Mercedes-Benz W123
1980 Mercedes-Benz 300 D (W123) | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Ook genoem | Kaensaeng 88 (Noord-Korea) |
Produksie | 1976–1986 2 696 915 gebou[1] Sedan: 2 375 410 Koepee: 99 884 Estate: 199 517 Limousine: 13 700 |
Montering | Duitsland: Sindelfingen Duitsland: Bremen Duitsland: Stuttgart Suid-Afrika: Oos-Londen Volksrepubliek China: Changchun (FAW, 1987–1988)[2] Thailand: (Thonburi, 1979-1986) |
Ontwerper | Bruno Sacco; Friedrich Geiger |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 4-deur sedan 2-deur koepee 5-deur Estate 4-deur limousine |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing / vierwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | |
Ratkas | 4-gang outomaties 4 of 5-gang handrat |
Lengte | 4725 mm – 4849 mm (VS buffers)[3] 5355 mm (Limousine) |
Breedte | Sedan: 1784 mm |
Hoogte | Sedan: 1435 mm |
Massa | Sedan: 1625 kg (turbodiesel, outomaties) |
Asafstand | Sedan: 2795 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mercedes-Benz W114 |
Opvolger | Mercedes-Benz W124 |
Die Mercedes-Benz W123 is 'n reeks middelslagmotors wat van November 1975 tot Januarie 1986 deur die Duitse vervaardiger Mercedes-Benz vervaardig is. Die W123-modelle oortref hul voorganger, die Mercedes-Benz W114/W115-modelle, as die suksesvolste Mercedes, en het 2,7 miljoen eenhede verkoop voordat die produksie in Januarie 1986 gestaak is.
Agtergrond
[wysig | wysig bron]Die W123 het 'n treffer by die publiek geword vanweë sy moderne voorkoms. Na 'n trae opbou gedurende die eerste jaar van produksie om die hoë en konsekwente gehalte te verseker, het die klante wat hul bestellings geplaas het, 'n lang wagperiode van nege tot twaalf maande in die gesig gestaar. 'n Swartmark het ontstaan vir die kliënte wat bereid was om meer te betaal vir onmiddellike aflewering. Die effens gebruikte W123 het 'n 5.000 Deutsche Mark- premie bo sy oorspronklike verkoopprys behaal.[4]
Soos sy voorgangers, het die W123 die reputasie verwerf dat hy oorontwerp, goed gebou, duursaam en betroubaar is. Baie taxi-ondernemings het die W123 om hierdie rede gekies, en hulle was algemeen te sien in Duitsland, 'n Enjinlewe van 500 000 of selfs 1 000 000 km met geringe meganiese probleme was algemeen vir W123's wat as taxi's gebruik is. Nadat die W123 die einde van hul lewensduur bereik het, is hulle gereeld na Afrika en derdewêreldlande gestuur waar hulle hoog aangeskryf is vir die vermoë om op rowwe paaie te ry asook sonder gereelde onderhoud.
Die produksie van die W123 is in Januarie 1986 beëindig met 63 finale T-modelle. Die gewildste enkelmodelle was die 240 D (455 000 gebou), die 230 E (442 000 gebou) en die 200 D (378 000 gebou).
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die W123 deel 'n paar tegniese ooreenkomste met sy voorgangers soos enjins, stuurstelsel en veerstelsel. Die ontwerp is opgedateer met 'n klomp styllyne van sy groter boet, die Mercedes-Benz W116, naamlik agterligte, horisontale kopligte en voorste rigtingwysers aan die buitekant, trek-deurhandvatsels, ensovoorts. Die binneruim is gemoderniseer met 'n groter instrumentepaneel, 'n sentrumstel van ronde ventilasiegate, nuwe HVAC-bedieningspaneel, enkele ry beheerskakelaars in die middel, die nuwe middelkonsole wat naatloos van die paneelbord na die tonnelhuisie vloei, en dies meer.
Al die modelle behalwe 280, 280 E en coupé bevat groter ronde kopligte met kleiner ronde misligte met 'n groot glasplaat wat die hele kopligbehuising bedek en as diffusielens optree. Hierdie opstelling is dieselfde vir die Noord-Amerikaanse modelle met verseëlde kopligte en 'n glasplaat wat die koplighuisie gedeeltelik bedek. Die 280, 280 E en koepeemodelle gebruik groot reghoekige kopligte met ronde misligte
Enjins
[wysig | wysig bron]Alle enjins van die W114 / W115 is oorgedra. Die enkele nuwe enjin was 'n SOHC 2,5-liter M123 Inlynsessilinder. Die drieliter-viersilinderdieselenjin het 'n behoorlike benaming met die W123 gekry, wat ooreenstem met sy enjinverplasing: 300 D in plaas van 240 D 3.0 op die vorige W114 / W115.
Die wêreld se eerste turbo-aangejaagde dieselenjin vir passasiersvoertuie, die OM617 A, is uiteindelik in September 1979 in die W123-model bekendgestel, eksklusief aan die 300 TD TURBODIESEL vir die Europese mark.[5]
Kopieë
[wysig | wysig bron]Die W123 is amptelik van 1987 tot 1988 deur FAW in China vervaardig, as 'n 200 sedan of as 'n langwielbasis 230E. Slegs 828 motors is in hul Changchun-aanleg gebou. 'n Meer getroue replika is in Noord-Korea byna geheel en al met die hand gebou, dit was die Kaensaeng 88 genoem.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Mercedes-Benz 280 CE (C123) (Euro-spesifikasie)
-
Mercedes-Benz 240 D (W123) sedan (Euro-spesifikasie)
-
Mercedes-Benz W123 sedan (VS)
-
Mercedes-Benz 280 CE (C123) agter (Euro-spesifikasie)
-
Mercedes-Benz 300 CD TURBODIESEL koepee (Amerikaanse weergawe)
Tegniese Data (algemeen)
[wysig | wysig bron]Model | Onderstel | Jare | Konfigurasie | Inhoudsmaat | Brandstof- toevoer |
Drywing | Wringkrag | Leë massa (kg) | 0–100 km/h | Topspoed (km/h) | Verbruik | Eenhede |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Petrolenjins | ||||||||||||
200 | 123.020 | 2/76–8/80 | M115 V 20 (115.938) I4 |
1988 cc | Vergasser | 69 kW (93 pk) teen 4800 opm | 158 Nm teen 3000 opm | 1 340 | 15,2 sekondes | 160 km/h | 12,3 L/100 km | 158 772 |
123.220 | 9/80–11/85 | M102 V 20 (102.920) I4 |
1997 cc | Vergasser | 80 kW (108 pk) teen 5200 opm | 170 Nm teen 3000 opm | 1 350 | 14,4 sekondes | 168 km/h | 10,2 L/100 km | 217 315 | |
200 T | 123.280 | 11/80–1/86 | 1 470 | 15,3 sekondes | 10,4 L/100 km | 18 860 | ||||||
230 | 123.023 | 2/76–8/80 | M115 V 23 (115.954) I4 |
2307 cc | Vergasser | 80 kW (108 pk) teen 4800 opm | 186 Nm teen 2500 opm | 1 350 | 13,7 sekondes | 170 km/h | 12,2 L/100 km | 196 185 |
230 C | 123.083 | 6/77–8/80 | 1 375 | 12,1 L/100 km | 18 675 | |||||||
230 T | 123.043 | 5/78–4/80 | 1 470 | 12,2 L/100 km | 6 884 | |||||||
230 E | 123.223 | 7/80–11/85 | M102 E 23 (102.980) I4 |
2299 cc | Bosch K-Jetronic brandstofinspuiting | 100 kW (134 pk) teen 5100 opm | 205 Nm teen 3500 opm | 1 360 | 11,5 sekondes | 180 km/h | 10,4 L/100 km | 245 876 |
230 CE | 123.243 | 4/80–11/85 | 1 380 | 29 858 | ||||||||
230 TE | 123.283 | 4/80–9/86 | 1 480 | 12,2 sekondes | 10,5 L/100 km | 42 248 | ||||||
250 | 123.026 | 4/76–8/79 | M123 V 25 (123.920) I6 |
2525 cc | Vergasser | 95 kW (127 pk) teen 5500 opm | 196 Nm teen 3500 opm | 1 410 | 11,3 sekondes | 185 km/h | 12,8 L/100 km | 117 684 |
9/79–9/81 | M123 V 25 (123.921) I6 |
100 kW (134 pk) teen 5500 opm | 200 Nm teen 3500 opm | |||||||||
10/81–12/85 | 11,7 sekondes | |||||||||||
250 T | 123.086 | 5/78–8/79 | M123 V 25 (123.920) I6 |
95 kW (127 pk) teen 5500 opm | 196 Nm teen 3500 opm | 1 510 | 11,9 sekondes | 185 km/h | 12,8 L/100 km | 7 704 | ||
9/79–9/81 | M123 V 25 (123.921) I6 |
100 kW (134 pk) teen 5500 opm | 200 Nm teen 3500 opm | |||||||||
10/81–10/82 | 11,7 sekondes | |||||||||||
280 | 123.030 | 12/75–7/81 | M110 V 28 (110.923) I6 |
2746 cc | Vergasser | 115 kW (154 pk) teen 5500 opm | 223 Nm teen 4000 opm | 1 455 | 10,6 sekondes | 190 km/h | 13,8 L/100 km | 33 206 |
280 C | 123.050 | 4/77–3/80 | 13,1 L/100 km | 3 704 | ||||||||
280 E | 123.033 | 12/75–3/78 | M110 E 28 (110.984) I6 |
Bosch K-Jetronic | 130 kW (175 pk) teen 6000 opm | 234 Nm teen 4500 opm | 1 475 | 9,9 sekondes | 200 km/h | 13,3 L/100 km | 126 004 | |
4/78–9/81 | M110 E 28 (110.988) I6 |
136 kW (182 pk) teen 5800 opm | 240 Nm teen 4500 opm | |||||||||
10/81–12/85 | 12,0 L/100 km | |||||||||||
280 CE | 123.053 | 4/77–3/78 | M110 E 28 (110.984) I6 |
130 kW (175 pk) teen 6000 opm | 234 Nm teen 4500 opm | 1 475 | 9,9 sekondes | 200 km/h | 13,3 L/100 km | 32 176 | ||
4/78–9/81 | M110 E 28 (110.988) I6 |
136 kW (182 pk) teen 5800 opm | 240 Nm teen 4500 opm | |||||||||
10/81–8/85 | 12,0 L/100 km | |||||||||||
280 TE | 123.093 | 5/78-8/78 | M110 E 28 (110.984) I6 |
130 kW (175 pk) teen 6000 opm | 234 Nm teen 4500 opm | 1 475 | 9,9 sekondes | 200 km/h | 13.3 L/100 km | 19 789 | ||
9/78–9/81 | M110 E 28 (110.988) I6 |
136 kW (182 pk) teen 5800 opm | 240 Nm teen 4500 opm | |||||||||
10/81–1/86 | 12,0 L/100 km | |||||||||||
Dieselenjins | ||||||||||||
200 D | 123.120 | 2/76–1/79 | OM 615 D 20 (615.940) I4 |
1988 cc | Brandstofinspuiting met voorverbrandingskamer |
40 kW (54 pk) teen 4200 opm | 113 Nm teen 2400 opm | 1 390 | 31 sekondes | 130 km/h | 8,9 L/100 km | 378 138 |
2/79–4/85 | 44 kW (59 pk) teen 4400 opm | 113 Nm teen 2500 opm | 27,4 sekondes | 135 km/h | ||||||||
220 D | 123.126 | 2/76–3/79 | OM 615 D 22 (615.941) I4 |
2197 cc | 44 kW (59 pk) teen 4400 opm | 126 Nm teen 2400 opm | 1 380 | 28,1 sekondes | 135 km/h | 9 L/100 km | 56 736 | |
240 D | 123.123 | 2/76–7/78 | OM 616 D 24 (616.916) I4 |
2404 cc | 48 kW (64 pk) teen 4200 opm | 137 Nm teen 2400 opm | 1 395 | 24,6 sekondes | 138 km/h | 9,3 L/100 km | 449 780 | |
8/78–9/81 | OM 616 D 24 (616.912) I4 |
2399 cc | 53 kW (71 pk) teen 4400 opm | 22 sekondes | 143 km/h | |||||||
10/81–11/85 | 8,9 L/100 km | |||||||||||
240 TD | 123,183 | 5/78–8/79 | OM 616 D 24 (616.912) I4 |
2404 cc | 48 kW (64 pk) teen 4200 opm | 137 Nm teen 2400 opm | 1 515 | 25,8 sekondes | 138 km/h | 9,6 L/100 km | 38,903 | |
9/79–1/86 | 2399 cc | 53 kW (71 pk) teen 4400 opm | 23,2 sekondes | 143 km/h | 8,9 L/100 km | |||||||
300 D | 123.130 | 2/76–8/79 | OM 617 D 30 (617.912) I5 |
3005 cc | 59 kW (79 pk) teen 4000 opm | 172 Nm teen 2400 opm | 1 450 | 19,9 sekondes | 148 km/h | 9,9 L/100 km | 324 718 | |
9/79–9/81 | 2998 cc | 65 kW (87 pk) teen 4400 opm | 17,8 sekondes | 155 km/h | ||||||||
10/81–11/85 | 9.3 L/100 km | |||||||||||
300 CD | 123.150 | 9/77–8/79 | 3005 cc | 59 kW (79 pk) teen 4000 opm | 172 Nm teen 2400 opm | 1 450 | 20,8 sekondes | 143 km/h | 9,9 L/100 km | 7 502 | ||
9/79–8/81 | 2998 cc | 65 kW (87 pk) teen 4400 opm | 19,2 sekondes | 150 km/h | ||||||||
300 TD | 123.190 | 5/78–8/79 | 3005 cc | 59 kW (79 pk) teen 4000 opm | 172 Nm teen 2400 opm | 1 570 | 20,9 sekondes | 148 km/h | 9,9 L/100 km | 36 874 | ||
9/79–9/81 | 2998 cc | 65 kW (87 pk) teen 4400 opm | 18,9 sekondes | 155 km/h | ||||||||
9/81–1/86 | 9,3 L/100 km | |||||||||||
300 D TURBODIESEL (slegs VSA) |
123.133 | 8/81–9/82 | OM 617 D 30 A (617.952) I5 turbo |
2998 cc | Brandstof-inspuiting met voorverbrandingskamer en turboaanjaer |
89 kW (119 pk) teen 4350 opm | 230 Nm teen 2400 opm | 1 525 | 14,0 sekondes | 165 km/h | 9,9 L/100 km | 75 261 |
10/82–8/85 | 92 kW (123 pk) teen 4350 opm | 250 Nm teen 2400 opm | 170 km/h | |||||||||
300 CD TURBODIESEL | 123.150 | 7/81-9/82 | 1 625 | 14,0 sekondes | 165 km/h | N/A | 8 007 | |||||
10/82-8/85 | 170 km/h | |||||||||||
300 TD TURBODIESEL | 123.193 | 10/80-8/81 | 1 625 | 15.0 sekondes | 165 km/h | 9.9 L/100 km | 28 219 | |||||
9/81-1/86 | 9,8 L/100 km |
Tegniese data (vir Amerika en Japan)
[wysig | wysig bron]In hierdie markte is slegs die volgende modelle aangebied:[6]
Model | Jaar | Enjin | Drywing | Wringkrag |
---|---|---|---|---|
Petrolenjins | ||||
230 | 1977–1978 | 2.3 L M115 I4 | 69 kW (93 pk) teen 4 800 | 169 Nm teen 2 500 |
280 E | 1977–1979 | 2.8 L M110 Brandstofinspuiting I6 | 106 kW (142 pk) teen 5 750 | 202 Nm teen 4 600 |
1980–1981 | 104 kW (140 pk) teen 5 500 | 197 Nm teen 4 600 | ||
280 CE | 1977–1979 | 2.8 L M110 Brandstofinspuiting I6 | 106 kW (142 pk) teen 5 750 | 202 Nm teen 4 600 |
1980–1981 | 104 kW (140 pk) teen 5 500 | 197 Nm teen 4 600 | ||
Dieselenjins | ||||
240 D | 1977–1980 | 2.4 L OM616 I4 | 46 kW (67 pk) teen 4 000 | 132 Nm teen 2 400 |
1981–1985 | 50 kW (70 pk) teen 4 000 | 132 Nm teen 2 400 | ||
300 D | 1977–1981 | 3.0 L OM617.912 I5 | 57 kW (77 pk) teen 4 000 | 156 Nm teen 2 400 |
300 CD | 1978–1981 | |||
300 TD | 1979–1980 | |||
300 D TURBODIESEL | 1981–1985 | 3.0 L OM617 A I5 turbo | 93 kW (125 pk) teen 4 350 | 245 Nm teen 2 400 |
300 CD TURBODIESEL | ||||
300 TD TURBODIESEL |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Oswald, Werner (2001). Deutsche Autos 1945–1990, vol.3. Stuttgart: Motorbuch Verlag. p. 99. ISBN 3-613-02131-5.
- ↑ de Feijter, Tycho (8 Mei 2010). "FAW based Mercedes 200 in China". Car News China (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2019.
- ↑ Hutton, Ray, red. (16 September 1978). "Autotest: Mercedes-Benz 200". Autocar. 149 (4271): 26–31.
- ↑ Richarz, Hans-Robert (1 September 1976). "Sterntaler: Mercedes-Wagen zu Schwarzmarktpreisen". Auto, Motor und Sport (in Duits) (18): 8–9.
- ↑ "Preisliste W123 Nummer 28 ab 1 September 1979" (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2019. Besoek op 2 Mei 2020.
- ↑ Mike Covello: Standard Catalog of Imported Cars 1946–2002. Krause Publications, Iola 2002, ISBN 0-87341-605-8, p. 539-43.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- W123 produksiesyfers Geargiveer 29 April 2016 op Wayback Machine
- W123 spesifikasies en pryse Geargiveer 30 Junie 2016 op Wayback Machine
- W123 Club España
Mercedes-Benz-modelle |
---|
Passasiersmotors:
A-klas • W168 • W169 • W176 • W177 |
B-klas |
C-klas • W202 • W203 • W204 • W205 |
CL-klas |
CLK-klas |
CLS-klas | Historiese motors: W15 • W136 • W138 (260 D) • W120/W121 • W110 • W111 • W112 • W113 SL • W108 • W114/W115 • W201 • W123 • W124 Waens en Vervoerders:
Citan |
L 319 |
T2 |
MB100 |
Sprinter |
Vito
|
Wysig hierdie sjabloon |