Aeneas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aeneas en sy pa vlug uit die brandende Troje, deur Simon Vouet, c. 1635.

In die Grieks-Romeinse mitologie was Aeneas (Grieks: Αἰνείας, moontlik afgelei van αἰνή, "geloof") ’n Trojaanse held, die seun van prins Anchises en die godin Afrodite/Venus. Sy pa was die neef van koning Priam van Troje (hulle was albei kleinseuns van Ilus, die stigter van Troje).

Aeneas was ’n karakter in die Griekse mitologie en word onder meer in Homeros se Ilias genoem. Hy word ook uitgebreid in die Romeinse mitologie behandel, veral in Virgilius se Aeneid, waar hy ’n voorouer van die stigters van Rome, Romulus en Remus, is. Hy was die eerste ware held van Rome.