Mstislaf I van Kiëf

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mstislaf I
Grootprins van Kiëf
Periode 11251132
Voorganger Wladimir Monomach
Opvolger Jaropolk II
Huis Rjoerik
Kinders O.a. Wsewolod van Nowgorod en Pskof, Isjaslaf II van Kiëf, Rostislaf I van Kiëf en Swjatopolk van Pskof
Vader Wladimir Monomach
Moeder Gytha van Wessex
Gebore 1 Junie 1076, Toerif
Oorlede 14 April 1132, Kiëf
Die Sint Nikolaas-katedraal, wat deur Mstislaf I laat bou is naby sy paleis in Novgorod.

Mstislaf I of Mstislaf die Grote (Russies: Мстислав Владимирович Великий; 1 Junie 1076 – 14 April 1132) het van 1125 tot 1132 as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Hy was die oudste seun van Wladimir Monomach by Gytha van Wessex. Hy kom prominent voor in die Noorse Sagas onder die naam Harald, ’n verwysing na sy oupa, Harold II van Engeland.

As sy pa se toekomstige opvolger het Mstislaf van 1088 tot 1093 in Nowgorod regeer en, ná ’n kort rukkie in Rostof, weer van 1095 tot 1117. Daarna was hy Monomach se medeheerser in Belgorod-op-die-Dnieper, en ná sy pa se dood het hy die troon van Kiëf geërf. Hy het verskeie kerke in Nowgorod laat bou, waarvan twee nog staan. Mstislaf het konstant oorlog teen ander lande gevoer. Hy was die laaste heerser van Kiëf-Roes voor die land verbrokkel het.

In 1095 is Mstislaf getroud met prinses Christine of Swede, dogter van koning Inge I van Swede. Hulle het verskeie kinders gehad, onder andere Wsewolod van Nowgorod en Pskof, Isjaslaf II van Kiëf, Rostislaf I van Kiëf en Swjatopolk van Pskof.

Christine is op 18 Januarie 1122 oorlede, en later in dié jaar is Mstislaf getroud met die dogter van Dmitri Zawiditsj, ’n adellike van Nowgorod. By haar het hy ’n seun en dogter gehad.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
Grootprinse en tsare van die Rjoerik-dinastie
Grootprinse Rjoerik · Oleg · Igor I · Olga · Swjatoslaf I · Jaropolk I · Wladimir I die Grote · Swjatopolk I · Jaroslaf I die Wyse · Isjaslaf I · Swjatoslaf II · Wsewolod I · Swjatopolk II · Wladimir Monomach · Mstislaf I · Jaropolk II · Wsewolod II · Igor II · Isjaslaf II · Joeri I Dolgoroeki · Andrei Bogoljoebski · Michail van Wladimir · Wsewolod die Groot Nes · Konstantyn · Joeri II · Jaroslaf II · Swjatoslaf III · Andrei II · Aleksander Nefski · Jaroslaf III van Twer · Wasili · Dmitri I · Andrei III · Michail · Joeri III · Dmitri II · Aleksander · Iwan I · Semjon die Trotse · Iwan II · Dmitri Donskoi · Wasili I · Wasili II · Iwan III die Grote · Wasili III
Tsare Iwan IV die Verskriklike · Fjodor I