Molukkesee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Molukkesee
Ternate Island.jpg
Ternate soos gesien vanaf Halmahera
Celebes See.jpg
Kaart van die Molukkesee
Koördinate: 0°S 125°O / -0°N 125°O / -0; 125Koördinate: 0°S 125°O / -0°N 125°O / -0; 125
Ligging: Indonesië
Soort: See van die Stille Oseaan
Oppervlakte: 200 000 km² (77 000 myl²)
Maksimum diepte: 4 810 m (15 780 vt)
Eiland/e: Halmahera, Molukke, Sulawesi
Nedersettings: Ternate
Ligging van die Molukkesee

Die Molukkesee (Indonesies: Laut Maluku) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen Sulawesi in die weste en die Molukke in die ooste langs die ewenaar. Die Molukkesee grens aan die Celebessee in die noordweste, die Filippynse See in die noordooste en die Bandasee in die suide. Die see het 'n oppervlakte van sowat 200 000 km² en 'n maksimale diepte van 4 810 m.[1]

Die hele kus van die Molukkesee behoort tot die eilandnasie Indonesië.

Die Portugese, Nederlandse, Britse en Spaanse ryke het mekaar beveg vir beheer oor die Spesery-eilande wat maklik deur die Molukkesee bereik kan word.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Molucca Sea". Encyclopædia Britannica. Verkry op 31 Julie 2017.