Bandasee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bandasee
Timor-Leste Coastline.jpg
Oos-Timor se kus aan die Bandasee
Maluku Islands en.png
Kaart van die Molukke met die Bandasee
Koördinate: 6°S 127°O / 6°S 127°O / -6; 127Koördinate: 6°S 127°O / 6°S 127°O / -6; 127
Ligging: Indonesië, Oos-Timor
Soort: See van die Stille Oseaan
Oppervlakte: 470 000 km² (180 000 myl²)
Gemiddelde diepte: 5 600 m (18 400 vt)
Maksimum diepte: 7 440 m (24 409 vt)
Eiland/e: Kai-eilande, Molukke, Sulawesi, Tanimbar-eilande, Timor
Nedersettings: Ambon (Indonesië)
Dili (Oos-Timor)
Ligging van die Bandasee

Die Bandasee (Indonesies: Laut Banda, Portugees: Mar de Banda) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen Sulawesi in die weste, die Molukke in die noorde en die Klein Sunda-eilande in die suide net suid van die ewenaar. Die Bandasee grens aan die Floressee in die weste, die Molukkesee in die noorde, die Arafurasee in die suidweste en die Timorsee in die suide. Die see het 'n oppervlakte van sowat 470 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 5 600 m.[1]

Die belangrikste nedersettings aan die see is Ambon in Indonesië en Dili, die hoofstad van Oos-Timor. Byna die hele kus van die Bandasee behoort tot die eilandnasie Indonesië, net 'n klein deel in die suide behoort tot Oos-Timor.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Banda Sea". Encyclopædia Britannica. Verkry op 28 Julie 2017. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]