Sri Lanka Krieket

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Sri Lanka Krieket
Kenteken van Sri Lanka Krieket
Kenteken van Sri Lanka Krieket
Engelse naam Sri Lanka Cricket
Afkorting SLC
Singalese naam ශ්‍රී ලංකා ක්‍රිකට් ආයතනය
Tamilnaam இலங்கை துடுப்பாட்ட வாரியம்
Land Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
Sportsoort Krieket
Gestig op 30 Junie 1975
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 21 Julie 1981
Vastelandse beheerliggaam Asiatiese Krieketraad
President Shammi Silva
Direktor Tom Moody
Sekretaris Mohan de Silva
Setel Singalese Sportklub-krieketveld, Colombo, Sri Lanka
Amptelike tale Engels, Singalees en Tamil
Amptelike webwerf srilankacricket.lk

Sri Lanka Krieket (Engels: Sri Lanka Cricket, afgekort “SLC”; Singalees: ශ්‍රී ලංකා ක්‍රිකට් ආයතනය; Tamil: இலங்கை துடுப்பாட்ட வாரியம்), tot in 2003 bekend as Raad van Krieket vir Sri Lanka (Board of Cricket for Sri Lanka, BCCSL), is die bestuursliggaam wat krieket in Sri Lanka beheer. Die raad is by die Internasionale Krieketraad (IKR) geaffilieer[1] en organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Sri Lanka se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Lions), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Sri Lanka Krieket verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Sri Lankaanse span. Sri Lanka Krieket het reeds as medegasheer van belangrike toernooie soos die krieketwêreldbekers in 1996 (saam met Indië en Pakistan) en 2011 (saam met Bangladesj en Indië) opgetree.

Sri Lanka Krieket is op 30 Junie 1975 as Raad van Krieket vir Sri Lanka gestig, enkele dae nadat Sri Lanka aan die Krieketwêreldbeker 1975 in Engeland deelgeneem het.[2] Ná ’n onverwagse oorwinning oor Indië tydens die Krieketwêreldbeker 1979 het Sri Lanka op 21 Julie 1981 ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en mag dus toetskrieket speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys.[3][4]

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Nes ander krieketnasies beskik Sri Lanka oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[5] Sri Lanka A is die tweede nasionale span van Sri Lanka en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Sri Lanka Cricket". Internasionale Krieketraad. Besoek op 24 Junie 2021.
  2. (en) "About". Sri Lanka Krieket. Besoek op 24 Junie 2021.
  3. (en) Indra Vikram Singh (5 September 2019). "CWC 1979: Naive India stunned by minnows Sri Lanka". Sportskeeda. Besoek op 24 Junie 2021.
  4. (en) "Sri Lanka Cricket". Sportskeeda. Besoek op 24 Junie 2021.
  5. (en) Martin Williamson. "A brief history: The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 24 Junie 2021.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Nasionale Krieketrade van die Internasionale Krieketraad Cricket pictogram.svg

AfghanistanAustraliëBangladesjEngelandIerlandIndiëNieu-SeelandPakistanSri LankaSuid-AfrikaWes-IndiëZimbabwe