders).
  • Meeste skepdoele in die Superrugbykompetisie (25)
  • Meeste skepdoele in 'n Superrugby-seisoen (11 in 2009)
  • Meeste strafdoele in 'n Superrugby-seisoen (51 in 2010)
  • Meeste punte in 'n Superrugby-seisoen (263) – oortref Dan Carter se rekord van 221 in 2006 behaal.
  • Meeste punte deur 'n Bulls-speler in superrugbygeskiedenis (1 467 tot op 27 Julie 2013)
  • Meeste punte deur 'n Suid-Afrikaner (1 467 tot op 27 Julie 2013) en eerste Suid-Afrikaner wat 1 000 punte in Superrugby kon aanteken.
  • Steyn hou ook die rekord vir die meeste opeenvolgende suksesvolle stelskoppe in toetsrugby (sedert statistiek hiervoor gehou word in die laat-1980s). Hy het 'n reeks van 41 skoppe oorgesit, wat geëeindig het op 6 November 2010 teen Ierland. Hiermee verbeter hy die vorige rekord van 36 skoppe deur Chris Paterson van Skotland.[4][5]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]