Harare Sportklub
Harare Sportklub | ||
Volle naam | Veld van die Harare Sportklub | |
---|---|---|
Ligging | Harare, Zimbabwe | |
Koördinate | 17°48′50.67″S 31°3′2.08″O / 17.8140750°S 31.0505778°O | |
Eienaar | Zimbabwe Krieket | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1900 | |
Huurders | ||
Zimbabwiese nasionale krieketspan Rhodesië (1910–1979) Masjonaland (1923–2008) Masjonaland Eagles (sedert 2009) |
Harare Sportklub (Engels: Harare Sports Club) is 'n sportklub en die Harare Sportklubveld (Harare Sports Club Ground) is 'n krieketstadion in Harare, Zimbabwe. Dit is in 1900 gestig[1] en was bekend as Salisbury Sportklub tot 1982. Dit word meestal vir krieketwedstryde gebruik, en het sedert sy stigting as die primêre krieketveld in Rhodesië en Zimbabwe gedien. Ander sportsoorte wat by die klub beoefen word, is rugby, tennis, gholf en muurbal.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In Julie 1992 het Zimbabwe 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en sodoende toetsstatus verkry. Drie maande later het Harare Sportklub die land se eerste toetswedstryd teen Indië aangebied. Kort daarna het die stadion gasheer gespeel vir Zimbabwe se eerste Internasionale eendagwedstryd, ook teen Indië. In Februarie 1995 was HSC die plek van Zimbabwe se eerste toetsoorwinning ooit, teen Pakistan.[2]
Die plek
[wysig | wysig bron]Die veld word omring deur Jakarandabome en met 'n pragtige gewelpaviljoen is Harare Sportklub in die hartjie van die stad. Dit word begrens deur die swaar bewaakte presidensiële paleis aan die een kant en die gesogte Royal Harare Gholfklub aan die ander kant.
Die plek het Zimbabwe se eerste toets in Oktober 1992 aangebied en is sedertdien die land se belangrikste toets- en eendagplek. Hoewel die klub self nie enige van die groot pawiljoene het wat met groot sportgronde geassosieer word nie, kan die kapasiteit van ongeveer 10 000 verhoog word deur die gebruik van tydelike sitplekke, soos toe 'n rekordskare van 26 000 gewys het toe Rhodesië in 1956 teen die Marylebone-krieketklub gespeel het.[2]
Die veld is die tuiste van die plaaslike span Masjonaland Eagles. Harare Sportklub is ook die tuiste van Zimbabwe Krieket, die land se nasionale krieketraad. Harare Sportklub is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir drie wedstryde gebruik.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Krieketwêreldbeker 2003
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2003.
t
|
||
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Wedstryd verkort weens reën; Duckworth-Lewis-metode hersien die teiken om te wen: 191 lopies in 25.1 boulbeurte vir Namibië.
t
|
||
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Mohandas Menon (15 Junie 2001). "Harare Sports Club ground at a glance". The Hindu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2016. Besoek op 31 Mei 2016.
- ↑ 2,0 2,1 (en) Michael Heatley (2009). World Cricket Grounds: A Panoramic Vision. Compendium. p. 191. ISBN 978-1-905573-01-1.
- ↑ (en) Engel, Matthew, red. (13 Februarie 2003). "Pool A – 2003 World Cup – England v Zimbabwe". Wisden Cricketers' Almanack 2004. Wisden Cricketers' Almanack. Londen: John Wisden & Co. ISBN 978-0-947766-83-2. Besoek op 14 April 2023.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|chapterurl=
geïgnoreer (hulp) - ↑ (en) Sean Ingle (11 Februarie 2003). "England snub Zimbabwe". The Guardian. Besoek op 14 April 2023.