Klas 34-000-diesellokomotief
SAR no. 34-044 op Saldanha, Wes-Kaap, 26 Julie 2009 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Diesel-elektries |
Ontwerper | General Electric |
Vervaardiger | General Electric SA GE-DL Lokomotiefroep |
Serienommer | 37810-37934 [1] |
Model | GE U26C |
Klas | Klas 34-000 |
Vervaardig | 1971-1973 |
Aantal gebou | 125 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Co'Co' gekoppelde draaistelle |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Wielbasis | 3.188 m per draaistel |
Lengte | 17.982 m |
Breedte | 2.756 m |
Hoogte | 3.962 m |
Asbelasting | 18 850 kg |
Lokomotiefmassa | 111 000 kg |
Aandrywing | |
Brandstof | Diesel |
Brandstofkapasiteit | 5 400 ℓ soos gebou 7 000 ℓ gemodifiseer |
Primêre aandrywing | GE 7FDL-12 vierslag-V12 |
Enjin o.p.m. | 450 opm luier 1,050 opm maksimum |
Enjintipe | Vierslagdieselenjin |
Belugting | Elliott H-581 turboaanjaer |
Alternator | AC 10-pool 3-fase GE 5GT-A11C1 |
Traksiemotors | Ses GE 5GE-761A13 DC 4-pool * 665A 1 uur * 655A aanhoudend teen 24 km/h |
Transmissie | 92/19 ratverhouding |
Veelvuldige werking | 6 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 100 km/h |
Kraglewering | 2050 kW wegtrek 1940 kW aanhoudend |
Trekkrag | 272 kN wegtrek 218 kN teen 24 km/h |
Hegfaktor | 25% wegtrek 20% aanhoudend |
Lokomotiefremme | lugremme, 28-LV-1 met waakbeheer |
825 ℓ hoofreservoir Kompressorkapasiteit: 0.039 m3/s Uitlaatkapasiteit teen hoë luierspoed: 0.155m3/s | |
Lokoremkrag | 60% verhouding teen 345 kPa remsilinderdruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Transnet Freight Rail Shosholoza Meyl |
Aantal in klas | 125 |
Vlootnommer(s) | 34-001 to 34-125 |
Afleweringsdatum | 1971-1973 |
Eerste tog | 1971 [2] |
Klas 34 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is 'n voorsetting van die Co-Co (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) hooflynontwerp.
Klasse 34-000, 34-400, 34-500 en 34-900 word verskaf deur General Electric Company sedert 1971. Slegs drie van die eerste reeks was ingevoer, die res is in Suid-Afrika vervaardig. Die 34-500 reeks was oorspronklik aangekoop deur Yskor vir gebruik op die Sishen-Saldanha Spoorlyn en was later oorgedra na SAS&H. Die Yskor-lokomotiewe het nie tussendraaistelskakels nie.
Hulle is toegerus met 'n vierslag-V12-turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n wisselstroomaltenator aandryf. Die wisselstroom word beheer deur elektroniese toerusting wat die ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme.
Die 34-200, 34-600 en 34-800 reekse is verskaf deur Electromotive Division of General Motors sedert 1971. Die 34-200 reeks is in sy geheel ingevoer terwyl die res in Suid-Afrika vervaardig is. Die vervaardiger se nommer is GT26MC.
Hulle is toegerus met 'n tweeslag-V16-turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n wisselstroomaltenator aandryf. Die wisselstroom word beheer deur elektroniese toerusting wat die ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf.
-
SAR no. 34-108 in Bloemfontein, Vrystaat, 14 Oktober 2009
-
SAR no. 34-058 en 34-059 by Modderrivier, Kaapprovinsie, 1 September 1975
-
SAR no. 34-013 in die Swartkops-werkswinkel, Port Elizabeth, 20 April 2013
-
SAR no. 34-102 in Bloemfontein, 14 Oktober 2009
-
SAR no. 34-007 in Bloemfontein, 29 April 2013
-
"Brite Star" SAR no. 34-084 by Swartkops, 20 April 2013
Bron
[wysig | wysig bron]- Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik. ISBN 0 86977 211 2
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 34-000.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 34-200.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 34-400.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 34-500.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 34-600.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 34-800.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 34-900.
Verwysings
[wysig | wysig bron]