Mercedes-Benz E-klas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mercedes-Benz E-klas
Mercedes-Benz E 220 CDI Avantgarde (W 212, Facelift) – Frontansicht, 13. April 2013, Düsseldorf.jpg
Oorsig
Vervaardiger Mercedes-Benz
Produksie E-klas sedert 1993
Bakwerk en onderstel
Klas Uitvoerende motor/luukse motor
Uitleg Voorenjin, agterwielaandrywing
Plek in geskiedenis
Variante Mercedes-Benz CLS-klas

Die Mercedes-Benz E-klas is 'n reeks van uitvoerende motors wat sedert 1993 deur Mercedes-Benz vervaardig word in verskeie enjin- en bakkonfigurasies. Voor 1993 het Mercedes-Benz dieselfde kategorie-motor aangebied onder 'n nie-verenigde nomenklatuur.

Die E het aanvanklik gestaan vir "Einspritzmotor" (Duits vir brandstofinspuitingenjin); 'n nuwe eienskap in volumeproduksievoertuie teen die tyd dat die E-klas die eerste keer verskyn het, met die E as 'n agtervoegsel aan die enjinnaam (bv. 230E) in die 1960's. Dit was eers met die bekendstelling van die opgekikkerde W124 in 1993 dat 'n E gebruik is as 'n voorvoegsel (bv. E220) en die model amptelik na verwys is as die E-klas. Teen hierdie tyd het alle Mercedes-sedanmotors oor brandstofinspuiting beskik en die maatskappy het gevoel dit was nie meer nodig om dit by te voeg nie.

As gevolg van die E-klas se grootte en duursaamheid, het die motors ook dikwels gedien as taksi's in Europese en Asiatiese lande. Mercedes-Benz bied ook spesiale-doelvoertuie (bv. vir polisie of ambulanse) aan uit die fabriek.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.