Canberrastadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Canberrastadion
BruceStadium19032005.JPG
Die Canberrastadion tydens 'n rugbywedstryd in 2005
Vollenaam GIO-stadion Canberra
Vorige naam(e) Brucestadion
Nasionale Atletiekstadion
Ligging Canberra, Australië
Koördinate 35°15′0″S 149°6′10″O / 35.25000°S 149.10278°O / -35.25000; 149.10278Koördinate: 35°15′0″S 149°6′10″O / 35.25000°S 149.10278°O / -35.25000; 149.10278
Geopen 1977
Renovasie 1990
Uitgebrei 1985, 1997
Eienaar Australiese Sportkommissie
Oppervlak Gras
Boukoste A$268 miljoen
Argitek Phillip Cox en Vennote
Tuisveld van Canberra Raiders (NRL) (1990–huidig)
Canberra City SC (NSL) (1977–1986)
Canberra Cosmos (NRL) (1995–2001)
Canberra Bushrangers (ABL) (1993–1995)
Brumbies (Rugby) (1996–huidig)
Kapasiteit
25 011[1]

Die Canberrastadion (ook GIO-stadion Canberra weens borgskapredes) is 'n stadion in Canberra, Australië, wat vir rugby, rugby league en sokker aangewend word en is geleë reg langs die Australiese Instituut van Sport (AIS). Die stadion is in die voorstad van Bruce wat genoem is na Stanley Bruce, voormalige Australiese eerste minister (1923–1929).

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Sydney FC speel teen Newcastle United Jets in 2006
Onthulling van die Canberrastadion se Gregan-Larkham-paviljoen op 28 April 2007

Die stadion is aanvanklik gebou met die oog op die Suidsee Spele in 1977. Daarna was dit ook die gasheer vir die 4de IAAF Atletiekwêreldbeker. Tydens die laasgenoemde byeenkoms is die wêreldrekord in die 400 m vir vroue deur die Oos-Duitser Marita Koch opgestel asook die 4x100 m aflos vir vroue. Hierdie rekords staan steeds.

In die laat 1980's is die atletiekbaan verwyder en geskuif na die opwarmstadion by die AIS. Met die nuwe reghoekige speelveld het die Canberra Raiders Rugby Leaguespan in 1990 hulle tuiswedstryde in Bruce begin speel nadat hulle meer sukses in die liga behaal het. Die verwydering van die atletiekbaan het ook meegebring dat Australiese Voetbal, meer spesifiek die Australiese Voetballiga (AFL), nou in die stadion gespeel kon word en in 1995 is die eerste AFL-wedstryd vir ligapunte tussen die Weskus Arende en Fitzroy gespeel. Daar is ook 'n aantal voorseisoenwedstryde van die AFL gespeel.

Ongeveer in hierdie tyd is ook geëksperimenteer met 'n krieketkolfblad in die middel van die speeloppervlak. Daar is 'n dag/aandwedstryd gespeel tussen twee plaaslike spanne voor 'n klein skare. Gereelde rugbywedstryde het egter nog nie plaasgevind nie.

Verdere verbeteringe is aangebring in 1997 met die oog op die Olimpiese Somerspele 2000. Die stadion het van die sokkerwedstryde aangebied wat tydens die Spele gespeel is. Hiermee is die speelveld in so 'n mate verklein dat AFL-wedstryde nie meer daar gespeel kon word nie. Die Olimpiese sokker het dus veroorsaak dat die speelveld van 'n ovaal oppervlak na 'n reghoekige oppervlak verander is. Die skare kon dus nou nader aan die aksie op die veld wees.[2]

Eienaarskap[wysig | wysig bron]

Die stadion word tans besit deur die Australiese regering deur die Australiese Sportkommissie. Dit word uitgehuur aan die regering van die Australiese Hoofstadgebied wat pogings aanwend om eienaarskap van die stadion oor te neem.

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Rugbyunie[wysig | wysig bron]

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers Skeidsregter
22 September 1998 Australië Vlag van Australië 74–0 Vlag van Tonga Tonga Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering 14 176 Steve Walsh
22 September 1998 Fidji Vlag van Fidji 26–18 Vlag van Samoa Samoa Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering 14 176 Steve Lander
24 Junie 2000 Australië Vlag van Australië 32–25 Vlag van Argentinië Argentinië Argentynse rugbytoer deur Australië en Engeland 15 072 David McHugh
15 Oktober 2003 Italië Vlag van Italië 36–12 Vlag van Tonga Tonga Rugbywêreldbeker 2003 18 967 Steve Walsh
19 Oktober 2003 Wallis Vlag van Wallis 27–20 Vlag van Tonga Tonga Rugbywêreldbeker 2003 19 806 Paul Honiss
21 Oktober 2003 Italië Vlag van Italië 19–14 Vlag van Kanada Kanada Rugbywêreldbeker 2003 20 515 Paddy O'Brien
25 Oktober 2003 Italië Vlag van Italië 15–27 Vlag van Wallis Wallis Rugbywêreldbeker 2003 22 641 Andrew Cole
13 Junie 2009 Australië Vlag van Australië 31–8 Vlag van Italië Italië 2009 midjaarrugbytoetsreeks 22 468 Romain Poite
5 Junie 2010 Australië Vlag van Australië 49–3 Vlag van Fidji Fidji 2010 midjaarrugbytoetsreeks 15 438 Peter Fitzgibbon

Rugbyliga[wysig | wysig bron]

Toets# Datum Uitslag Toeskouers Notas
1 26 Oktober 2008 Vlag van Frankryk Frankryk verslaan Vlag van Skotland Skotland met 36–18 9 287 Rugbyligawêreldbeker 2008
2 19 April 2013 Vlag van Australië Australië verslaan Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland met 32–12 25 628 2013 ANZAC toets

AFC Asië-beker 2015[wysig | wysig bron]

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
10 Januarie 2015 16:00 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 1–0 Vlag van Oman Oman Groep A 12 552
11 Januarie 2015 18:00 Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 4–1 Vlag van Katar Katar Groep C 5 513
13 Januarie 2015 18:00 Vlag van Koeweit Koeweit 0–1 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea Groep A 8 795
15 Januarie 2015 18:00 Vlag van Bahrein Bahrein 1–2 Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate Groep C 7 925
18 Januarie 2015 20:00 Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 2–1 Vlag van Noord-Korea Noord-Korea Groep B 18 457
20 Januarie 2015 18:00 Vlag van Irak Irak 2–0 Palestinian flag Palestynse Owerheid Groep D 10 235
23 Januarie 2015 17:30 Vlag van Iran Iran 3–3 (6–7 straf.) Vlag van Irak Irak Kwarteindronde 18 921

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018-kwalifisering[wysig | wysig bron]

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Toeskouers Skeidsregter
12 November 2018 20:00 Vlag van Australië Australië 3–0 Vlag van Kirgisië Kirgisië 18 921 Kim Sang-woo (Suid-Korea)

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.