FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954
FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954 (de) Championnat du Monde de Football 1954 (fr) Campionato mondiale di calcio 1954 (it) Campiunadis mundials da ballape 1954 (rm) | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Switserland |
Datums | 16 Junie – 4 Julie |
Spanne | 16 (van 4 konfederasies) |
Stadions | 6 (in 6 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Wes-Duitsland (1 titel) |
Tweede plek | Hongarye |
Derde plek | Oostenryk |
Vierde plek | Uruguay |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 26 |
Doele | 140 (5.38 per wedstryd) |
Bywoning | 889 500 (34 212 per wedstryd) |
Meeste punte | Sándor Kocsis (11 doele)[1] |
Beste speler | Ferenc Puskás |
← 1950 1958 → |
Die vyfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954; Frans: Championnat du Monde de Football 1954; Italiaans: Campionato mondiale di calcio 1954; Romansch: Campiunadis mundials da ballape 1954; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 16 Junie tot 4 Julie 1954 in Switserland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Switserland aangebied is en die derde in Europa.
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 3–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het; hierdie gebeurtenis staan in Duitsland bekend as die Wunder von Bern (“Wonderwerk van Bern”). Die Hongaarse nasionale sokkerspan is as gunsteling op die titel gehandel, terwyl die Wes-Duitse nasionale sokkerspan net as buitestaander beskou is; dit was die eerste nederlaag vir die destydse “Goue sokkerspan” ná ’n vierjaarreeks van net oorwinnings of onbesliste wedstryde. Die Wes-Duitse nasionale sokkerspan het die wêreldbekertitel vyf jaar ná die stigting van die Bondsrepubliek Duitsland in 1949 en tydens die “ekonomiese wonder van Duitsland” (Wirtschaftswunder) verower. Oostenryk het in die derde en die verdedigende kampioen Uruguay in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Skotland, Suid-Korea en Turkye het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem; Wes-Duitsland se deelname aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 word soms ook as ’n debuut beskou, alhoewel Nazi-Duitsland aan die toernooie in 1934 en 1938 deelgeneem het. Skotland en Turkye het reeds suksesvol vir die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer, maar hulle nog voor dié toernooi se afskop weer hulleself onttrek. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is ’n algehele rekord vir aangetekende doele opgestel, insluitende die hoogste gemiddelde doele wat per wedstryd behaal is, waarvan 27 doele deur die Hongaarse nasionale sokkerspan aangeteken is en 25 deur Wes-Duitsland.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Switserland is op 26 Julie 1946 in Luxemburg deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954; gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 aan Brasilië toegeken. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Dié Sokker-Wêreldbekertoernooi is oorspronklik vir 1951 beplan, maar dit is om organisatoriese redes na 1954 verskuif.[2]
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die gasheer Switserland en die verdedigende kampioen Uruguay het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is elf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, twee vir die Amerikas en een vir Asië.
Kwalifiserende spanne
[wysig | wysig bron]Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
België | 4de | 1 | 1938 | Agtste eindrondte (1934, 1938) |
Brasilië | 5de | 5 | 1950 | Naaswenner (1950) |
Engeland | 2de | 2 | 1950 | Groepfase (1950) |
Frankryk | 4de | 1 | 1938 | Kwarteindrondte (1938) |
Hongarye | 3de | 1 | 1938 | Naaswenner (1938) |
Italië | 4de | 4 | 1950 | Kampioen (1934, 1938) |
Joego-Slawië | 3de | 2 | 1950 | Vierde plek (1930) |
Meksiko | 3de | 2 | 1950 | Groepfase (1930, 1950) |
Oostenryk | 3de | 1 | 1938 | Vierde plek (1934) |
Skotland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Suid-Korea | 1ste | 1 | – | Debuut |
Switserland | 4de | 4 | 1950 | Kwarteindrondte (1934, 1938) |
Tsjeggo-Slowakye | 3de | 1 | 1938 | Naaswenner (1934) |
Turkye | 1ste | 1 | – | Debuut |
Uruguay | 3de | 2 | 1950 | Kampioen (1930, 1950) |
Wes-Duitsland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Stadions
[wysig | wysig bron]Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Basel | Bern | Genève |
---|---|---|
St. Jakob-Park | Stadion Wankdorf | Stade des Charmilles |
47°32′29″N 7°37′12″O / 47.54139°N 7.62000°O | 46°57′46″N 7°24′57″O / 46.96278°N 7.41583°O | 46°12′32.8″N 6°7′5.5″O / 46.209111°N 6.118194°O |
Kapasiteit: 51 500 | Kapasiteit: 64 000 | Kapasiteit: 9 250 |
Lausanne | Lugano | Zürich |
Stade Olympique de la Pontaise | Stadio di Cornaredo | Hardturmstadion |
46°32′1″N 6°37′30″O / 46.53361°N 6.62500°O | 46°1′25″N 8°57′42″O / 46.02361°N 8.96167°O | 47°23′35″N 8°30′17″O / 47.39306°N 8.50472°O |
Kapasiteit: 54 000 | Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 27 500 |
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is oor 19 dae tussen 16 verskillende nasies oor 26 wedstryde uitgespeel. Dit het op 16 Junie 1954 op die Stade des Charmilles in Genève met ’n wedstryd tussen Brasilië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadion Wankdorf in Bern op 4 Julie met die eindstryd tussen Hongarye en Wes-Duitsland, waartydens Wes-Duitsland die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[4]
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Vir die groepfase was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Brasilië, Engeland, Frankryk, Hongarye, Italië, Oostenryk, Spanje en Uruguay. Teen einde van minder wedstryde en om ’n vroeë uitskakeling van gunstelingspanne – wat glo meer toeskouers sou aanlok – te verhoed, het elke groep uit twee vaste en twee ander spanne bestaan, wat nie teen mekaar moes speel nie. Nadat Spanje nie gekwalifiseer het nie, is sy plek deur Turkye ingeneem wat sodoende teen sterker spanne as verwag te staan gekom het.
Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As die eerste twee spanne gelyk op punte was, is hul rangorde deur loting bepaal, as die twee en derde span gelyk op punte was, moes hulle in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar speel. Eers in latere toernooie is weer die aantal doele ingespan om spanne se rangorde te bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen ander groepwenners en naaswenners teen ander naaswenners in die kwarteindstryde gespeel.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sal ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die kwarteindrondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 30 November 1953 in die Saint Gotthard Hotel in Zürich gehou.
Groepfase
[wysig | wysig bron]16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 2 | 1 | 1 | 0 | 6 | 1 | +5 | 3 |
Joego-Slawië | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | 1 | +1 | 3 |
Frankryk | 2 | 1 | 0 | 1 | 3 | 3 | ±0 | 2 |
Meksiko | 2 | 0 | 0 | 2 | 2 | 8 | –6 | 0 |
- Brasilië het bo Joego-Slawië geëindig weens loting.
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Brasilië | 5–0 | Meksiko | Stade des Charmilles, Genève Toeskouers: 13 000 Skeidsregter: Raymon Wyssling (Switserland) | |
Baltazar 23' Didi 30' Pinga 34', 43' Julinho 69' |
Verslag |
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Joego-Slawië | 1–0 | Frankryk | Stade Olympique de la Pontaise, Lausanne Toeskouers: 27 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
Milutinović 15' | Verslag |
19 Junie 1954 17:00 | ||||
Brasilië | 1–1 (e.t.) | Joego-Slawië | Stade Olympique de la Pontaise, Lausanne Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: Charlie Faultless (Skotland) | |
Didi 69' | Verslag | 48' Zebec |
19 Junie 1954 17:10 | ||||
Frankryk | 3–2 | Meksiko | Stade des Charmilles, Genève Toeskouers: 19 000 Skeidsregter: Manuel Asensi (Spanje) | |
Vincent 19' Cárdenas 49' (e.d.) Kopa 88' (straf) |
Verslag | 54' Lamadrid 85' Balcázar |
Groep 2
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Hongarye | 2 | 2 | 0 | 0 | 17 | 3 | +14 | 4 |
Wes-Duitsland | 2 | 1 | 0 | 1 | 7 | 9 | –2 | 2 |
Turkye | 2 | 1 | 0 | 1 | 8 | 4 | +4 | 2 |
Suid-Korea | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 16 | –16 | 0 |
- Wes-Duitsland het bo Turkye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
17 Junie 1954 18:00 | ||||
Wes-Duitsland | 4–1 | Turkye | Stadion Wankdorf, Bern Toeskouers: 39 000 Skeidsregter: Jose da Costa Vieira (Portugal) | |
Schäfer 14' Klodt 52' O. Walter 60' Morlock 84' |
Verslag | 2' Suat |
17 Junie 1954 18:00 | ||||
Hongarye | 9–0 | Suid-Korea | Hardturmstadion, Zürich Toeskouers: 18 000 Skeidsregter: Raymond Vincenti (Frankryk) | |
Puskás 12', 89' Lantos 18' Kocsis 24', 36', 50' Czibor 59' Palotás 75', 83' |
Verslag |
20 Junie 1954 16:50 | ||||
Hongarye | 8–3 | Wes-Duitsland | St. Jakob-Park, Basel Toeskouers: 65 000 Skeidsregter: William Ling (Engeland) | |
Kocsis 3', 21', 69', 78' Puskás 17' Hidegkuti 52', 54' J. Tóth 75' |
Verslag | 25' Pfaff 77' Rahn 84' Herrmann |
20 Junie 1954 17:00 | ||||
Turkye | 7–0 | Suid-Korea | Stade des Charmilles, Genève Toeskouers: 3 000 Skeidsregter: Esteban Marino (Uruguay) | |
Suat 10', 30' Lefter 24' Burhan 37', 64', 70' Erol 76' |
Verslag |
- Uitspeelwedstryd
23 Junie 1954 18:00 | ||||
Wes-Duitsland | 7–2 | Turkye | Hardturmstadion, Zürich Toeskouers: 18 000 Skeidsregter: Raymond Vincenti (Frankryk) | |
O. Walter 7' Schäfer 12', 79' Morlock 30', 60', 77' F. Walter 62' |
Verslag | 21' Mustafa 82' Lefter |
Groep 3
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Uruguay | 2 | 2 | 0 | 0 | 9 | 0 | +9 | 4 |
Oostenryk | 2 | 2 | 0 | 0 | 6 | 0 | +6 | 4 |
Tsjeggo-Slowakye | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 7 | –7 | 0 |
Skotland | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 8 | –8 | 0 |
- Uruguay het bo Oostenryk geëindig weens loting.
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Uruguay | 2–0 | Tsjeggo-Slowakye | Stadion Wankdorf, Bern Toeskouers: 20 500 Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland) | |
Míguez 72' Schiaffino 81' |
Verslag |
16 Junie 1954 18:00 | ||||
Oostenryk | 1–0 | Skotland | Hardturmstadion, Zürich Toeskouers: 30 000 Skeidsregter: Laurent Franken (België) | |
Probst 33' | Verslag |
19 Junie 1954 16:50 | ||||
Uruguay | 7–0 | Skotland | St. Jakob-Park, Basel Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië) | |
Borges 17', 47', 57' Míguez 30', 83' Abbadie 54', 85' |
Verslag |
19 Junie 1954 17:00 | ||||
Oostenryk | 5–0 | Tsjeggo-Slowakye | Hardturmstadion, Zürich Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Vasa Stefanovic (Joego-Slawië) | |
Stojaspal 3', 70' Probst 4', 21', 24' |
Verslag |
Groep 4
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 6 | 4 | +2 | 3 |
Switserland | 2 | 1 | 0 | 1 | 2 | 3 | –1 | 2 |
Italië | 2 | 1 | 0 | 1 | 5 | 3 | +2 | 2 |
België | 2 | 0 | 1 | 1 | 5 | 8 | –3 | 1 |
- Switserland het bo Italië geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
17 Junie 1954 17:50 | ||||
Switserland | 2–1 | Italië | Stade Olympique de la Pontaise, Lausanne Toeskouers: 43 000 Skeidsregter: Mario Vianna (Brasilië) | |
Ballaman 18' Hügi 78' |
Verslag | 44' Boniperti |
17 Junie 1954 18:10 | ||||
Engeland | 4–4 | België | St. Jakob-Park, Basel Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: Emil Schmetzer (Wes-Duitsland) | |
Broadis 26', 63' Lofthouse 36', 91' |
Verslag | 5', 71' Anoul 67' Coppens 94' (e.d.) Dickinson |
20 Junie 1954 17:00 | ||||
Italië | 4–1 | België | Stadio di Cornaredo, Lugano Toeskouers: 26 000 Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk) | |
Pandolfini 41' (straf) Galli 48' Frignani 58' Lorenzi 78' |
Verslag | 81' Anoul |
20 Junie 1954 17:10 | ||||
Engeland | 2–0 | Switserland | Stadion Wankdorf, Bern Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Mullen 43' Wilshaw 69' |
Verslag |
- Uitspeelwedstryd
23 Junie 1954 18:00 | ||||
Switserland | 4–1 | Italië | St. Jakob-Park, Basel Toeskouers: 30 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
Hügi 14', 85' Ballaman 48' Fatton 90' |
Verslag | 67' Nesti |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
27 Junie – Bern | ||||||||||
Brasilië | 2 | |||||||||
30 Junie – Lausanne | ||||||||||
Hongarye | 4 | |||||||||
Hongarye | 4 | |||||||||
26 Junie – Basel | ||||||||||
Uruguay | 2 | |||||||||
Uruguay | 4 | |||||||||
4 Julie – Bern | ||||||||||
Engeland | 2 | |||||||||
Hongarye | 2 | |||||||||
27 Junie – Genève | ||||||||||
Wes-Duitsland | 3 | |||||||||
Joego-Slawië | 0 | |||||||||
30 Junie – Basel | ||||||||||
Wes-Duitsland | 2 | |||||||||
Wes-Duitsland | 6 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
26 Junie – Lausanne | ||||||||||
Oostenryk | 1 | 3 Julie – Zürich | ||||||||
Oostenryk | 7 | |||||||||
Uruguay | 1 | |||||||||
Switserland | 5 | |||||||||
Oostenryk | 3 | |||||||||
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]26 Junie 1954 17:00 | ||||
Oostenryk | 7–5 | Switserland | Stade Olympique de la Pontaise, Lausanne Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Charlie Faultless (Skotland) | |
Wagner 25', 27', 53' R. Körner 26', 34' Ocwirk 32' Probst 76' |
Verslag | 16', 39' Ballaman 17', 19', 58' Hügi |
26 Junie 1954 17:00 | ||||
Uruguay | 4–2 | Engeland | St. Jakob-Park, Basel Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk) | |
Borges 5' Varela 39' Schiaffino 46' Ambrois 78' |
Verslag | 16' Lofthouse 67' Finney |
27 Junie 1954 17:00 | ||||
Brasilië | 2–4 | Hongarye | Stadion Wankdorf, Bern Toeskouers: 60 000 Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland) | |
Djalma Santos 18' (straf) Julinho 65' |
Verslag | 4' Hidegkuti 7', 88' Kocsis 60' (straf) Lantos |
27 Junie 1954 17:00 | ||||
Joego-Slawië | 0–2 | Wes-Duitsland | Stade des Charmilles, Genève Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Verslag | 9' (e.d.) Horvat 85' Rahn |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]30 Junie 1954 18:00 | ||||
Hongarye | 4–2 (e.t.) | Uruguay | Stade Olympique de la Pontaise, Lausanne Toeskouers: 37 000 Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis) | |
Czibor 13' Hidegkuti 46' Kocsis 111', 116' |
Verslag | 75', 86' Hohberg |
30 Junie 1954 18:00 | ||||
Wes-Duitsland | 6–1 | Oostenryk | St. Jakob-Park, Basel Toeskouers: 58 000 Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië) | |
Schäfer 31' Morlock 47' F. Walter 54' (straf), 64' (straf) O. Walter 61', 89' |
Verslag | 51' Probst |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]3 Julie 1954 17:00 | ||||
Uruguay | 1–3 | Oostenryk | Hardturmstadion, Zürich Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Raymon Wyssling (Switserland) | |
Hohberg 22' | Verslag | 16' (straf) Stojaspal 59' (e.d.) Cruz 89' Ocwirk |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]4 Julie 1954 17:00 | ||||
Hongarye | 2–3 | Wes-Duitsland | Stadion Wankdorf, Bern Toeskouers: 60 000 Skeidsregter: William Ling (Engeland) | |
Puskás 6' Czibor 8' |
Verslag | 10' Morlock 18' 84' Rahn |
Sokkerwêreldkampioen 1954 |
---|
Wes-Duitsland |
FIFA se terugwerkende ranglys
[wysig | wysig bron]In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1954-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Wes-Duitsland | 2 | 6 | 5 | 0 | 1 | 25 | 14 | +11 | 10 |
2 | Hongarye | 2 | 5 | 4 | 0 | 1 | 27 | 10 | +17 | 8 |
3 | Oostenryk | 3 | 5 | 4 | 0 | 1 | 17 | 12 | +5 | 8 |
4 | Uruguay | 3 | 5 | 3 | 0 | 2 | 16 | 9 | +7 | 6 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Switserland | 4 | 4 | 2 | 0 | 2 | 11 | 11 | ±0 | 4 |
6 | Brasilië | 1 | 3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 5 | +3 | 3 |
7 | Engeland | 4 | 3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 8 | ±0 | 3 |
8 | Joego-Slawië | 1 | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 3 | −1 | 3 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Turkye | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 10 | 11 | −1 | 2 |
10 | Italië | 4 | 3 | 1 | 0 | 2 | 6 | 7 | −1 | 2 |
11 | Frankryk | 1 | 2 | 1 | 0 | 1 | 3 | 3 | ±0 | 2 |
12 | België | 4 | 2 | 0 | 1 | 1 | 5 | 8 | −3 | 1 |
13 | Meksiko | 1 | 2 | 0 | 0 | 2 | 2 | 8 | −6 | 0 |
14 | Tsjeggo-Slowakye | 3 | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 7 | −7 | 0 |
15 | Skotland | 3 | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 8 | −8 | 0 |
16 | Suid-Korea | 2 | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 16 | −16 | 0 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:[1]
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2021. Besoek op 17 Mei 2021.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op 9 Julie 2014.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op 16 Julie 2014.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954. |
- (en) fifa.com: Switzerland 1954: Another underdog triumph
- (en) worldcup-history.com: Switzerland, 1954
- (en) rsssf.com: World Cup 1954