Vlag van Maleisië
Bynaam | (ms) Jalur Gemilang (af) Bane van Glorie |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en Staatsvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 26 Mei 1950[1] |
Ontwerp | Veertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met ’n goue ster en sekelmaan in die skildhoek. |
Ontwerp deur | Mohamed Hamzah |
Die nasionale vlag van Maleisië is op 26 Mei 1950 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon veertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met ’n goue 14-puntige ster en sekelmaan in die skildhoek.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Die 14 bane van dieselfde hoogte stel die gelyke status van die 13 lidstate en die federale regering van Maleisië voor terwyl die 14 punte van die ster die eenheid tussen hierdie entiteite voorstel.[2] Die ster staan bekend as die Bintang Persekutuan (Federale Ster). Die sekelmaan stel Islam voor, wat die amptelike geloof van die land is; die blou reghoek stel die eenheid van die Maleiers voor; die goue kleur van die ster en sekelmaan is die koninklike kleure van die Maleise regeerders.[3]
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die verhouding van die vlag is 1:2. Die sekelmaan se oop kan wys in die rigting van die wapperkant.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die vlag van Maleisië, wat vir die eerste keer op 16 September 1963 gehys is, het ontstaan uit die vlag van die Federasie van Malakka. Voor die skep van die nuwe vlag het elke deelstaat van Maleisië sy eie vlag gehad waarvan baie vandag nog onveranderd is.
Keuse van vlag
[wysig | wysig bron]Toe die Federasie van Malakka die kortstondige Unie van Malakka vervang het, het die regering deur die Federale Wetgewende Raad ’n ontwerpkompetisie vir ’n nuwe vlag versoek. Drie vlae is aan die publiek voorgehou. Die eerste vlag het 11 sterre bevat met twee Maleise krisse (dolke) in die middel teen ’n blou agtergrond. Die tweede vlag was ’n “konsentriese sirkel van 11 sterre om gekruisde krisse op ’n blou baan.” Die derde het elf bane in rooi en wit afwisselend gehad met ’n geel sekelmaan en vyfpuntige ster op ’n blou agtergrond in die skildhoek. Die derde ontwerp – deur Mohamad Hamzah van die Departement van Openbare Werke – is as die wenner gekies deur middel van ’n meningspeiling in The Malay Mail.[4] Omdat Malakka in die tyd van die Maleikrisis teen die kommuniste geveg het, het die vyfpuntige ster ’n te groot ooreenkoms met die kommunistiese simbool gehad. Die ster is gevolglik aangepas om nog ses punte by te kry.
Die Maleisiese vlag is op 19 Mei 1950 deur koning George VI goedgekeur en is vir die eerste keer op 26 Mei 1950 gehys voor Istana Selangor. Op 31 Augustus 1957 is dit met verkryging van onafhanklikheid op die Merdekaplein in die plek van die Britse Unievlag gehys.
Die ontwerper
[wysig | wysig bron]Die Maleisiese vlag is deur Mohamed Hamzah, ’n 29-jarige argitek wat vir die Departement van Openbare Werke in Johor Baharu, Johore gewerk het, ontwerp. Hy het in 1947 vir die vlagontwerpkompetisie ingeskryf met twee ontwerpe wat hy binne twee weke afgehandel het. Die eerste ontwerp was ’n groen vlag met ’n blou kris in die middel, omring deur 15 wit sterre. Die tweede ontwerp, wat onder die finaliste was, was soortgelyk aan die huidige vlag maar met ’n vyfpuntige ster. Dit ontleen ’n groot ontwerpelement (die horisontale bane) aan die vlag van die Britse Oos-Indiese Kompanjie. Daar was 373 inskrywings vir die kompetisie en die algemene publiek kon via die pos vir hul gunsteling stem. Dato’ Onn Jaafar, ’n senior Maleisiese staatsman, het vir Hamzah ontmoet nadat hy die kompetisie gewen het en voorgestel dat die ster 11 punte het om al die Maleisiese deelstate te verteenwoordig.
Mohamad Hamzah is ’n paar ddae voor sy 75ste verjaardag oorlede in Jalan Stulang Baru, Kampung Melayu Majidee, Johor.[5]
Wysigings
[wysig | wysig bron]Na die totstandkoming van Maleisië op 16 September 1963 is die ontwerp van die Maleisiese vlag gewysig om die nuwe deelstate in die federasie te reflekteer en eerbiedig.
Drie addisionele bane is tot die bestaande vlag toegevoeg en die ster is 14 punte gegee om die federasie se oorspronklike 11 deelstate in Maleisië plus Sabah, Sarawak en Singapoer te reflekteer; hierdie ontwerp het onveranderd gebly, selfs na Singapoer se uitsetting uit die federasie twee jaar later. Toe Kuala Lumpur op 1 Februarie 1974 as ’n federale territorium aangewys is, is die addisionele baan en punt van die ster toegewys om hierdie nuwe toevoeging tot die federasie te verteenwoordig. Uiteindelik, met die toevoeging van twee ander federale territoriums – Labuan in 1984 en Putrajaya in 2001 – is die veertiende baan en punt van die ster met die federale regering in die algemeen begin assosieer.
In 1997, toe die Maleiers genooi is om ’n naam aan die vlag te gee, het die Eerste Minister, Tun dr. Mahathir bin Mohammad die naam Jalur Gemilang gekies om die land se voorwaartse strewe na volgehoue groei en sukses te projekteer.
Teken van respek
[wysig | wysig bron]Gedurende vieringe van Maleisië se Nasionale Dag word almal aangemoedig om die Jalur Gemilang aan huise, kantoorgeboue en korporatiewe persele te laat hang.
- Indien die vlag tuis vertoon word, moet dit gehys word dat dit in die rigting van die pad wys.
- Indien die vlag in ’n groep met deelstaats- en privaatmaatskappyvlae vertoon word, moet die Maleisiese vlag tussen twee vlae gehys word en die vlagpaal waaraan dit hang moet hoër wees as die ander.
Vlaglied
[wysig | wysig bron]Die vlaglied is geskryf as toewyding en trots van die Maleisiese nasionale vlag. Dit word op 31 Augustus, Maleisië se onafhanklikheidsdag. opgevoer. Die oorspronklike lied Benderaku is geskryf deur Tony Fonseka, ’n Maleisiese liedjieskrywer. Nadat die vlag die naam Jalur Gemilang gekry het is die vlaglied in 1997 aangepas. Dit is gevolg deur ’n bekendstelling van ’n nuwe vlaglied met lirieke deur Siso Kopratasa en getoonset deur Pak Ngah.
|
|
|
|
Ander vlae
[wysig | wysig bron]Staatsvaartuie gebruik die Jalur Gemilang as die staatsvaandel. Die ander vaandels wat in Maleisië gebruik word, word hieronder weergegee.
-
Burgerlike vaandel
-
Blou vaandel van die Maleisiese regering
-
Maleisiese Seewetstoepassingsagentskap se vaandel
-
Weermagvaandel van Maleisië
-
Lugmagvaandel van Maleisië
-
Vlootvaandel van Maleisië
Federale Ster
[wysig | wysig bron]Die Federale Ster wat soortgelyk in konsep is aan Australië se Gemenebesster, stel die noue federasie van die deelstate van Maleisië en die federale regering voor. Dit word gebruik op die rondeel van die Koninklike Maleisiese Lugmag, die vlag van die Maleis-Sjinese Vereniging en die logo van die voormalige Verenigde Maleisiese Bankwesekorporasie.
-
Rondeel van die Koninklike Maleisiese Lugmag
-
Vlag van die Maleis-Sjinese Vereniging
Soortgelyke vlae
[wysig | wysig bron]-
Vlag van die Ottomaanse Ryk (1844–1923)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Malaysia" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
- ↑ (en) "Maleisië Vlag". TalkMalaysia.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2010. Besoek op 15 September 2009.
- ↑ (en) Flags Of The World Maleisië: Beskrywing
- ↑ (en) Sonia Ramachandran. Golden Merdeka Memories: National flag chosen by people in one of country's first public polls. New Straits Times. 18 Augustus 2006.
- ↑ (en) "Sejarah Bendera Malaysia". Malay Text. 29 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2010. Besoek op 8 April 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Maleisië. |
- (en) Maleisië by Flags of the World.
- (en) "Flag of Malaysia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |