Sprietui

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sprietui
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Angiosperms
Klas: Monocotyledon
Orde: Asparagales
Familie: Amaryllidaceae
Genus: Allium
Spesie: A. schoenoprasum
Binomiale naam
Allium schoenoprasum
L.

Sprietui is die Afrikaanse benaming vir Allium schoenoprasum, die kleinste spesie van die eetbare uie. [1]

Dit is 'n gewilde, eetbare meerjarige plant en kom wydverspreid in die natuur voor in groot dele van Europa, Asië en Noord-Amerika. [2] A. schoenoprasum is die enigste uispesie wat inheems is aan beide die Ou- en Nuwewêreld.

Die wetenskaplike naam van die spesie is afgelei van die Griekse skhoínos (riete) en práson (leek). [3] Die Engelse naam chive is afgelei van die Franse woord cive en van cepa, die Latynse woord vir uie. [4]

Sprietuie is 'n algemeen-gebruikte plant en kan in kruidenierswinkels gekoop word of in tuine gekweek word. In kookkuns word die lowwe en die onoopgemaakte, onvolwasse blomknoppe in blokkies gekerf en gebruik as 'n bestanddeel vir visgeregte, aartappeldisse, sop en ander geregte. Sprietuie het insekwerende eienskappe wat gebruik kan word om peste in tuine te help beheer. [5]

Rou sprietui
Voedingswaarde per 100 g
Energie 30 kcal   130 kJ
'n Tros blommende spruituie
Koolhidrate     4.35 g
- Suikers  1.85 g
- Dieetvesel  2.5 g  
Vette 0.73 g
Proteien 3.27 g
Water 89.11 g
Vitamien A gelyk.  218 μg  24%
- β-karoteen  2612 μg  24%
Tiamien (Vit. B1)  0.078 mg   6%
Riboflavien (Vit. B2)  0.115 mg   8%
Niasien (Vit. B3)  0.647 mg   4%
Pantoteensuur (B5)  0.324 mg   6%
Vitamien B6  0.138 mg 11%
Folate (Vit. B9)  105 μg  26%
Vitamien C  58.1 mg 97%
Vitamien E  0.21 mg 1%
Vitamien K  212.7 μg 203%
Kalsium  92 mg 9%
Yster  1.6 mg 13%
Magnesium  42 mg 11% 
Fosfor  58 mg 8%
Kalium  296 mg   6%
Sink  0.56 mg 6%
Skakel na USDA-databasis
Persentasies is relatief tot VS
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis
Chive flower
Blom met nog 'n knoppie daaragter
Chive flower
Volledig geopende blom
Saadjies van die sprietui
Jong lote nadat die sprietui ontkiem het

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. LaFray, Joyce (1987). Tropic Cooking: The New Cuisine from Florida and the Islands of the Caribbean. Oakland: Ten Speed Press. p. 292. ISBN 0-89815-234-8. 
  2. Allium schoenoprasum feiteblad, Missouri botanical garden, URL besoek op 25 Januarie 2014
  3. Gräslök Uit: "Den virtuella floran", URL besoek op 13 Junie 2006
  4. Chives Uit: "homecooking.about.com", URL besoek op 13 Junie 2006
  5. Kaufman, Peter B, et al (1999). Natural Products from Plants. Boca Raton: CRC Press. p. 261. 084933134X. 
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.