Tekstiel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Tekstiel is die materiaal of lap wat gebruik word om klere, gordyne, lakens, en so meer te vervaardig. Die woord is afgelei van die Latynse woord "texere" wat geweef beteken.

Tekstiek word vervaardig deur die weef of brei van natuurlike of kunsmatige vesels. Voorbeelde van tekstiel gemaak van natuurlike vesels is katoen, wol, sy en linne. Voorbeelde van mensgemaakte vesels is nylon, politeen, viskose en poliëster.

Daar bestaan ook sogenaamde "tegniese tekstiele". Dit is tekstielprodukte wat vir nie-estetiese doeleindes vervaardig word, waar funksie die primêre maatstaf is. Tegniese tekstiele sluit in tekstiele vir motoraanwendings, mediese tekstiele (bv. inplantings), geotekstiele (versterking van grondhellings), agrotekstiele (tekstiele vir gewasbeskerming) en beskermende klere (bv. hitte- en stralingsbeskerming vir brandweerklere, gesmelte metaalbeskerming vir sweisers, messteekbeskerming en koeëlvaste baadjies en ruimtepakke).