Rjoerik-dinastie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Warangiërs in Rusland

Rjoerik-dinastie was die naam van die eerste heerser van Kiëf-Roes en sy afstammelinge. Die heersers het die titel великий князь (weliki knjaz of grootprins) en later царь (tsaar) gehad en het van die negende tot die dertiende eeu in Kiëf-Roes oor die verskillende stadstate regeer en tot in 1598 oor Moskowië en Rusland. Dit is opgevolg deur die Romanof-dinastie.

Die begin[wysig]

Rjoerik (860 - 879), ’n halflegendariese Skandinawiese Warangiër (Wiking), was die eerste heerser van die streek. Hy het die dinastie begin wat vir die volgende 700 jaar regeer het. Sy hoofstad was Nowgorod in die noorde. Sy opvolger, Oleg, het die hoofstad in omstreeks 880 na Kiëf geskuif en dus die fondament gelê vir wat later as Kiëf-Roes bekendgestaan het.

Die eerste heersers was Skandinawiërs, maar mettertyd het hulle met die Slawiese volke saamgesmelt. Die eenheid in Kiëf-Roes is later versteur, onder meer deur burgeroorloë tussen die verskeie prinse, en teen 1132 het dit begin versplinter in verskeie kleiner state.

Mongole[wysig]

Kiëf-Roes is eindelik in 1240 deur die Mongole vernietig, maar die Rjoerik-dinastie het aanhou regeer oor die verskeie prinsdomme en die opvolgerstate van Kiëf-Roes.

Lys van grootprinse[wysig]

Hier volg ’n lys van die grootprinse en tsaars van die Rjoerik-dinastie.

Grootprins Periode Heerser van Opmerkings
Rjoerik 860 - 879 Nowgorod
Oleg die Wyse 879 - 912 Kiëf-Roes
Igor die Oue 912 - 945 Kiëf-Roes
Olga die Heilige 945 - 962 Kiëf-Roes
Swjatoslaf I die Veroweraar 962 - 972 Kiëf-Roes
Jaropolk I van Kiëf 972 - 980 Kiëf-Roes
Wladimir I die Grote 980 - 1015 Kiëf-Roes
Swjatopolk I die Vervloekte 1015 - 1019 Kiëf-Roes
Jaroslaf I die Wyse 1019 - 1054 Kiëf-Roes
Izjaslaf I 1054 - 1073
+ 1076 - 1078
Kiëf-Roes
Swjatoslaf II 1073 - 1076 Kiëf-Roes
Wsevolod I 1078 - 1093 Kiëf-Roes
Swjatopolk II 1093 - 1113 Kiëf-Roes
Wladimir Monomach 1113 - 1125 Kiëf-Roes Stigter van die stad Wladimir
Mstislaf I die Grote 1125 - 1132 Kiëf-Roes
Jaropolk II 1132 - 1139 Kiëf-Roes
Wsewolod II 1139 - 1146 Kiëf-Roes
Isjaslaf II 1146 - 1154 Kiëf-Roes Met onderbrekings
Joeri die Langarm 1154 - 1157 Kiëf-Roes
Isjaslaf III 1157 - 1159 Kiëf-Roes
Rostislaf 1159 - 1167 Kiëf-Roes
Mstislav II 1167 - 1169 Kiëf-Roes
Andrei Bogoljoebski 1168 - 1174 Wladimir
Michail van Wladimir 1174 - 1176 Wladimir
Wsewolod die Groot Nes 1176 - 1212 Wladimir
Konstantyn 1212 - 1218 Wladimir
Joeri II 1218 - 1238 Wladimir
Jaroslaf II 1238 - 1246 Wladimir Mongoolse inval in 1240
Swjatoslaf III 1246 - 1249 Wladimir
Andrei II 1249 - 1252 Wladimir
Aleksander Nefski 1252 - 1263 Wladimir
Daniil 1263 - 1303 Moskowië
Jaroslaf III 1263 - 1271 Wladimir
Wasili Jaroslawitsj 1271 - 1277 Wladimir
Dimitri I 1277 - 1281
+ 1283 - 1293
Wladimir
Andrei III 1281 - 1283
+ 1293 - 1303
Wladimir
Michail 1303 - 1318 Wladimir
Joeri III Daniilowitsj 1318 - 1322 Wladimir Seun van Daniil van Moskou
Dmitri II 1322 - 1325 Wladimir
Aleksander Michailowitsj 1325 - 1327 Wladimir
Iwan I die Geldsak 1328 - 1341 Moskowië
Semjon die Trotse 1341 - 1353 Moskowië
Iwan II die Mooie 1353 - 1359 Moskowië
Dmitri Donskoi 1359 - 1389 Moskowië
Wasili I 1389 - 1425 Moskowië
Wasili II 1425 - 1462 Moskowië
Iwan III die Grote 1462 - 1505 Moskowië Eerste heerser van die hele Rusland
Wasili III 1505 - 1533 Moskowië
Iwan IV die Verskriklike 1533 - 1584 Rusland Eerste tsaar van Rusland
Fjodor I 1584 - 1598 Rusland Laaste Rjoerik-afstammeling op troon

Sien ook[wysig]

Grootprinse en tsare van die Rjoerik-dinastie
Grootprinse Rjoerik · Oleg · Igor I · Olga · Swjatoslaf I · Jaropolk I · Wladimir I die Grote · Swjatopolk I · Jaroslaf I die Wyse · Isjaslaf I · Swjatoslaf II · Wsewolod I · Swjatopolk II · Wladimir Monomach · Mstislaf I · Jaropolk II · Wsewolod II · Igor II · Isjaslaf II · Joeri I Dolgoroeki · Andrei Bogoljoebski · Michail van Wladimir · Wsewolod die Groot Nes · Konstantyn · Joeri II · Jaroslaf II · Swjatoslaf III · Andrei II · Aleksander Nefski · Jaroslaf III van Twer · Wasili · Dmitri I · Andrei III · Michail · Joeri III · Dmitri II · Aleksander · Iwan I · Semjon die Trotse · Iwan II · Dmitri Donskoi · Wasili I · Wasili II · Iwan III die Grote · Wasili III
Tsare Iwan IV die Verskriklike · Fjodor I