Abidjan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

District d'Abidjan
Abidjan

AbidjanSib.JPG
Kaart Wapen
District d'Abidjan2.png
AbidjanLogo.svg
Vlag
AbidjanLogo.png
 Land Vlag van Ivoorkus Ivoorkus
 Administratiewe gewes Lagunes
 Stigting 1899
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2,119 vk km
 Hoogte bo seevlak 0 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1998) 3,125,890
 - Bevolkingsdigtheid 1,728/vk km
 Tydsone UTC+0
 - Somertyd Geen
 Amptelike webwerf Abidjan Stad

Abidjan is die grootste stad en voormalige hoofstad van die Ivoorkus. Dit funksioneer steeds as die regeringsetel, alhoewel Yamoussoukro tans die amptelike hoofstad is. Abidjan is tans die belangrikste hawestad van die land en is geleë aan die Golf van Guinee. Die bevolking van die stad is 'n beraamde 2,8 miljoen en 4-5 miljoen insluitende die gehele metropoolse gebied (2006 beraming).

Die belangrikste nywerhede is hout, tekstiel en koffie. Die stad het ook 'n groot olieraffinadery.

Die stad het in 1934 die hoofstad van die destydse Franse kolonie, die Ivoorkus, geword en groei steeds aansienlik, as mens die huidige bevolking vergelyk met die 65 000 inwoners wat die stad in 1950 gehad het. In 1983 verklaar eertydse president, Félix Houphouët-Boigny, dat Yamoussoukro die nuwe hoofstad van die land is, maar die meeste owerheidsgeboue en ambassades is steeds in Abidjan te vinde.

Gedurende 1963 tot 1988, die tydperk toe Suid-Afrika aan sanksies onderworpe was, en die res van Afrika hul lugruim gesluit het vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vliegtuie oppad Europa toe, het die Ivoorkus nogtans ingewillig om landingsplek aan die SAL te verskaf in Abidjan.