Nuweland-krieketveld
Nuweland-krieketveld | ||
Lugbeeld van Nuweland-krieketveld
| ||
Bynaam | Saharapark Nuweland | |
---|---|---|
Ligging | Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika | |
Koördinate | 33°58′25.32″S 18°28′8.16″O / 33.9737000°S 18.4689333°O | |
Eienaar | Westelike Provinsie Krieketunie | |
Kapasiteit | 25 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1889 | |
Renovasie | 1991 | |
Huurders | ||
Kaapse Kobras (2005–hede); Proteas Cape Town Blitz (2018–hede) |
Nuweland-krieketveld in Kaapstad is 'n Suid-Afrikaanse krieketveld.[1] Dit is die tuiste van die Kaapse Kobras, wat in die Sunfoilreeks, Momentum-eendagbeker en Standard Bank Pro20-kompetisies meeding. Dit is ook 'n stadion waar toetskrieket gespeel word. Nuweland word beskou as een van die mooiste krieketvelde ter wêreld, wat oorskadu word deur Tafelberg en Duiwelspiek. Nuweland word verder bevoordeel deur 'n Kaaps-mediterreense klimaat met winterreënval, wat perfekte weer toelaat om krieket in te speel en te kyk. Dit is naby aan Nuwelandstadion, wat 'n groot rugby- en sokkerstadion is.
Die veld bied sy eerste toetswedstryd aan op 24–25 Maart 1889 toe Engeland Suid-Afrika met 'n beurt en 202 lopies geklop het. Teen Januarie 2020 is daar 55 toetswedstryde op die veld gespeel, waarvan Suid-Afrika 23 gewen, 21 verloor en 11 onbeslis geëindig het. Die laaste span om Suid-Afrika hier te klop was Engeland in Januarie 2020.[2]
Die eerste Internasionale eendagwedstryd is op 7 Desember 1992 hier gespeel, toe die Proteas teen Indië met ses paaltjies gewen het. Teen Junie 2019 is daar 41 EDIs op die veld gespeel, insluitende vyf in die Krieketwêreldbeker 2003. Suid-Afrika het 30 van sy wedstryde gewen en ses verloor. Indië is die mees onlangse EDI-wenner teen die Proteas (in Februarie 2018).[3]
Tussen 1991 en 1997 is verskeie verbeteringe aan die stadion aangebring. Groot dele van die graswalle is vervang deur pawiljoene, wat die sitplek vermeerder het tot 25 000.
Nuweland is een van die min krieketvelde in Suid-Afrika wat geneig is om draaiboulers te bevoordeel. Die meeste velde is geneig om naatboulers of kolwers te bevoordeel, maar die Wes-Kaap het 'n geskiedenis van goeie draaiboulers, 'n onlangse voorbeeld is Paul Adams.
Die veld het ook uitstalwedstryde in die Australiese-reëls voetbal aangebied. In 1998 het 'n skare van 10 123 die Brisbane Lions teen Fremantle sien speel.
- Internasionale inligting
- Eerste toetswedstryd:
- 25–26 Maart 1889: Suid-Afrika t Engeland
- Laaste toetswedstryd:
- 3–7 Januarie 2020: Suid-Afrika t Engeland
- Eerste internasionale eendagwedstryd:
- 7 Desember 1992: Suid-Afrika t Indië
- Laaste internasionale eendagwedstryd:
- 4 Februarie 2020: Suid-Afrika t Engeland
- Eerste internasionale T20-wedstryd:
- Laaste internasionale T20-wedstryd:
- 1 Desember 2020: Suid-Afrika t Engeland
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Krieketwêreldbeker 2003
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2003.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Kenia het die loot gewen en gekies om te eerste kolf.
T20I-wêreldbeker 2007
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: T20I-wêreldbeker 2007.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Nuweland met Duiwelspiek wat in die agtergrond uittroon
-
'n Groen Nuweland-krieketveld in Januarie 2005
-
Nuweland se reuse telbord: W.P. teen O.P. in Februarie 1972
-
Derde toets tussen Australië en Suid-Afrika op 5 Maart 2014: Ryan Harris boul Morné Morkel uit en beklink sodoende dié wedstryd en die toetsreeks vir Australië
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Newlands". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Desember 2021.
- ↑ (en) "Cricinfo – Statsguru – Newlands, Cape Town – Tests – Match results list". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2018. Besoek op 11 Januarie 2018.
- ↑ (en) Statsguru – Alle EDI-rekords op Nuweland, Kaapstad[dooie skakel]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nuweland-krieketveld.
- (en) Nuweland-krieketveld op ESPNcricinfo