Luanda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Luanda
LuandaJuin2005-1-br.jpg

Kaart Vlag
AO-Luanda.png
Flag of None.svg
Wapen
Coats of arms of None.svg
 Land Vlag van Angola Angola
 Provinsie Luanda
 Koördinate 08°50′S 13°15′O
 Gestig op 1575
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 418 vk km
 Hoogte bo seevlak 6 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 4 799 432
 - Bevolkingsdigtheid 1 985/vk km
 - Metropolitaanse gebied
 Tydsone UTC +1
 Burgemeester

Luanda (vroeër Loanda) is die hoofstad en grootste stad van Angola en die gelyknamige Angolese provinsie met sowat drie miljoen inwoners (2005). Die stad, wat aan die Atlantiese Oseaan lê, is ook die land se belangrikste hawe. Die metropolitaanse gebied van Luanda het 'n bevolking van meer as vyf miljoen mense. Dit is die derde grootste Portugees-sprekende stad in die wêreld (na Sao Paulo en Rio de Janeiro - beide in Brasilië).

Demografie[wysig]

Die bevolking van Luanda is oorwegend van Swart-Afrikaanse afkoms, met die , Ambundu (taal Kimbundu), Ovimbundu (taal Umbundu)en Bakongo (taal Kikongo) as die belangrikste stamme. Daar is 'n baie klein minderheid van Europeërs en van kleurlinge, en vandag ook van chinese. Die amptelike en ook mees gesproke taal is Portugees,

Geskiedenis[wysig]

Die stad is in die jaar 1575 onder die naam São Paulo de Luanda deur Portugese gestig en dien (met die uitsondering van die tydperk tussen 1640 en 1648) sedert 1627 as die administratiewe sentrum van die kolonie Angola. Daarbenewens is Luanda vanaf die jaar 1550 tot by omtrent 1850 'n belangrike sentrum vir die slawehandel, met Brasilië as die hoofbestemming.

Die groot meerderheid van die Portugese bevolking vlug na die onafhanklikheidswording van die land in 1975 uit die stad. Hulle is deur groot getalle Kubane vervang, wat meestal as soldate na Angola gekom het.