Bengaalse nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bangladesj
Toetskrieketland sedert 2000
Eerste Toets teen Indië in Dhaka, 10-13 November 2000
Kaptein in Toetse en Twintig20 Mushfiqur Rahim
Kaptein in EDI Mashrafe Mortaza
Afrigter Chandika Hathurusingha
Plek op IKR-ranglys 9de (Toetse)
9de (EDIs)
10de (T20Is)
Totale toetse
 – Afgelope jaar
88
7
Laaste toets teen Zimbabwe,
te Chittagong, 12–16 Nov 2014
Wen/verloor
 – Afgelope jaar
7/70
3/3
Soos op 2 Desember 2014
Bangladesj het sy volle debuut in internasionale krieket in die 1986 Asië-beker gemaak

Die Bengaalse nasionale krieketspan (Bengaals: বাংলাদেশ জাতীয় ক্রিকেট দল), met die bynaam The Tigers, is die nasionale krieketspan van Bangladesj. Die reëls word deur Bangladesj se Krieketraad (BCB) neergelê. Bangladesj is 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets- en Internasionale eendagwedstryd (EDI)-status, dus die tiende toetskrieketland. Bangladesj het sy eerste toets in November 2000 teen Indië in Dhaka gespeel.

Bangladesj se eerste vertoning in internasionale krieket was tydens die 1979 IKR-trofee in Engeland. Hulle eindig die toernooi met 2 oorwinnings en 2 nederlae. Sewe jaar later, op 31 Maart 1986, speel Bangladesj in sy eerste wedstryd teen Pakistan in die 1986 Asië-beker. Bangladesj wen ​​die 1997 IKR-trofee in Maleisië. Deur die toernooi te wen, het Bangladesj vir die eerste keer ook vir die 1999 Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer.

In 1997 word Bangladesj ​'n gereelde lid van die IKR met die reg om internasionale eendagwedstryde te speel. Hul verwerf die status van 'n toetskrieketland op 26 Junie 2000. Bangladesj hou ​​die rekord vir die meeste verloorslae agtereenvolgens in toetse (21 tussen 1999 en 2002) en eendagwedstryde (23 tussen 2001 en 2004).

Rekords[wysig | wysig bron]

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1975 Geen deelname
1979 Geen deelname
1983 Geen deelname
1987 Nie gekwalifiseer nie
1992 Nie gekwalifiseer nie
1996 Nie gekwalifiseer nie
1999 Groepfase
2003 Groepfase
2007 Super 8
2011 Groepfase
2015 Kwarteindrondte

Twintig20-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
2007 Super 8
2009 Groepfase
2010 Groepfase
2012 Groepfase
2014 Super 10
2016 Super 10

Kampioenetrofee-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1998 Geel deelname
2000 Uitspeelrondte
2002 Groepfase
2004 Groepfase
2006 Kwalifikasierondte
2009 Nie gekwalifiseer nie
2013 Nie gekwalifiseer nie
2017 Halfeindrondte

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]