Luanda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Luanda
Luanda se stadsilhoeët in 2013
Luanda se stadsilhoeët in 2013
Ligging van Luanda op 'n kaart (Angola)
Luanda
Luanda
Koördinate: 8°50′18″S 13°14′4″O / 8.83833°S 13.23444°O / -8.83833; 13.23444Koördinate: 8°50′18″S 13°14′4″O / 8.83833°S 13.23444°O / -8.83833; 13.23444
Land Vlag van Angola Angola
Gestig op 25 Januarie 1576
Regering
 - Burgemeester José Maria dos Santos
Oppervlak
 - Stedelik 113 km² (44 vk m)
 - Metro 2 417 km² (933 vk m)
Hoogte m (20 vt)
Bevolking (2018)
 - Stedelik 2 487 484
 - Stedelike bevolkingsdigtheid 22 000/km² (57 000/vk m)
 - Metropolitaans 7 805 000
 - Metrodigtheid 3 200/km² (8 400/vk m)

Luanda (vroeër Loanda) is die hoofstad en grootste stad van Angola en die gelyknamige Angolese provinsie met 'n bevolking van sowat 2,5 miljoen (2018). Die stad, wat aan die Atlantiese Oseaan lê, is ook die land se belangrikste hawe. Die metropolitaanse gebied van Luanda het 'n bevolking van meer as 7,8 miljoen. Dit is die derde grootste Portugeessprekende stad in die wêreld (ná São Paulo en Rio de Janeiro, beide in Brasilië, en nog voor Lissabon en Maputo).

Demografie[wysig | wysig bron]

Die bevolking van Luanda is oorwegend van Swart-Afrikaanse afkoms, met die Ambundu (taal Kimbundu), Ovimbundu (taal Umbundu) en Bakongo (taal Kikongo) as die belangrikste stamme. Daar is 'n baie klein minderheid Europeërs, kleurlinge, en vandag ook Chinese. Die amptelike en mees gesproke taal is Portugees.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die stad is op 25 Januarie 1576 onder die naam São Paulo da Assunção de Loanda deur Portugese gestig en dien (met die uitsondering van die tydperk tussen 1640 en 1648) sedert 1627 as die administratiewe sentrum van die kolonie Angola. Daarbenewens is Luanda vanaf die jaar 1550 tot by omtrent 1850 'n belangrike sentrum vir die slawehandel, met Brasilië as die hoofbestemming.

Die groot meerderheid van die Portugese bevolking vlug na die onafhanklikheidswording van die land in 1975 uit die stad. Hulle is deur groot getalle Kubane vervang, wat meestal as soldate na Angola gekom het.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]