Redelinghuys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Redelinghuys
Redelinghuys
Redelinghuys
Ligging van Redelinghuys op 'n kaart (Wes-Kaap)
Redelinghuys
Redelinghuys
 Redelinghuys se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°28′44″S 18°32′17″O / 32.47889°S 18.53806°O / -32.47889; 18.53806Koördinate: 32°28′44″S 18°32′17″O / 32.47889°S 18.53806°O / -32.47889; 18.53806
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Bergrivier
Oppervlak[1]
 - Dorp 2,12 km²  (0,8 vk m)
Hoogte 20 m (66 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 574
 - Digtheid 271/km² (701,9/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 23.2%
 • Kleurling 58.1%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 17.5%
 • Ander 0.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 95.8%
 • Engels 1.8%
 • Xhosa 1.3%
 • Ander 1.1%
Poskode (straat) 8105
Skakelkode(s) 022

Redelinghuys is 'n klein dorpie in die Bergrivier-munisipaliteit, noord van Aurora in die Wes-Kaap.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp het in 1906 uit die NG-kerkgemeente ontstaan. Weens die onbeheerbare grootte van die NG gemeente Piketberg het twee dogtergemeentes twee dae agtereenvolgens afgestig: Aurora op 25 April 1906 en Redelinghuys op 26 April 1906.

Skole[wysig | wysig bron]

Redelinghuys het 'n voormalige Model C-laerskool en 'n primêre skool, wat albei die dorp se naam dra. Die laerskool het in 2008 net 99 leerders gehad, waarvan 7 in graad een en 23 in graad sewe, die hoogste graad. In die primêre skool was daar in daardie jaar 151 leerders, waarvan 33 in graad een en 10 in graad sewe.

Algemeen[wysig | wysig bron]

Die omgewing is bekend vir voëlkykers met tot 500 spesies wat hier voorkom. Die skaars Sandveldlelie groei welig in die distrik.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Redelinghuys”. Sensus 2011.