Leipoldtville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Leipoldtville
'n Kerk in Leipoldtville
'n Kerk in Leipoldtville
Ligging van Leipoldtville op 'n kaart (Wes-Kaap)
Leipoldtville
Leipoldtville
 Leipoldtville se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°13′19″S 18°28′52″O / 32.22194°S 18.48111°O / -32.22194; 18.48111Koördinate: 32°13′19″S 18°28′52″O / 32.22194°S 18.48111°O / -32.22194; 18.48111
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Cederberg
Stigting 1905
Oppervlak[1]
 - Dorp 0,65 km²  (0,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 298
 - Digtheid 458/km² (1 186,2/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 11.1%
 • Indiër/Asiër 1.7%
 • Kleurling 79.5%
 • Swart 7.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 96.3%
 • Engels 1.7%
 • Ander 2.0%
Poskode (posbusse) 8122
Skakelkode(s) 027

Leipoldtville, 'n dorpie in die Sandveld aan die Weskus van Suid-Afrika, het deur die toedoen van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tot stand gekom. Dit is sowat 40 km wes-suidwes van Clanwilliam en 27 km suidoos van Lambertsbaai geleë.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Op 31 Januarie 1905 vergader die ringskommissie van die Ring van Clanwilliam saam met lede van die gemeente Clanwilliam wat in die Sandveld op die destydse Onderlangvallei (tans Leipoldtville) gewoon het, om die Sandveld tot afsonderlike gemeente af te stig. As gevolg van die ywer van ds. C.F. Leipoldt, van 1884 tot 1910 leraar op Clanwilliam en vader van die beroemde Afrikaanse digter C. Louis Leipoldt, word die afgestigte gemeente na hom genoem.

Die eerste leraar was ds. P. de Waal van 1905 tot 1909. Graafwater en Lambertsbaai was destyds buitewyke van die gemeente waar kerksale mettertyd opgerig is. Die kerkgebou op Leipoldtville self is in grootte, sierlikheid en doeltreffendheid uniek vir 'n dorpie van Leipoldtville se grootte.

In 1946 is die gemeente daartoe in staat om die grootste gedeelte, die huidige gemeente Graafwater, as afsonderlike gemeente af te stig. Na die langste vakature in die geskiedenis word ds. G.J.N. Maass op 12 Februarie 1949 bevestig.

Die gemeente handhaaf sy volwasse lidmaattal goed van 197 in 1972 tot 185 in 2010. Sy 100-jarige bestaan het in 2005 met 'n groot fees gepaard gegaan.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Leipoldtville". Sensus 2011. 
  • Phil Olivier (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.