FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
FIFA Sokker-Wêreldbeker
Copa Mundial de Fútbol – México 70
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Meksiko Meksiko
Datums 31 Mei – 21 Junie
Spanne 16 (van 5 konfederasies)
Stadions (in 5 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (3 titels)
Tweede plek Vlag van Italië Italië
Derde plek Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland
Vierde plek Vlag van Uruguay Uruguay
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 32
Doele 95 (2.97 per wedstryd)
Bywoning 1 604 065 (50 127 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Wes-Duitsland Gerd Müller (10 doele)
Beste speler Vlag van Brasilië Pelé
1966
1974

Die 9de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Copa Mundial de Fútbol – México 70; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 31 Mei tot 21 Junie 1970 in Meksiko aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Meksiko aangebied is en die eerste in Noord-Amerika. Ná die Olimpiese Somerspele 1968 in Meksikostad was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 die tweede groot sportkompetisie in Meksiko.

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Die tweemalige kampioen Brasilië wen die trofee nadat hulle Italië, 'n ander tweemalige kampioen, met 4–1 in die eindstryd klop en sodoende hulle derde wêreldbeker inpalm. Brasilië kon daarmee die Jules Rimet-trofee permanent behou en met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is 'n nuwe trofee bekend gestel. Wes-Duitsland eindig in die derde en Uruguay in die vierde plek.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omrede hulle nie 'n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van El Salvador, Israel en Marokko het vir die eerste keer aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Meksiko is op 8 Oktober 1964 in Tokio deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970. Die enigste ander kandidaatland was Argentinië.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970[1]
Land Rondte 1
Vlag van Meksiko Meksiko 56
Vlag van Argentinië Argentinië 32

Kwalifisering[wysig | wysig bron]

Die gasheer Meksiko en die verdedigende kampioen Engeland het outomaties vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is ag vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika), een elk vir CAF (Afrika) en CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) asook een gedeelte vir AFC (Asië) en OFC (Oseanië).

Noemenswaardige lande wat nie kon kwalifiseer nie sluit in Argentinië, tot dusver die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat hulle misgeloop het.

Kwalifiserende spanne[wysig | wysig bron]

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer[2]:

Uitslag van die kwalifikasie:

   Land kwalifiseer vir Wêreldbeker

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Geen deelname

   Nie 'n geassosieerde lid van FIFA nie

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van België België 5de 1 1954 Agtste eindrondte (1934, 1938)
Vlag van Brasilië Brasilië 9de 9 1966 Kampioen (1958, 1962)
Vlag van Bulgarye Bulgarye 3de 3 1966 Groepfase (1962, 1966)
Vlag van El Salvador El Salvador 1ste 1 Debuut
Vlag van Engeland Engeland 6de 6 1966 Kampioen (1966)
Vlag van Israel Israel 1ste 1 Debuut
Vlag van Italië Italië 7de 3 1966 Kampioen (1934, 1938)
Vlag van Marokko Marokko 1ste 1 Debuut
Vlag van Meksiko Meksiko 7de 6 1966 Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958, 1962, 1966)
Vlag van Peru Peru 2de 1 1930 Groepfase (1930)
Vlag van Roemenië Roemenië 4de 1 1938 Agtste eindrondte (1934, 1938)
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 4de 4 1966 Vierde plek (1966)
Vlag van Swede Swede 5de 1 1958 Naaswenner (1958)
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 6de 1 1962 Naaswenner (1934, 1962)
Vlag van Uruguay Uruguay 6de 3 1966 Kampioen (1930, 1950)
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 7de 5 1966 Kampioen (1954)

Stadions[wysig | wysig bron]

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Meksikostad
Estadio Azteca
Kapasiteit: 110 000
Panorama Estadio Azteca football game Club America.jpg
Guadalajara
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 (Meksiko)
Puebla de Zaragoza
Estadio Jalisco Estadio Cuauhtémoc
Kapasiteit: 71 100 Kapasiteit: 35 563
Estadio jalisco.jpg El Estadio Cuauhtémoc.jpg
León Toluca
Estadio Nou Camp Estadio Luis Dosal
Kapasiteit: 23 609 Kapasiteit: 26 900
EstadioLeon.jpg Nemesio diez.JPG

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Die wedstryde was in twee fases opgedeel, naamlik die groepuitdunne en die uitklopfase. Die loting is op 10 Januarie 1970 in die Maria Isabel Sheraton Hotel van Meksikostad gehou.

Groepuitdunne[wysig | wysig bron]

16 spanne het aan die groepuitdunne deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep dring na die tweede rondte (die uitklopfase) deur.

Groep 1[wysig | wysig bron]

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 3 2 1 0 6 1 +5 5
Vlag van Meksiko Meksiko 3 2 1 0 5 0 +5 5
Vlag van België België 3 1 0 2 4 5 –1 2
Vlag van El Salvador El Salvador 3 0 0 3 0 9 –9 0

31 Mei 1970
12:00
Vlag van Meksiko Meksiko 0–0 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 107 160
Skeidsregter: Kurt Tschenscher (Wes-Duitsland)
Verslag

3 Junie 1970
16:00
Vlag van België België 3–0 Vlag van El Salvador El Salvador Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 92 205
Skeidsregter: Andrei Rădulescu (Roemenië)
Van Moer Doelpunt na 12 minute 12', Doelpunt na 54 minute 54'
Lambert Doelpunt na 76 minute 76' (straf)
Verslag

6 Junie 1970
16:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 4–1 Vlag van België België Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 95 261
Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland)
Byshowets Doelpunt na 14 minute 14', Doelpunt na 63 minute 63'
Asatiani Doelpunt na 57 minute 57'
Khmelnytskyi Doelpunt na 76 minute 76'
Verslag Doelpunt na 86 minute 86' Lambert

7 Junie 1970
12:00
Vlag van Meksiko Meksiko 4–0 Vlag van El Salvador El Salvador Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 103 058
Skeidsregter: Ali Kandil (Egipte)
Valdivia Doelpunt na 45 minute 45', Doelpunt na 46 minute 46'
Fragoso Doelpunt na 58 minute 58'
Basaguren Doelpunt na 83 minute 83'
Verslag

10 Junie 1970
16:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 2–0 Vlag van El Salvador El Salvador Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 89 979
Skeidsregter: Rafael Hormazábal Díaz (Chili)
Byshowets Doelpunt na 51 minute 51', Doelpunt na 74 minute 74' Verslag

11 Junie 1970
16:00
Vlag van Meksiko Meksiko 1–0 Vlag van België België Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 108 192
Skeidsregter: Ángel Norberto Coerezza (Argentinië)
Peña Doelpunt na 14 minute 14' (straf) Verslag

Groep 2[wysig | wysig bron]

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
Vlag van Italië Italië 3 1 2 0 1 0 +1 4
Vlag van Uruguay Uruguay 3 1 1 1 2 1 +1 3
Vlag van Swede Swede 3 1 1 1 2 2 ±0 3
Vlag van Israel Israel 3 0 2 1 1 3 –2 2

2 Junie 1970
16:00
Vlag van Uruguay Uruguay 2–0 Vlag van Israel Israel Estadio Cuauhtémoc, Puebla de Zaragoza
Toeskouers: 20 654
Skeidsregter: Bobby Davidson (Skotland)
Maneiro Doelpunt na 23 minute 23'
Mujica Doelpunt na 50 minute 50'
Verslag

3 Junie 1970
16:00
Vlag van Italië Italië 1–0 Vlag van Swede Swede Estadio Luis Dosal, Toluca
Toeskouers: 13 433
Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland)
Domenghini Doelpunt na 10 minute 10' Verslag

6 Junie 1970
16:00
Vlag van Uruguay Uruguay 0–0 Vlag van Italië Italië Estadio Cuauhtémoc, Puebla de Zaragoza
Toeskouers: 29 968
Skeidsregter: Rudi Glöckner (DDR)
Verslag

7 Junie 1970
12:00
Vlag van Swede Swede 1–1 Vlag van Israel Israel Estadio Luis Dosal, Toluca
Toeskouers: 9 624
Skeidsregter: Seyoum Tarekegn (Ethiopië)
Turesson Doelpunt na 53 minute 53' Verslag Doelpunt na 56 minute 56' Spiegler

10 Junie 1970
16:00
Vlag van Uruguay Uruguay 0–1 Vlag van Swede Swede Estadio Cuauhtémoc, Puebla de Zaragoza
Toeskouers: 18 163
Skeidsregter: Henry Landauer (VSA)
Verslag Doelpunt na 90 minute 90' Grahn

11 Junie 1970
16:00
Vlag van Israel Israel 0–0 Vlag van Italië Italië Estadio Luis Dosal, Toluca
Toeskouers: 9 890
Skeidsregter: Ayrton Vieira de Moraes (Brasilië)
Verslag

Groep 3[wysig | wysig bron]

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
Vlag van Brasilië Brasilië 3 3 0 0 8 3 +5 6
Vlag van Engeland Engeland 3 2 0 1 2 1 +1 4
Vlag van Roemenië Roemenië 3 1 0 2 4 5 –1 2
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 3 0 0 3 2 7 –5 0

2 Junie 1970
16:00
Vlag van Roemenië Roemenië 0–1 Vlag van Engeland Engeland Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 50 560
Skeidsregter: Vital Loraux (België)
Verslag Doelpunt na 65 minute 65' Hurst

3 Junie 1970
16:00
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 1–4 Vlag van Brasilië Brasilië Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 52 897
Skeidsregter: Ramón Barreto (Uruguay)
Petráš Doelpunt na 11 minute 11' Verslag Doelpunt na 24 minute 24' Rivelino
Doelpunt na 59 minute 59' Pelé
Doelpunt na 61 minute 61', Doelpunt na 83 minute 83' Jairzinho

6 Junie 1970
16:00
Vlag van Roemenië Roemenië 2–1 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 56 818
Skeidsregter: Diego De Leo (Meksiko)
Neagu Doelpunt na 52 minute 52'
Dumitrache Doelpunt na 75 minute 75' (straf)
Verslag Doelpunt na 5 minute 5' Petráš

7 Junie 1970
12:00
Vlag van Engeland Engeland 0–1 Vlag van Brasilië Brasilië Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 66 843
Skeidsregter: Abraham Klein (Israel)
Verslag Doelpunt na 59 minute 59' Jairzinho

10 Junie 1970
16:00
Vlag van Roemenië Roemenië 2–3 Vlag van Brasilië Brasilië Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 50 804
Skeidsregter: Ferdinand Marschall (Oostenryk)
Dumitrache Doelpunt na 34 minute 34'
Dembrovschi Doelpunt na 84 minute 84'
Verslag Doelpunt na 19 minute 19', Doelpunt na 67 minute 67' Pelé
Doelpunt na 22 minute 22' Jairzinho

11 Junie 1970
16:00
Vlag van Engeland Engeland 1–0 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 49 292
Skeidsregter: Roger Machin (Frankryk)
Clarke Doelpunt na 50 minute 50' (straf) Verslag

Groep 4[wysig | wysig bron]

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 3 3 0 0 10 4 +6 6
Vlag van Peru Peru 3 2 0 1 7 5 +2 4
Vlag van Bulgarye Bulgarye 3 0 1 2 5 9 –4 1
Vlag van Marokko Marokko 3 0 1 2 2 6 –4 1

2 Junie 1970
16:00
Vlag van Peru Peru 3–2 Vlag van Bulgarye Bulgarye Estadio Nou Camp, León
Toeskouers: 13 765
Skeidsregter: Antonio Sbardella (Italië)
Gallardo Doelpunt na 50 minute 50'
Chumpitaz Doelpunt na 55 minute 55'
Cubillas Doelpunt na 73 minute 73'
Verslag Doelpunt na 13 minute 13' Dermendzhief
Doelpunt na 49 minute 49' Bonef

3 Junie 1970
16:00
Vlag van Marokko Marokko 1–2 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Estadio Nou Camp, León
Toeskouers: 12 942
Skeidsregter: Laurens van Ravens (Nederland)
Jarir Doelpunt na 21 minute 21' Verslag Doelpunt na 56 minute 56' Seeler
Doelpunt na 80 minute 80' Müller

6 Junie 1970
16:00
Vlag van Peru Peru 3–0 Vlag van Marokko Marokko Estadio Nou Camp, León
Toeskouers: 13 537
Skeidsregter: Tofiq Bahramof (Sowjetunie)
Cubillas Doelpunt na 65 minute 65', Doelpunt na 75 minute 75'
Challe Doelpunt na 67 minute 67'
Verslag

7 Junie 1970
12:00
Vlag van Bulgarye Bulgarye 2–5 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Estadio Nou Camp, León
Toeskouers: 12 710
Skeidsregter: José María Ortiz de Mendibil (Spanje)
Nikodimof Doelpunt na 12 minute 12'
Kolef Doelpunt na 89 minute 89'
Verslag Doelpunt na 20 minute 20' Libuda
Doelpunt na 27 minute 27', Doelpunt na 52 minute 52' (straf), Doelpunt na 88 minute 88' Müller
Doelpunt na 67 minute 67' Seeler

10 Junie 1970
16:00
Vlag van Peru Peru 1–3 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Estadio Nou Camp, León
Toeskouers: 17 875
Skeidsregter: Abel Aguilar Elizalde (Meksiko)
Cubillas Doelpunt na 44 minute 44' Verslag Doelpunt na 19 minute 19', Doelpunt na 26 minute 26', Doelpunt na 39 minute 39' Müller

11 Junie 1970
16:00
Vlag van Bulgarye Bulgarye 1–1 Vlag van Marokko Marokko Estadio Nou Camp, León
Toeskouers: 12 299
Skeidsregter: Antonio Ribeiro Saldanha (Portugal)
Zhechef Doelpunt na 40 minute 40' Verslag Doelpunt na 61 minute 61' Ghazouani

Uitklopfase[wysig | wysig bron]

Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
14 Junie – Meksikostad        
 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie  0
17 Junie – Guadalajara
 Vlag van Uruguay Uruguay  1  
 Vlag van Uruguay Uruguay  1
14 Junie – Guadalajara
   Vlag van Brasilië Brasilië  3  
 Vlag van Brasilië Brasilië  4
21 Junie – Meksikostad
 Vlag van Peru Peru  2  
 Vlag van Brasilië Brasilië  4
14 Junie – Toluca
   Vlag van Italië Italië  1
 Vlag van Italië Italië  4
17 Junie – Meksikostad
 Vlag van Meksiko Meksiko  1  
 Vlag van Italië Italië  4 derde plek
14 Junie – León
   Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  3   20 Junie – Meksikostad
 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  3
   Vlag van Uruguay Uruguay  0
 Vlag van Engeland Engeland  2  
 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  1

Kwarteindrondte[wysig | wysig bron]


14 Junie 1970
12:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 0–1 (e.t.) Vlag van Uruguay Uruguay Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 26 085
Skeidsregter: Laurens van Ravens (Nederland)
Verslag Doelpunt na 117 minute 117' Espárrago

14 Junie 1970
12:00
Vlag van Italië Italië 4–1 Vlag van Meksiko Meksiko Estadio Luis Dosal, Toluca
Toeskouers: 26 851
Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland)
Guzmán Doelpunt na 25 minute 25' (e.d.)
Riva Doelpunt na 63 minute 63', Doelpunt na 76 minute 76'
Rivera Doelpunt na 70 minute 70'
Verslag Doelpunt na 13 minute 13' González

14 Junie 1970
12:00
Vlag van Brasilië Brasilië 4–2 Vlag van Peru Peru Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 54 233
Skeidsregter: Vital Loraux (België)
Rivelino Doelpunt na 11 minute 11'
Tostão Doelpunt na 15 minute 15', Doelpunt na 52 minute 52'
Jairzinho Doelpunt na 75 minute 75'
Verslag Doelpunt na 28 minute 28' Gallardo
Doelpunt na 70 minute 70' Cubillas

14 Junie 1970
12:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 3–2 (e.t.) Vlag van Engeland Engeland Estadio Nou Camp, León
Toeskouers: 23 357
Skeidsregter: Ángel Norberto Coerezza (Argentinië)
Beckenbauer Doelpunt na 68 minute 68'
Seeler Doelpunt na 82 minute 82'
Müller Doelpunt na 108 minute 108'
Verslag Doelpunt na 31 minute 31' Mullery
Doelpunt na 49 minute 49' Peters

Halfeindrondte[wysig | wysig bron]


17 Junie 1970
16:00
Vlag van Uruguay Uruguay 1–3 Vlag van Brasilië Brasilië Estadio Jalisco, Guadalajara
Toeskouers: 51 261
Skeidsregter: José María Ortiz de Mendibil (Spanje)
Cubilla Doelpunt na 19 minute 19' Verslag Doelpunt na 44 minute 44' Clodoaldo
Doelpunt na 76 minute 76' Jairzinho
Doelpunt na 89 minute 89' Rivelino

17 Junie 1970
16:00
Vlag van Italië Italië 4–3 (e.t.) Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 102 444
Skeidsregter: Arturo Yamasaki (Meksiko)
Boninsegna Doelpunt na 8 minute 8'
Burgnich Doelpunt na 98 minute 98'
Riva Doelpunt na 104 minute 104'
Rivera Doelpunt na 111 minute 111'
Verslag Doelpunt na 90 minute 90' Schnellinger
Doelpunt na 94 minute 94', Doelpunt na 110 minute 110' Müller

Klein finale (vir die derde plek)[wysig | wysig bron]


20 Junie 1970
16:00
Vlag van Uruguay Uruguay 0–1 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 104 403
Skeidsregter: Antonio Sbardella (Italië)
Verslag Doelpunt na 26 minute 26' Overath

Eindstryd[wysig | wysig bron]


21 Junie 1970
12:00
Vlag van Brasilië Brasilië 4–1 Vlag van Italië Italië Estadio Azteca, Meksikostad
Toeskouers: 107 412
Skeidsregter: Rudi Glöckner (DDR)
Pelé Doelpunt na 18 minute 18'
Gérson Doelpunt na 66 minute 66'
Jairzinho Doelpunt na 71 minute 71'
Carlos Alberto Doelpunt na 86 minute 86'
Verslag Doelpunt na 37 minute 37' Boninsegna
1970 Wêreldkampioen
Vlag van Brasilië Brasilië

FIFA se terugwerkende ranglys[wysig | wysig bron]

In 1986 het FIFA 'n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[3][4] Die ranglys vir die 1970-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepuitdunne

   Geen deelname

     Gasheerland Meksiko
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
1 Vlag van Brasilië Brasilië 3 6 6 0 0 19 7 +12 12
2 Vlag van Italië Italië 2 6 3 2 1 10 8 +2 8
3 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 4 6 5 0 1 17 10 +7 10
4 Vlag van Uruguay Uruguay 2 6 2 1 3 4 5 −1 5
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 1 4 2 1 1 6 2 +4 5
6 Vlag van Meksiko Meksiko 1 4 2 1 1 6 4 +2 5
7 Vlag van Peru Peru 4 4 2 0 2 9 9 ±0 4
8 Vlag van Engeland Engeland 3 4 2 0 2 4 4 ±0 4
In die groepfase uitgeskakel
9 Vlag van Swede Swede 2 3 1 1 1 2 2 ±0 3
10 Vlag van België België 1 3 1 0 2 4 5 −1 2
11 Vlag van Roemenië Roemenië 3 3 1 0 2 4 5 −1 2
12 Vlag van Israel Israel 2 3 0 2 1 1 3 −2 2
13 Vlag van Bulgarye Bulgarye 4 3 0 1 2 5 9 −4 1
14 Vlag van Marokko Marokko 4 3 0 1 2 2 6 −4 1
15 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 3 3 0 0 3 2 7 −5 0
16 Vlag van El Salvador El Salvador 1 3 0 0 3 0 9 −9 0

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Besoek op 14 Julie 2018. 
  2. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Oktober 2013. 
  3. (en) "page 45" (PDF). Besoek op 14 Julie 2018. 
  4. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Mei 2013. 

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Sokker-Wêreldbekertoernooie FIFA Logo (2010).svg

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 20262030