Molukke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Molukke
Inheemse naam: Kepulauan Maluku
Bynaam: Spesery-eilande
Topografiese kaart van die Molukke
Topografiese kaart van die Molukke
Geografie
IndonesiaMalukuIslands.png
Ligging Suidoos-Asië, Oseanië
Koördinate 2°S 128°O / 2°S 128°O / -2; 128Koördinate: 2°S 128°O / 2°S 128°O / -2; 128
Argipel Maleise argipel
Totale eilande ~1000
Hoofeilande Halmahera, Seram, Buru, Ambon, Ternate, Tidore, Aru-eilande, Kai-eilande
Oppervlakte 74 505
Hoogste punt Berg Binaiya 3 027 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Maluku, Noord-Maluku
Grootste stad Ambon
Demografie
Bevolking 1 895 000
Bevolkingsgroepe Alfur, Nuaulu, Manusela, Bugis

Die Molukke (Indonesies: Kepulauan Maluku) is 'n argipel in Suidoos-Asië en Melanesië wat vanaf Sulawesi in die weste tot Nieu-Guinee in die ooste en die Filippyne in die noorde tot die Klein Sunda-eilande in die suidweste asook die kontinent Australië in die suidooste langs die ewenaar streek. Die argipel bestaan uit duisende eilande. Saam met die Filippynse eilande en die Sunda-eilande vorm die Molukke die Maleise argipel.

Politiese kaart van die Molukke

Die Molukke word begrens deur die Bandasee in die suidweste, die Molukkesee in die noordweste, die oop Stille Oseaan in die noordooste, die Halmahera- en Ceramseë in die ooste, die Arafurasee in die suidooste en die Timorsee in die suide.[1]

Die Molukke staan ook bekend as die Spesery-eilande, omdat daar verskeie speserye soos Naeltjies, Neutmuskaat en Syzygium gevind is, wat in Europa baie gewild en duur was. Die Portugese, Nederlandse, Britse en Spaanse ryke het mekaar beveg vir beheer oor die Spesery-eilande wat maklik deur die Molukkesee bereik kan word.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Moluccas”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 5 Augustus 2017.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]