Jamestown, Sint Helena

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Jamestown
St-Helena-Jamestown-from-above.jpg

Kaart Vlag
Sint helana kaart.png
Flag of None.svg
Wapen
Coats of arms of None.svg
 Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Gebied Flag of Saint Helena.svg Sint Helena
 Eiland Flag of Saint Helena.svg Sint Helena
 Koördinate 15°55′S 05°43′W
 Gestig op 1659
 Oppervlakte:  
 - Totaal 3,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 714
 - Bevolkingsdigtheid 198,3/vk km
 Tydsone UTC+0

Jamestown (bevolking 714 in 2008) is 'n hawe en die hoofstad van Sint Helena. Dit is in 1659 deur die Britse Oos-Indiese Kompanjie gestig.

Die dorp se mees prominente eienskap is Jacob's Ladder met 699 trappe, wat in 1829 gebou is om Jamestown met 'n mas op Ladder Hill, wat steeds in gebruik is te verbind. Die leer is baie gewild onder toeriste en is snags helder verlig. 'n Padwedloop vind jaarliks daar plaas met mense wat van oor die wêreld kom om daaraan deel te neem. Die dorp se bevolking is soos die res van die eiland se bevolking aan die krimp. Die daling in bevolking is ook tye wyte aan die groei in St. Helena se voorstad, Half Tree Hollow.

Die dorp het goeie voorbeelde van Britse Georgiaanse era koloniale argitektuur en is as 'n wêrelderfenisgebied benoem. Baie geboue is ook uit vulkaanrots uit die plaaslike omgewing gebou. Jamestown is die hoofsentrum van die eiland se pad netwerk en kommunikasie infrastruktuur.

Die dorp vorm 'n klein enklave, tussen styl hange waarop nie gebou kan word nie. Die dorp is daarom redelik dig bewoon en is redelik lank en dun. Dit het ook 'n aantal kronkelende strate, met struike en bome wat by 'n paar straathoeke uitsteek. Die vestiging is op 'n groot hoeveelheid vulkaanrots gebou. Die temperatuur in die gebied is sowat 5 grade warmer as die res van die eiland as gevolg van die verskil in hoogte bo seespieël tussen Jamestown en die res van die eiland. Die terrein is ru en styl. Die omliggende see kan met tye redelik rof wees en daar is 'n seewal om die dorp te beskerm.

Eksterne skakels[wysig]