Arabiese Demokratiese Republiek Sahara

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية
Al-Jumhūrīyya al-`Arabīyya aṣ-Ṣaḥrāwīyya ad-Dīmuqrāṭīyya
República Árabe Saharaui Democrática
Vlag van Landswapen van
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: حرية ديمقراطية وحدة
Vryheid - Eenheid - Demokrasie
Ligging van
Amptelike taal Arabies en Spaans
Hoofstad Laayoune (de jure)
Tindouf (de facto)
27°09′13″N 12°12′00″W
Grootste stad Laayoune
Regering Republiek
Mohamed Abdelaziz
Abdelkader Taleb Oumar
beset
verklaar
cliamed en beheer
van Marokko
27 Februarie 1976
opgeeis
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

266 000 km² (83de)
byna geen
Bevolking
 - Soos op 2004 skatting
 - Soos op 2010 sensus
 - Digtheid

267 405 (182de)
502 585
0,98/km² (236de)
BBP (PPP)
 - Soos op onbekend totaal
 - Per capita

onbekend (onbekend)
onbekend (onbekend)
Geldeenheid Marokaanse dirham
Sahrawi Peseta (MAD)
Tydsone
 - Somertyd
0 (UTC0)
0 (UTC0)
Volkslied Yābaniy Es-Saharā
Internet TLD geen, .eh gereserveer
Skakelkode +212 (deur Marokko)

Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (Arabies: الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية, Al-Jumhūrīyâ al-Arabīyâ as-Sahrāwīyâ ad-Dīmuqrātīyâ, Spaans: República Árabe Saharaui Democrática) is 'n land wat voorheen as kolonie van Spanje bekend gestaan het as Spaans Sahara, wat op 14 November 1975 van Spanje onafhanklik geword het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en noordwes van Mauretanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara. Die SADR is op 27 Februarie 1976 van die POLISARIO in die gebied Wes-Sahara verklaar.[1]

Kaart van Wes-Sahara.

In Julie 2004 het Wes-Sahara ongeveer 267 405 inwoners gehad. Die oppervlak van die land is ongeveer 266 000 vierkante kilometer. Dit is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk maar met 'n totale bevolking kleiner as meeste stede in Suid-Afrika.

Bevolking[wysig]

Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend Sahrawi, letterlik inwoner van die Sahara of woestyninwoner ('n mengsel van Arabiere en gearabiseerde Imazighen (Berbers)) en Arabiere uit Marokko, wat formeel gesien koloniste is. Sahara (Arabiese uitspraak: Sachara) beteken woestyn in Arabies. Byna al die inwoners van Wes-Sahara is Moslems.

Politiek[wysig]

Politieke situasie van die Wes-Sahara
Internasionale erkenning van Wes-Sahara
Ligging van die Marokkaanse Muur in Wes-Sahara.

Alhoewel Marokko aanspraak maak op die land, erken meer as 70 lande, insluitend Suid-Afrika die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek (SADR) as soewereine owerheid van die land en is die republiek selfs lid van die Organisasie van Afrika Eenheid en van die Afrika Unie. Marokko is nie lid van hierdie organisasies nie, omdat hulle Wes-Sahara nie erken as onafhanklike land nie. Die setel van die SADR is tans in Algerië. Geen enkele staat ter wêreld erken die anneksasie van Wes-Sahara deur Marokko na die land se onafhanklikheid van Spanje, maar sommige lande, soos Frankryk en Nederland, erken ook nie Wes-Sahara as onafhanklike staat nie.[2]

Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder hulle mag (in die suid-ooste), die res word deur Marokko bestuur . Die grens tussen die twee lande is die Marokkaanse Muur.

Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en veg vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing.

Die beplande hoofstad Laayoune lê in die marokkaanse deel van die Wes-Sahara, sodat Bir Lehlu die voorlopige hoofstad en Tindouf in Algerië die regeringsetel is.

Die Verenigde Nasies plan 'n referendum oor die toekoms, egter Marokko outonomie stel.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika