Boegoe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Boegoe
Agathosma betulina
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Rutaceae
Genus: Agathosma
Spesie: A. betulina
Binomiale naam
Agathosma betulina
(Berg.) Pillans

Boegoe (Agathosma betulina) is 'n Suid-Afrikaanse plant met medisinale eienskappe. Dit was histories as medikasie vir die Urienesisteem en wonde gebruik. Dit word ook as geurmiddel vir tee, lekkergoed en selfs drank (dink byvoorbeeld aan boegoebrandewyn) aangewend.

Die Hollanders het dit van die San of die Khoi leer ken. In die VOC se tyd was dit al in Europa bekend, maar dit was baie duur en net ryk mense kon dit gebruik.