Messier 38
Voorkoms
(Aangestuur vanaf NGC 1912)
Messier 38 | ||||
Bron: NOAO | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Koetsier | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 28m 42s | |||
Deklinasie | +35º 51' 18" | |||
Skynmagnitude | 7,4 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 4 200 ligjare (1 300 parsek) | |||
Skynbare grootte | 21 boogminute | |||
Ander name | M38, NGC 1912 | |||
|
Messier 38 of M38 (ook bekend as NGC 1912) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Koetsier. Dit is voor 1654 deur Giovanni Battista Hodierna ontdek en in 1749 onafhanklik deur Guillaume Le Gentil herontdek. M36 en M37, wat in dieselfde tyd deur Hodierna ontdek is, is nes M38 sowat 3 420 ligjare (1 300 parsek) van die Aarde af.[1]
Die swerm se helderste sterre vorm ’n patroon wat soos die Griekse letter Pi lyk. Dit het ’n gemiddelde ouderdom van sowat 220 miljoen jaar en sy helderste ster is ’n geelreus van klas G0 met ’n sigbare helderheid van 7,9 mag. Die absolute magnitude is sowat 900 keer dié van die Son.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Majaess D. J., Turner D., Lane D. (2007). "In Search of Possible Associations between Planetary Nebulae and Open Clusters". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 119: 1349. arXiv:0710.2900. Bibcode:2007PASP..119.1349M. doi:10.1086/524414.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- SEDS: Messier 38
- Messier 38 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 38.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia