Tina Joemat-Pettersson
Tina Joemat-Pettersson | |
Tina Joemat-Pettersson in 2012 | |
Minister van Energie
| |
Ampstermyn 25 Mei 2014 – 31 Maart 2017 | |
President | Jacob Zuma |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ben Martins |
Opgevolg deur | Mmamoloko Kubayi |
Minister van Landbou, Bosbou en Visserye
| |
Ampstermyn 11 Mei 2009 – 25 Mei 2014 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Lulama Xingwana |
Opgevolg deur | Senzeni Zokwana |
LUK vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming – Noord-Kaap
| |
Ampstermyn Mei 1999 – Mei 2009 | |
Premier | Dipuo Peters |
Voorafgegaan deur | Dawid Rooi |
Opgevolg deur | Norman Shushu |
LUK vir Onderwys – Noord-Kaap
| |
Ampstermyn Junie 1994 – Mei 1999 | |
Premier | Manne Dipico |
Voorafgegaan deur | Nuwe portefeulje |
Opgevolg deur | Grizelda Cjiekella |
LUK vir Onderwys, Kuns en Kultuur – Noord-Kaap
| |
Ampstermyn Mei 1994 – Junie 1999 | |
Premier | Manne Dipico |
Opgevolg deur | Brian Hermanus as LUK vir Sport, Kuns en Kultuur |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Kimberley, Noord-Kaap, Suid-Afrika | 16 Desember 1963
Sterf | 5 Junie 2023 (op 59) Rondebosch, Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Wes-Kaapland Universiteit van Kaapstad |
Tina Joemat-Pettersson (16 Desember 1963, Kimberley – 5 Junie 2023, Rondebosch, Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse politikus wat twee keer kabinetportefeuljes in die Zuma-administrasie beklee het. Sy was van 2009 tot 2014 die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye en van 2014 tot 2017 die Minister van Energie.
Joemat-Pettersson het by die Hoërskool William Pescord gematrikuleer en 'n BA-graad in Engels en Geskiedenis aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. In 2002 het sy 'n uitvoerende bestuursprogram aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit van Kaapstad voltooi. Terwyl sy studeer het, het Tina Joemat-Pettersson sedert 1987 reeds as 'n onderwyser by Pescodia Sekondêre Skool, Kimberley, gewerk. Sy raak in 1998 betrokke by die onderwysersvakbond, die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU).
In gesprek met Sjahril Sabaruddin, die Indonesiese ambassadeur in Suid-Afrika, het Joemat-Pettersson beweer dat sy 'n afstammeling van Kendal in Sentraal-Java is.
Sy is op 5 Junie 2023 by haar woning te Rondebosch in Kaapstad oorlede, te midde van bespiegelings oor haar moontlike selfdood.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Tina Joemat-Pettersson op People's Assembly