Nuwerus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nuwerus
Nuwerus
Nuwerus
Ligging van Nuwerus op 'n kaart (Wes-Kaap)
Nuwerus
Nuwerus
 Nuwerus se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 31°8′58″S 18°21′28″O / 31.14944°S 18.35778°O / -31.14944; 18.35778Koördinate: 31°8′58″S 18°21′28″O / 31.14944°S 18.35778°O / -31.14944; 18.35778
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Matzikama
Oppervlak[1]
 - Dorp 0,75 km²  (0,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 650
 - Digtheid 867/km² (2 245,5/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 7.7%
 • Kleurling 81.3%
 • Indiër/Asiër 0.8%
 • Blank 9.8%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 96.4%
 • Engels 2.3%
 • Ander 1.3%
Poskode (straat) 8201
Skakelkode(s) 027
Nuwerus se NG kerk, waarskynlik met of kort ná sy inwyding in 1936.

Nuwerus is 'n dorpie is in die Noordweste, net noord van die Knersvlakte aan die nasionale pad tussen Kaapstad en Windhoek geleë, sowat 14 km suid van Bitterfontein langs die N7 nasionale pad.

Die naam kom uit die dae toe pos nog per kar en perde vervoer is en dit die halfweg-halt tussen Vanrhynsdorp en Garies was. Die eienaar van die plaas was destyds ene mnr. E. Schreuder. Die dorpie, Bitterfontein en omliggende plase was altyd deel van die NG gemeente Vanrhynsdorp, maar in 1920 besluit die Ring van Clanwilliam om tot die stigting van die gemeente Nuwerus oor te gaan. Die afstigting van die gemeente, met 'n deursnee van meer as 160 km, het op 5 Februarie 1921 plaas gevind. Die eerste predikant was ds. J.C.G. Burger. 'n Saaltjie het as kerkgebou gedien tot die kerkgebou op 10 Oktober 1936 voltooi is. Die argitek was Gerard Moerdijk, wat onder meer ook die Voortrekkermonument ontwerp het. Ongeveer 27 jaar ná die stigting van die gemeente het die kerkraad 'n sendingwerkkring binne die grense van die moedergemeente gestig. 'n Interessante staaltjie uit die geskiedenis van die plaaslike hoërskool is dat die bouplanne deur die onderwysdepartement met dié van 'n baie groter dorp geruil is, sodat Nuwerus nog altyd 'n skool gehad het wat veels te groot vir 'n dorpie van sy grootte is.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Nuwerus”. Sensus 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]