Nissan X-Trail
2013 Nissan X-Trail (T31) | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Nissan |
Produksie | 2007—2014 |
Montering | Kioesjoe, Japan (ook Thailand en Indonesië) |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Mediumgrootte oorkruis SNV |
Bakstyl | 5-deur SNV |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf of vierwieldryf |
Platform | Nissan C platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | Petrol 2.0 L Nissan MR20DE inlynviersilinder 2.5 L 127 kW I4 Nissan QR25DE Diesel 2.0 L Nissan M9R turbodiesel I4 |
Ratkas | 6-gang handratkas 6-gang outomaties palwissel outomatiese ratkas (CVT) |
Lengte | 4 640 mm |
Breedte | 1 806 mm |
Hoogte | 2WD: 1 699 mm 4WD: 1 780 mm |
Massa | 1 601 kg |
Asafstand | 2 629 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Nissan Qashqai Nissan Sentra Nissan Rogue |
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Nissan Rogue |
Produksie | 2014–huidig |
Montering | Kioesjoe, Japan Guangzhou, China Sint Petersburg, Rusland Poerwakarta, Indonesië |
Bakwerk en onderstel | |
Platform | Renault–Nissan Common Module Family CMF-CD |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | Petrol 2.0 L Nissan MR20DD 143 pk (106 kW) I4 2.5 L Nissan QR25DE 170 pk (126 kW) I4 Diesel 1.6 L Renault Y9M 130 pk (96 kW) I4 |
Ratkas | 6-gang handratkas 6-gang outomaties palwissel outomatiese ratkas (CVT) |
Lengte | 4,641 mm |
Breedte | 1,820 mm |
Hoogte | 1,709 mm |
Asafstand | 2,705 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Nissan Rogue |
Die Nissan X-Trail is 'n kompakte of mediumgrootte oorkruis SNV wat sedert 2000 vervaardig word deur die Japannese motormaatskappy Nissan. As gevolg van groter afmetings in sy derde geslag, word dit nou beskou as 'n mediumgrootte oorkruis SNV. Dit was een van Nissan se eerste oorkruis SNVs en is vrygestel op ongeveer dieselfde tyd as 'n paar ander mededingermaatskappye se motor-gebaseerde kompakte SNVs, soos die Suzuki Grand Vitara, Ford Escape en Mazda Tribute, die Hyundai Tucson, Honda CR-V en die Toyota RAV4.
Die X-Trail is benede die vragmotor-gebaseerde Xterra en Pathfinder geplaas en was nog nooit in die Verenigde State te koop nie. Die eerste geslag was beskikbaar in Kanada totdat dit vervang is deur die Nissan Rogue. Maar beide die Rogue en die X-Trail is verkoop in Meksiko. Die Rogue deel dieselfde platform as die tweede geslag X-Trail en is soortgelyk aan die Qashqai. Die X-Trail se alle-modus 4x4 oordragkas stel die bestuurder instaat om te kies tussen 2WD, 4WD of 4WD Lock deur 'n elektroniese skakelaar op die paneelbord. Die maatskappy bied tans 'n waterstof-brandstofsel model genaamd die X-Trail FCV op huurkontrak aan besighede.
Die belangrikste produksie-aanlegte van die X-Trail is in Kioesjoe, Japan (2013-huidig) en Kanda, Japan (2000-2013); alhoewel onderdele en enjins wat in Japan geproduseer word, ook deur ander Nissanfabrieke in talle lande gebruik word.
Huidige modelle in Europa:
Cube ·
Datsun Go ·
GT-R ·
Juke ·
Leaf ·
Micra ·
Murano ·
Navara ·
Note ·
NV200 ·
NV400 ·
Pathfinder ·
Pixo ·
Primastar ·
Qashqai ·
X-Trail |
Wysig hierdie sjabloon |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |