Koffie-klysma

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Star of life caution.svg

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
'n Beter manier om koffie te gebruik

'n Koffie-klysma is die prosedure waarmee koffie deur die anus gespuit word om die rektum en dikderm te reinig. Daar is geen mediese, wetenskaplike bewyse vir 'n positiewe gesondheidsuitslag vir koffie-klysma nie. Die proses kan lei tot bloedvergiftiging, erge elektrolietwanbalans, kolitis, proktokolitis, interne brandwonde, rektale perforasie, en selfs brein-absesse of hartversaking.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Alhoewel die idee van kolonreiniging van uit die tydperk van die antieke Egiptenare dateer,[1] is die idee van koffie as 'n klysma-verwante stof nie nuut nie. Dit is in 1917 ontwikkel en verskyn tot 1972 in die Merck-handboek.[2]

In 1920 het Duitse wetenskaplikes die effek van kafeïen op die galbuise en dunderm ondersoek. Max Gerson het voorgestel dat koffie-klysmas 'n positiewe uitwerking op die spysverteringstelsel het. Gerson het gesê dat koffie-klysma's positiewe ontgiftingseffekte gehad het wat bygedra het tot die herstel van sy pasiënte. Hy het beweer dat, in teenstelling met soutklysmas, koffie in die klysma deur die gladdespier van die dunderm en en die lewer beweeg. Dit, het hy gesê, het die outonome senuweestelsel op dieselfde manier gestimuleer as wat kafeïen doen wanneer dit oraal ingeneem word en die vrystelling van gal in die lewer geaktiveer word, die spysverteringskanaal nog meer skoon gemaak word en meer gifstowwe verwyder word as 'n normale klysma. Hy het gereeld aan sy pasiënte gesê dat die "koffie-klymas nie gegee word vir die werking van die ingewande nie, maar om die lewer te stimuleer."[2]

Die beoefening van kolonreiniging het in die negentigerjare 'n herlewing beleef, en op hierdie tydstip is koffie-klysmas gebruik as alternatiewe kankerbehandelings.[3]

Gevolge en gevare[wysig | wysig bron]

Sommige voorstanders van alternatiewe medisyne het beweer dat koffie-klysmas 'n vinnige ontgiftingseffek het deur metaboliese produkte van gewasse te "ontgif".[4] Daar is geen medies-wetenskaplike bewyse om enige ontgifting of teenkanker-effek van koffie-klysmas te ondersteun nie.[5][6]

Koffie-klysmas kan ernstige newe-effekte veroorsaak (sommige is algemeen by ander soorte klysmas), insluitend infeksies, bloedvergiftiging, erge elektrolietwanbalans, kolitis, proktokolitis, ingewandskoors, breinbesmetting en hartversaking.[4][7][8][9][10][11][12]

As die koffie te vinnig ingevoeg word of te warm is, kan dit innerlike verbranding[13] of perforasie van die rektum veroorsaak.[14]

As koffie so gereeld as elke twee uur toegedien word, is dit bewys dat dit verband hou met twee gevalle van sterftes as gevolg van ernstige elektrolietwanbalans, hiponatremie (tekort aan natrium), dehidrasie, pleusiele effusie (water om die longe) en perikardiale effusie (water om die hart).[8][15]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Kolonterapie (Engels). Amerikaanse Kankervereniging. Argief geskep van die oorspronklike op 24 April 2015. URL besoek op 10 Oktober 2019.
  2. 2,0 2,1 Moss, R.W. (1996). The Cancer Industry: The Classic Exposé on the Cancer Establishment (in Engels). Equinox Press. ISBN 978-1-881025-09-2. Besoek op 10 Oktober 2019.
  3. (Junie 1997) “Kolonale besproeiing en die teorie van outo-toksisasie: 'n triomf van onkunde oor wetenskap.” (in Engels). Journal of Clinical Gastroenterology 24 (4): 196–198. doi:10.1097/00004836-199706000-00002.
  4. 4,0 4,1 Lee, C.; Song, S.; Jeon, J.; Sung, M.; Cheung, D.; Kim, J.; Lee, Y. (2008). “Koffie-klysma veroorsaak akute kolitis” (in Engels). The Korean Journal of Gastroenterology 52 (4): 251–254.
  5. Shils ME, Hermann MG (April 1982). “Onbewese voedingsaansprake in die behandeling van kankerpasiënte” (in Engels). Bull N Y Acad Med 58 (3): 323–40.
  6. Cassileth B (Februarie 2010). “Gerson regimen” (in Engels). Oncology 24 (2): 201.
  7. (1984) “Polymicrobial enteric septicemia from coffee enemas” (in Engels). The Western Journal of Medicine 140 (3): 460.
  8. 8,0 8,1 Eisele, J.; Reay, D. (1980). “Sterftes wat verband hou met koffie-klysmas” (in Engels). JAMA: The Journal of the American Medical Association 244 (14): 1608–1609. doi:10.1001/jama.1980.03310140066036.
  9. Keum, B.; Jeen, Y.T.; Park, S.C.; Seo, Y.S.; Kim, Y.S.; Chun, H.J.; Um, S.H.; Kim, C.D.; Ryu, H.S. (2010). “Proktokolitis veroorsaak deur Koffie-klysmas” (in Engels). The American Journal of Gastroenterology 105 (1): 229–230. doi:10.1038/ajg.2009.505.
  10. Livingston-Wheeler-terapie (Engels). Memorial Sloan–Kettering Cancer Center (9 Mei 2011). URL besoek op 10 Oktober 2019.
  11. Kanker-kwaksalwery (Engels). National Council Against Health Fraud Archive (11 Mei 1987). URL besoek op 10 October 2019.
  12. Green, Saul (9 December 1992). “'n Kritiek op die rasionaal vir kankerbehandeling met koffie-klysmas en dieet” (in Engels). JAMA 268 (22): 3224–3227. doi:10.1001/jama.1992.03490220068030.
  13. Sashiyama, H.; Hamahata, Y.; Matsuo, K.; Akagi, K.; Tsutsumi, O.; Nakajima, Y.; Takaishi, Y.; Takase, Y.; Arai, T.; Hoshino, T.; Tazawa, A.; Fu, K. I.; Tsujinaka, Y. (2008). “Rektale brandwonde veroorsaak deur warmwater-koffie-klysma” (in Engels). Gastrointestinal Endoscopy 68 (5): 1008–1009. doi:10.1016/j.gie.2008.04.017.
  14. Paran, H.; Butnaru, G.; Neufeld, D.; Magen A.; Freund U. (1999). “Klysma-geïnduseerde perforasie van die rektum by chronies gekonstitueerde pasiënte” (in Engels). Diseases of the Colon and Rectum 42 (12): 1609–1612. doi:10.1007/BF02236216.
  15. Gerson Regimen (Engels). Memorial Sloan Kettering Cancer Center (5 Oktober 2012). URL besoek op 10 Oktober 2019.