Fyntwa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Fyntwa
Stipagrostis obtusa IMG 8586.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Stipagrostis
Spesie:
S. obtusa
Binomiale naam
Stipagrostis obtusa
(Delile) Nees

Fyntwa of kortbeenboesmangras (Stipagrostis obtusa (Delile) Nees) is 'n grasspesie wat inheems aan Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in droë streke voor, soos die sukkulente Karoo en die Nama-Karoo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[1] Die spesie is wydversprei en kom tot in Pakistan voor.[2]

Dit is 'n meerjarige polgras.[3] Dit groei op sanderige grond dikwels op 'n ondergrond van gruis of kalksteen. Dit het fyne blare tot 30 cm hoog en die blomhoofde is syagtige pluime. Die saadjies lyk soos uiters klein ryskorreltjies.[4] Dit is deel van die woestynlewerik se kos.[5]

Landbou[wysig | wysig bron]

Dit is baie smaaklik en is een van die beste weidingsgrasse in die droë streke van suidelike Afrika.[6] Dit is baie vir beweiding geskik:

EIW SWIW LnregWIW
Weidingsindekswaarde[7] 10 6.60 4.07

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2015.
  2. Kew.
  3. van der Walt, Pieter; le Riche, Elias (1999). Die Kalahari en sy plante. Pretoria: Pretoria. pp. 90–91. ISBN 0-620-23415-6.
  4. "Renu-Karoo" (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
  5. biodicersityexplorer.
  6. van Oudtshoorn, Frits (1992). Guide to Grasses of Southern Africa. Pretoria: Briza publications. p. 118. ISBN 978-1-920217-35-8.
  7. P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]