Santa Cruz de Tenerife

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Santa Cruz de Tenerife
Collage Santa Cruz de Tenerife.jpg

Kaart Wapen
Tenerife municipio Santa Cruz de Tenerife.svg
Escudo de armas de Santa Cruz de Tenerife.svg
Vlag
Flag Santa Cruz de Tenerife city.svg
 Land Vlag van Spanje Spanje
 Gebied Vlag van Kanariese Eilande Kanariese Eilande
 Koördinate 28°28′N 16°15′O
 Gestig op 3 Mei 1494
 Oppervlakte:  
 - Totaal 150,56 vk km
 Hoogte bo seevlak 4 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 221 956
 - Bevolkingsdigtheid 1 474,2 vk/km
 Tydsone UTC
 Burgemeester Miguel Zerolo Aguilar
 Amptelike webwerf sctfe.es

Santa Cruz de Tenerife is 'n stad geleë op die eiland Tenerife. Dit is saam met Las Palmas de Gran Canaria die hoofstad asook die tweede grootste stad van die Kanariese Eilande, 'n oorsese gebied van Spanje naby die kus van Afrika in die Atlantiese Oseaan. Die stad het in 2008 'n bevolking van 221 956 gehad. Dit beslaan ’n gebied van 150,56 km².

Die stad is gestig op 3 Mei 1494. Tussen 1833 en 1927 was Santa Cruz de Tenerife die enigste hoofstad van die Kanariese Eilande, maar in laasgenoemde jaar het ’n bevel bepaal dat die hoofstad van die eilande gedeel moes word met Las Palmas de Gran Canaria; dit is vandag nog die geval. Santa Cruz de Tenerife is die tuiste van die parlement van die Kanariese Eilande, van die hoggeregshof van die Kanariese Eilande, die presidentskap van die Kanariese Eilande (wat elke vier jaar afgewissel word met Las Palmas de Gran Canaria) en die kapteinskap-generaal van die Kanariese Eilande.

Die stad is bekend vir sy karnaval, wat beskou word as een van die grootste ter wêreld en vir sy kontemporêre argitektuur, veral die Auditorio de Tenerife, die baken van die stad.