Eendekuil
Eendekuil | |
---|---|
Kerk op Eendekuil | |
Koördinate: 32°41′S 18°53′O / 32.683°S 18.883°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Bergrivier |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,85 km2 (0,33 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 530 |
• Digtheid | 1 800/km2 (5 000/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.5% |
• Indiërs/Asiërs | 1.1% |
• Bruin mense | 89.3% |
• Swart mense | 2.2% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.9% |
• Ander | 2.2% |
• Engels | 0.9% |
Poskode (strate) | 7335 |
Skakelkode | 022 |
Eendekuil is 'n dorp in die Swartland-streek van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, suidwes van Citrusdal en 160 km van Kaapstad. Die naam is afgelei van die baie wilde eende en ander watervoëls wat op 'n tyd volop hier was; daar is baie vleie en panne in die distrik. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 1530 gehad, waarvan slegs 99 (6,5%) Blank was.[1] Die dorp en die vallei word omring deur die Olifantsrivierberge in die noordooste en die Piketberge in die weste.
Die dorp was oorspronklik die terminus van die spoorlyn vanaf Kaapstad tot aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog toe dit verleng is. 'n Busdiens tussen Eendekuil en Citrusdal is omstreeks 1924 ingestel.
Citrusdal se sitrusoes word in die seisoen nog hier gelaai vir versending. Die dorpie is ook bekend vir sy Cheddar- en Goudakaas. Eendekuil is een van min nedersettings in die gebied waar 'n hotel opgerig is. Dit dateer uit 1900 en is in 1952 herbou.[2]
Wapen
[wysig | wysig bron]Eendekuil se munisipale raad het in 1990 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In silwer, 'n deurlopend-ingeboë punt verlaagd golwend deursnede van rooi en blou, oor die snylyn heen 'n golwende versmalde dwarsbalk, getop met 'n regopgeplaaste gestingelde en geblaarde palmiet, alles silwer, in die skildhoof twee aansiende Europese slopeende van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n sebrakop uitkomend uit 'n blou muurkroon met 'n silwer/rooi/silwer dwarsbalk daarop, en die wapenspreuk was "In nobis constamus".[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Eendekuil". Sensus 2011.
- ↑ Cornel Truter: Weskes – 'n Toeristegids. Tweede uitgawe. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad 1998, bl. 77
- ↑ National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry.